Die identifikasie en verifikasie van optimale hervestigingsgebiede vir die bromvoël in die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika

Authors: H.C. Coetzee1; D. Cilliers1; F. Jerling1; L. van Rensburg1
Affiliations: 1School of Environmental Sciences and Management, North-West University, South Africa
Correspondence to: H.C. Coetzee
Postal address: Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa
How to cite this abstract: Coetzee, H.C., Cilliers, D., Jerling, F. & Van Rensburg, L., 2013, ‘Die identifikasie en verifikasie van optimale hervestigingsgebiede vir die bromvoël in die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #834, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.834
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
The identification and verification of optimal re-introduction sites for the southern ground hornbill in the Limpopo Province, South Africa. The aim of this study is to identify optimal re-introduction sites for the southern ground-hombill Bucorvus leadbeateri by compiling a habitat profile based on the results of an Environmental Niche Factor Analysis, mapping similar areas with the help of GIS and verifying the identified areas in terms of biophysical en social indicators.

Inhoud
Sedert die 1970s het die getalle van die bromvoël Bucorvus leadbeateri dramaties afgeneem, en daar word gereken dat slegs tussen 1500 en 2000 bromvoëIs in die natuur in Suid-Afrika oor is. Bewaringspogings word tans onderneem om ’n populasieherstelplan vir die spesie te ontwikkel en te verfyn. Een van die opsies wat tans oorweeg en oor die laaste 10 jaar in die veld getoets is, is die hervestiging van handgrootgemaakte, geoesde kuikens vanuit die Nasionale Krugerwildtuin en ander privaat-reservate in gebiede waar hulle histories voorgekom het. Hervestiging is egter ’n baie arbeidsintensiewe en tydrowende proses wat aansienlike finansiële, menslike en fisiese hulpbronne vereis. Dit is dus van integrale belang dat alle toekomstige hervestigings in die mees optimale gebiede geskied. Die doel van hierdie studie is dus om optimale hervestigingsgebiede vir die bromvoël in die Limpopo-provinsie van Suid-Afrika te identifiseer. Dit sal gedoen word deur ’n habitatprofiel vir bromvoëls saam te stel. ’n Geografiese Inligtingstelsel (GIS) sal gebruik word om beskikbare bromvoëlwaamemingspunte met die verskillende ruimtelike datastelle te vergelyk ten einde deur middel van ’n Omgewingsnis-faktoranalise (ONFA) ’n profiel te bepaal waarmee moontlike hervestigingsgebiede geïdentifiseer kan word. Geïdentifiseerde gebiede sal vergelyk word met ’n tweede stel waarnemingspunte om te verseker dat die ONFA akkurate aanduidings gee. Die finale stap en die verifikasiegedeelte van die proses sal wees om die geïdentifiseerde gebiede te bevestig deur te verseker dat voldoende kos en groot bome vir slaap en broei beskikbaar is, asook dat die bestaande habitatstruktuur en grondgebruike voldoende is en om alle rolspelers se persepsies en houdings teenoor toekomstige hervestigingsprogramme te bepaal. Tydens die kongres sal die resultate van ’n loodstoetsing, asook beplande skedules, beperkende faktore en potensiële voordele en verwagte resultate gerapporteer word.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.