In vitro effekte van ’n nuwe antimitotiese molekuul in menslike borsadenokarsinoom metastatiese epiteel selle

Authors: B.A. Stander1; F. Joubert2 ; A.M. Joubert1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa; 2Department of Biochemistry, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: B.A. Stander
Postal address: PO Box 2034, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract: Stander, B.A., Joubert, F. & Joubert, A.M., 2013, ‘In vitro effekte van ’n nuwe antimitotiese molekuul in menslike borsadenokarsinoom metastatiese epiteel selle’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #817, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.817
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
In vitro effects of a new and novel antimitotic compound in human breast adenocarcinoma metastatic epithelial cells. This study contributes to the understanding of molecular mechanisms and cell signaling events associated with in vitro anticancer responses of a new and novel antimitotic compound, 2-etiel-3-sulfamaat- 1,3,5(10)16-tetraeen (C19).

Inhoud
2-Metoksie-estradiol (2ME) is ’n endogene metaboliet van 17β-estradiol en besit antimitotiese en antiangioneniese eienskappe. Verskeie analoë van 2ME is voorheen gesintetiseer met verhoogde aktiwiteit en verbeterde biobeskikbaarheid. ’n Nuwe estradiool analoog, 2-etiel-3-sulfamaat- 1,3,5(10)16-tetraeen (C19), is gesintetiseer deur Ithemba Pharmaceutieals (Pty). Die invloed van die nuwe analoog op sel getalle is in vitro in MDA-MB-231 borsadenokarsinoom metastatiese kankerselle geëvalueer. Dosisafhanklike (10 nM – 200 nM) studies (48 h blootstelling) is uitgevoer en selgetalle is spektrofotometries met behulp van ’n deoksiribonukieiensuur (DNS) kleurstof bepaal. Vloeisitometriese analises is met behulp Annexin V uitgevoer om die moontlikheid van apoptose as vorm van seldood te bestudeer. Geen ekspressie-analise is uitgevoer met Agilent se menslike Microarray skyfies met meer as 40 000 bekende menslike 60-mer oligonukleotied pylers. Bioinformatika analise is uitgevoer met behulp van GenePix Pro 6 en die Liniêre Modelle vir Microarray Data (Limma) pakket (Bioconducter). Gene wat statisties betekenisvol uitgedruk is, is na metaboliese paaie genoteer en Geen Ontologie kategorieë is verkry met gebruikmaking van FATIGO. Die kinetiese bindingseienskappe van C19 op karboolsuur anhidrase II en IX (KAII en KAIX) sowel as tubulienpolimerasie is onderskeidelik uitgevoer deur die Universiteit van Florida, Noord-Amerika en die Universiteit van Grenoble, Frankryk. Die konsentrasie van die IC50 na 48 h blootstelling is 200 nM en is 5 maal beter wanneer C19 vergelyk is met die effek van 2ME in MDA-MB-231 selle. Vloeisitometriese analises het getoon dat die IC50 van die agent apoptose in MDA-MB-231 selle induseer. Differensieel-uitgedrukte gene wat afgereguleer is sluit in gene wat betrokke is by selsiklus seinstransduksie sowel as tubulien argitektuur onderhouding tydens die G2/M fase van die selsiklus. Ekspressie van verskeie gene wat die p38-stres padweg aktiveer was opgereguleer en impliseer die padweg as ’n belangrike rolspeler wat selgroei inhibeer wanneer selle met C19 behandel word. Verbindingstudies van C19 op KAII en KAIX toon dat C19 die aktiwiteit van KAIX inhibeer teen ’n laer konsentrasie as KAII wat daarop aandui dat die molekuul meer selektief is vir die kanker-geassosieerde KAIX isoform. C19 inhibeer tubulien polimerasie teen ’n laer konsentrasie (5μM ) as die bekende tubulien polimerisasie inhibeerder, colchicine. Die studie in samewerking met Universiteit van Florida, Noord-Amerika en die Universiteit van Grenoble, Frankryk, toon aan dat die nuut ontwerpe antimitoties-molekuul, C19, antimitotiese, pro-apoptotiese en antiproliferatiewe eienskappe het op MDA-MB-231 borsadenokarsinoom metastatiese kanker selle. Die studie toon ook aan dat die p38-stres padweg ’n belangrike rol speel in groei inhibisie. Verdere in vitro studies op ander sellyne word tans uitgevoer om meer inligting te verkry oor die aksie meganisme vir die moontlike kandidaat antikanker molekuul.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.