Termietvretende spinnekoppe van die Cederberg Wilderness Area (Araneidae: Ammoxenidae)

Authors: S.L. Seshothela1; A.S. Dippenaar-Schoeman1 ; T. Bird2
Affiliations: 1ARC-Plant Protection Research Institute, Pretoria, South Africa; 2National Museum of Namibia, Namibia
Correspondence to: S.L. Seshothela
Postal address: ARC-Plant Protection Research Institute, Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa
How to cite this abstract: Seshothela, S.L., Dippenaar-Schoeman, A.S. & Bird, T., 2013, ‘Termietvretende spinnekoppe van die Cederberg Wilderness Area (Araneidae: Ammoxenidae)’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #847, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.847
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Termite eating spiders of the Cedarberg Wilderness Area (Araneae: Ammoxenidae). Spiders were sampled with 680 pit traps in the Cedarberg Wilderness Area during 2004. The Ammoxenidae was the most dominant family represented by five species of which three are new to science.

Inhoud
Klimaat modelering toon dat die Kaapse Floristiese gebied deur klimaatsveranderinge bedrieg word, met die moontlike verlies van die noordelike grens. Inligting oor die effek van klimaatsverandering is gedeeltelik bekend vir plante, maar min is bekend oor Invertebrata. Langtermyn-opnames word tans in die Cederberg Wildernis Area deur die Universiteit van Stellenbosch (CIB) ondemeem om meer inligting oor die Invertebrata te bekom. Met 680 putvalle word daar elke Maart en Oktober sedert 2004 by 17 verskillende lokaliteite, wat in hoogte van 251 m – 1919 m bo seespieël varieer, invertebrata versamel. Dit is langtermyn-opnames wat oor ’n paar jaar gaan plaasvind.

Die Arachnida wat versamel word, is aan die Spinnekop-eenheid van die LNR geskenk vir insluiting in die Suid- Afrikaanse Nasionale Opname Projek (SANSA). Lede van die ordes Scorpiones, Opiliones, Solifugae en Araneae is versamel, maar die spinnekoppe (Araneae) is die dominante orde teenwoordig. In hierdie studie is daar gekyk na die spinnekoppe wat gedurende Maart 2004 en Oktober 2004 versamel is. ’n Totaal van 31 spinnekopfamilies was verteenwoordig in die monsters en die mees dominante familie was die Ammoxenidae waarvan 924 eksemplare, verteenwoordigend van twee genera, versamel is.

Die genus Ammoxenus, ook bekend as termietvreters of sandduikers, kom slegs in suidelike Afrika voor. Navorsing toon dat hulle net op grasdraer-termiete voed. Ammoxenus is medium groot spinnekoppe met vaal-bruin tot blink swart-bruin abdominale patrone. Hulle het spesiale sterk seta voor aan hulle kaakkloue, wat hulle gebruik om te grawe wanneer hulle kop eerste onder die grond induik. Hulle is baie vinnig-bewegende spinnekoppe en bly in die sandhope wat deur die grasdraer-termiete bo-gronds gelaat word. Wanneer die termiete aktief is, beweeg hulle tussen hulle rond en prooi word selektief uitgesoek. Na ’n byt toegedien word, word die termiet saam met die spinnekop onder die grond ingesleep. Daar is vier Ammoxenus spesies versamel gedurende die studieperiode en daarvan is drie nuut tot die wetenskap en word tans beskryf.

Die tweede genus is verteenwoordig deur een spesie, Rastellus florisbad, wat voorheen slegs bekend was van die Vrystaat-en Limpopo Provinsies. Hulle is nou vir die eerste keer in die Wes-Kaap versamel. Hulle is roomkleurig en baie kleiner as die Ammoxenus spesies. Hulle het ook spesiale organe voor aan hul kaakkloue wat hulle gebruik om in die grond in te grawe. Min is nog bekend oor hulle voedingsgedrag.

Van die spinnekoppe wat in Maart 2004 versamel is, was 79.0% lede van die Ammoxenidae. Ammoxenus spp. (93.5%) was meer vollop as Rastelus florisbad met 6.5%. Meeste van die ammoxenids wat versamel is, was onvolwasse (54.0%) en die res was mannetjies (32.0%) en wyfies (14.0%). Meeste van die ammoxenids is versamel by Wupperthal wat 515 m – 531 m bo seespieël geleë is. Een van die nuwe Ammoxenus-spesies was egter beperk tot 252 m bo seespieëI. Verdere interessante nuwe data oor hierdie unieke spinnekopfamilie sal beskikbaar wees sodra al die jare se data bymekaargeplaas en verwerk is.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.