Versteurde slaap en lewenskwaliteit in vroulike Fibromialgie pasiënte

Authors: .M. Hoosen1; E. Govender1; H.P. Meyer2
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa; 2Department of Family Medicine, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: F.M. Hoosen
Postal address: PO Box 2034, University of Pretoria, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract: Hoosen, F.M., Govender, E. & Meyer, H.P., 2013, ‘Versteurde slaap en lewenskwaliteit in vroulike Fibromialgie pasiënte’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #799, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.799
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Disturbed sleep and quality of life in female Fibromyalgia patients. Fibromyalgya is a musculoskeletal disorder that mainly affects women. One of the main symptoms of this disorder is poor sleep quality. The aim of this study is to determine how sleep quality and quality of life are related to female fibromyalgia patients versus healthy controls.

Inleiding
Fibromialgie (FM) word gedefinieer as ’n chroniese wydverspreide spierpyn, waarvoor daar geen definieerbare oorsaak is nie. ’n Beduidende aantal pasiënte (hoofsaaklik vrouens) ly gewoonlik aan verskeie kwale wat verband hou met FM, soos prikkelbare dermsindroom (PDS) en chroniese moegheid. Slaapsteurnis is een van die mees prominente kenmerke van FM en neig om ’n beduidende uitwerking op die kwaliteit van lewe van hierdie pasiënte te hê. Die doel van hierdie studie is om die korrelasie te ondersoek en vergelykings te tref tussen die gehalte van slaap en lewenskwaliteit in vroulike FM pasiënte, in teenstening met gesonde vroulike kontroles.

Materiale en metodes
Vroulike pasiënte wat gediagnoseer is met FM en gesonde vroulike kontroles tussen die ouderdomme van 18 en 50 jaar oud is versoek om deel te neem. Alle deelnemers moes drie vraelyste voltooi: ’n Biografiese vraelys; die Pittsburgh Sleep Quality Index (PSQI) en die Short Form 36 (SF36). Die PSQI genereer ’n globale telling, asook sub-tellings om slaap te evalueer. Die SF 36 evalueer lewenskwaliteit volgens drie hoof-skale (SF-36 totaal; totale fisiese gesondheid [TFG] en totale geestelike gesondheid [TGG]) en agt sub-skale (persepsies van: fisiese funksionering [FF]; sosiale funksionering [SF]; algemene gesondheid [AG]; geestelike gesondheid [GG]; rolbeperkings as gevolg van fisiese beperkings [RBF]: rolbeperkings weens emosionele wanfunksionering [RBE]; lewenskrag [L] en pyn [P]).

Resultate
Die gemiddelde ouderdom van die pasiënte was 40.6 jaar SD = 7.68 en die gemiddelde ouderdom van die kontroles was 40.60 jaar SD = 7.60. Pasiënte is 8.67 jaar SD = 4.49 terug gediagnoseer met FM. Met ’n trefwydte van 0 (beter) tot 3 (erger) het slaap kwaliteit ’n gemiddeld van 1.83 in pasiënte en 1.17 in kontroles vertoon. Met ’n trefwydte van 0 (beter) -3 (erger) het die PSQI sub-skaal wanfunksie gedurende die dag as gevolg van slaperigheid ’n gemiddeld van 2.833 SD = 1.722 in pasiënte en 1.5 SD = 1.049 in kontroles vertoon. Die verskille is egter nie statisties betekenisvol nie. Die FM pasiënte en die kontroles het wel betekenisvolle verskille getoon ten opsigte van: FF (p = 0.012), RBF (p = 0.005), P (0.001), TFG (0.006) en die SF-36 totaal (p = 0.033). Met behulp van Pearson se korrelasie, is alle deelnemers as een monster ontleed. Sterk negatiewe korrelasies is bepaal betreffende slaapkwaliteit en: AG (r = -0.819), SF (r = -0.800), TGG (r = -0.810), TFG (r = -0.761) en die totale SF 36 telling (r = -0.800). PSQI wanfunksie gedurende die dag as gevolg van slaperigheid is negatief gekorreleer met FF (r = -0.619), RP (r = -0.666), P (r = -0.637), AG (r = -0.792), SF (r = -0.675), AFG (r = -0.792), AGG (r = -0.696) en die totale SF 36 telling (r = -0.744). Slaapkwaliteit toon ’n sterk positiewe korrelasie met wanfunksie gedurende die dag as gevolg van slaperigheid (r = 0.746) wat aandui dat ’n toename in slegte slaap geassosieer word met swak werksvermoë gedurende die dag. Ouderdom het skynbaar nie ’n belangrike rol gespeel met enige van die bogenoemde skale nie.

Bespreking
Die resultate toon dat slegte slaapkwaliteit gepaard gaan met veelvuldige aanduiders van slegte funksionering en lae lewenskwalitiet. By name, word fisiese funksie, sosiale funksie, algemene gesondheid, algehele fisiese gesondheid en algehele geestelike gesondheid beperk. Hierdie faktore vertoon meer duidelik in FM pasiënte as by gesonde vrouens. Hierdie navorsing kan dokters en ander gesondheidspraktisyne laat verstaan dat slaapversteurings wat gewoonlik ko-morbiede kwale is by FM, ’n besondere negatiewe uitwerking op lewenskwaliteit het. Daarom is dit essensieel dat die behandeling van slaap ’n fokuspunt word in FM behandeling.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.