Spermsuiwering vir die verwydering van bakterieë, MIV-1 RNS en pro-virale DNS vanuit menslike semen

Authors: J.M. Fourie1; N.M. Loskutoff 2; C. Huyser1
Affiliation: 1Department of Obstetrics and Gynaecology, University of Pretoria, Steve Biko Academic Hospital, Pretoria, South Africa; 2The Bill and Berniece Grewcock Center for Conservation and Research, Omaha, United States
Correspondence to: J.M. Fourie
Postal address: Steve Biko Academic Hospital, Private Bag X169, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract: Fourie, J.M., Loskutoff, N.M. & Huyser, C., 2013, ‘Spermsuiwering vir die verwydering van bakterieë, MIV-1 RNS en pro-virale DNS vanuit menslike semen’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #795, 2 pages. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.795
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Sperm purification for the removal of bacteria, HIV-1 RNA and proviral DNA from human semen. The purpose of the study was to evaluate the effectiveness of semen processing with a novel tube insert for the elimination of seminal pathogens.

Inleiding
Die teenwoordigheid van patogene in semen kan die uitkoms van geassisteerde reproduktiewe (AR) prosedures beïnvloed, en kan ook lei tot infeksie van die vrou of nageslag. Seminale patogene is dus ’n ernstige bron van kommer, veral in Suid-Afrika met ’n hoë voorkoms van menslike-immuniteitsgebrek-sindroom (MIV-1). Meeste van die geïnfekteerde individue is in hul reproduktiewe jare, met ’n behoefte aan hul eie biologiese nageslag. Dit is dus noodsaaklik om aan hierdie pasiënte, geassisteerde reproduktiewe prosedures met effektiewe risiko verlagings metodes te bied.

Doel
Sperm purification for the removal of bacteria, HIV-1 RNA and proviral DNA from human semen. The purpose of the study was to evaluate the effectiveness of semen processing with a novel tube insert for the elimination of seminal pathogens.

Metode
• Die teenwoordigheid van bakterië in semen monsters (N = 929) van mans (N = 757) was retrospektief ondersoek vir die jare 2007–2009.

• Bakteriëë en gis wat algemeen in semen aangetref word, is in triplikaat by semen gevoeg teen konsentrasies van: 1 x 103, 104, 105 en 106 kolonievormende eenhede/mL (KVE/mL). Die geïnokuleerde semen monsters is geprosesseer deur middel van DGS (Puresperm®, Nidacon, Sweden) met en sonder die gebruik van die polipropeleen (FDA goedgekeur) buis invoegsel (ProInsertTM, Nidacon). Bakterieë en gis kontaminante in gewasde sperme is gekwantifiseer deur kwekings op bloed agar plate.

• Semen monsters (N = 50) van MIV-1 positiewe mans is geprosesseer deur gebruik te maak van die buis invoegsel. MIV-1 RNS kwantifikasie van semen monsters en spermneerslae is deur middel van RT-PKR geanaliseer (Cobas Ampliprep/Cobas Taqman MIV-1 Toets, weergawe 2, Roche Diagnostics, Indianapolis, VSA; sensitiwiteit: < 40 kopieë/mL). DNS is kwalitatief geëvalueer (Amplicor HIV-1 DNS Toets, weergawe 1.5, Roche Diagnostics).

Resultate
• Bakterieë in 53% van positiewe monsters, is as volg geïdentifiseer: koagulase-negatiewe staphylococci (27%), Ureaplasma spp. (11%), Escherichia coli (5%), Mycoplasma spp. (5%) Staphylococcus aureus (5%), alpha-hemolitiese streptococci (5%), Enterococcus faecalis (4%), Enterobacter spp. (3%), betahemolitiese streptococci (2%) en Enterobacter cloacae (1%).

• Deur van die invoegsel gebruik te maak, is 96% meer bakterieë vanuit semen verwyder in vergelyking met prosessering sonder die invoegsel (p < 0.004). Alle bakterieë is vanuit semen verwyder onder ’n inokulerings konsentrasie van 1 x 105 KVE/mL.

• Van al die semen monsters van MIV-1 geïnfekteerde pasiënte, het 64% positief getoets vir MIV-I RNS, DNS, of beide (26%, 20% en 18%, onderskeidelik). Die MIV-1 lading in semen was tussen 138-801,440 RNS kopieë/mL met ’n gemiddeld van 127 543 kopieë/mL. Semen prosessering was effektief in die verwydering van MIV-1 RNS en pro-virale DNS van alle semen monsters van MIV-1 positiewe mans.

Bespreking
Die hoë teenwoordigheid van seminale patogene in Suid-Afrika bevestig die noodsaaklikheid vir meer effektiewe semen prosessering. In die huidige studie het die gebruik van die ProInsertTM tot gevolg dat: laging van digtheidsgradiënte is vergemaklik; die behandelde spermneerslag is sonder kontaminasie herwin, seminale patogene is effektief verwyder. Gekontamineerde materiaal kan ook veilig geseël word met gevolglike beveiliging vir die operateur.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.