’n Evaluasie van embrio eienskappe om die mees geskikte embrio te selekteer vir oorplasing deur die gebruik van ’n puntestelsel

Authors: P. Maharaj1; C. Huyser1
Affiliations: 1Department of Obstetrics and Gynaecology, University of Pretoria, Steve Biko Academic Hospital, Pretoria, South Africa
Correspondence to: P. Maharaj
Postal address: Steve Biko Academic Hospital, Private Bag X169, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract: Maharaj, P. & Huyser, C., 2013, ‘’n Evaluasie van embrio eienskappe om die mees geskikte embrio te selekteer vir oorplasing deur die gebruik van ’n puntestelsel’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #841, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.841
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
An evaluation of embryo characteristic score to select the most favorable embryo for transfer. The need for establishing a greater knowledge of embryo quality variables is needed. Thus constructing reliable scoring systems is becoming increasingly more evident. This may result in selection of the appropriate embryo and reducing the number of embryos transferred.

Inleiding
Sukses gedurende geassisteerde reproduktiewe (AR) behandeling word bepaal deur kliniese inplantasie van ’n embrio, wat verseker dat ’n swangerskap lei tot die geboorte van ’n lewende en gesonde nageslag. Verskeie kliniese en nie-kliniese veranderlikes, byvoorbeeld: pasiënt ouderdom, etiologie van infertiliteit, ovulasie induksie protokols en embrio kwaliteit sal bogenoemde beïnvloed.

Doel
’n Puntetoekenning-sisteem, gebaseer op gameet en embrio digitale beelde, wat op spesifieke tye geneem is, is gedurende die studie ontwerp. Die puntetoekenning sisteem sal: (1) geskikte seleksie van embrio oorplasing fasiliteer, (2) reduksie van veelvuldige geboortes deur aanpassing van oorplasings getal volgens embrio kwaliteit, (3) verbeterde bepaling van embrio oorplasing dag, asook (4) verbeterde seleksie van embrios wat gekriopreserveer moet word.

Metode
In hierdie retrospektiewe studie word ’n totaal van 423 sigote van 92 AR siklusse tans bestudeer. ’n Octax Eyewere imaging sisteem gekoppel aan ’n Zeiss Axiovert 200 mikroskoop is gebruik om digitale beelde van sigote en embrios te neem vir retrospektiewe evalueering. Normale bevrugting word gekenmerk deur die teenwoordigheid van twee duidelik onderskeibare pre-kerne. Sigote met normale bevrugting word ge-evalueer en gegradeer volgens: (1) morfologiese eienskappe van pre-kerne, (2) eienskappe van delings stadiums, en (3) blastosist vorming en kwaliteit. ’n Logistieke regressie model sal geformuleer word om te bepaal watter embrios geskik is vir oorplasing en die optimale dag vir oorplasing. Sodoende sal embrio seleksie verbeter word.

Bespreking
’n Embrio wat in ’n vroeë ontwikkelingstadium ’n goeie prognose toon het ’n goeie delingstempo, asook blastosist vorming tot gevolg. Verskeie studies het reeds getoon dat seleksie van die beste embrio vir oorplasing, die kanse van ’n positiewe swangerskap grootliks verhoog. Dus is die seleksie van embrios met die hoogste inplantasie potensiaal voor embrio terugplasing, ’n integrale deel van AR. Seleksie vir die terugplasing van enkele embrios, sal ook veelvuldige swangerskappe voorkom.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.