’n Studie van die endemiese valdeurspinnekop genus Ctenolophus Purcell, 1904 (Araneae: Idiopidae) van suidelike-Afrika

Authors: R. Lyle1; A.S. Dippenaar-Sehoeman2
Affiliations: 1Ditsong National Museum of Natural Science, Pretoria, South Africa; 2ARC-Plant Protection Research Institute, Pretoria, South Africa
Correspondence to: R. Lyle
Postal address: PO Box 413, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract: Lyle, R. & Dippenaar-Sehoeman, A.S., 2013, ‘’n Studie van die endemiese valdeurspinnekop genus Ctenolophus Purcell, 1904 (Araneae: Idiopidae) van Suidelike-Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #806, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.806
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
A study of the endemic trapdoor spider genus Ctenolophus Purcell, 1904 (Araneae: Idiopidae) from southern Africa. The South African endemic genus Ctenolophus Purcell, 1904 (Araneae: Idiopidae) is studied morphologically. Initial results indicate that there are a number of potentially new species. The results have emphasized the need for more work to be done on both the genus and the family.

Inhoud
Die valdeurspinnekoppe van die familie Idiopidae het ’n Wêreldwye verspreiding en 200 spesies is reeds beskryf. Die familie word in drie subfamilies verdeel en slegs een subfamilie, die Idiopinae kom in die Afrotropiese Wyk voor en dit word deur ses genera en 65 spesies verteenwoordig. Hierdie subfamilie kan uitgeken word aan die voorste laterale oë wat voor op die klypeale rand gerangskik is. Hulle is valdeurspinnekoppe wat hulle rastellums op hulle kaakkloue gebruik om gate te grawe om in te bly. Die gate word met ’n dun sylaag uitgevoer en die ingang word met ’n sy valdeur prop bedek wat aan die een kant van die gat geheg is. Die buitekant van die valdeur, op grondvlak, word met plant materiaal gekamoefleer. Die wyfies bly permanent in die gate terwyl die volwasse mannetjies rondbeweeg opsoek na wyfies. Hulle is nag aktiewe spinnekoppe en vang enige prooi wat in die nabyheid van die gat verby beweeg.

Hersiening van die familie Idiopidae is onderweg en die hersiening van die genus Ctenolophus Purcell, 1904 word tans onderneem. Dit is ’n genus wat endemies tot Suidelike-Afrika is en word deur sewe spesies verteenwoordig naamlik: Ctenolophus cregoei (Purcell, 1902), Ctenolophus fenoulheti Hewitt, 1913, Ctenolophus heligmomeriformis Strand, 1907, Ctenolophus kolbeli (Purcell, 1902), Ctenolophus oomi Hewitt, 1913, Ctenolophus pectninipalpis (Purcell, 1903) en Ctenolophus spiricola (Purcell, 1903). Hulle grootte wissel van 8-78 mm en seksuele dimorfisme kom voor, wat herkenning van geslagte per spesies bemoeilik. Die genus is nog nie voorheen hersien nie en al die bestaande spesies is slegs van een geslag bekend. Hulle is tot dusver nog net in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga versamel. Materiaal ontvang vanaf versamelings dwarsoor die wêreld toon dat die genus verskeie nuwe spesies bevat wat ook in die ander provinsies voorkom. Molekulêre data word versamel en dit sal help om die probleme van seksuele dimorfisme op te klaar. Vir die hersiening word al die bestaande en nuwe spesies ondersoek en beskryf, en met foto’s en tekeninge geïllustreer. ’n Sleutel tot op spesies vlak word beplan asook volledige verspeidingskaarte. Na voltooiing van die hersienings van die ander genera sal kladistiese analises onderneem word om verwantskappe binne die familie te bepaal. Hierdie hersiening is ’n belangrike bydra in die evaluering van spesies vir die Rooidata lys.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.