’n Reis van begrip – Navigasie van die lane van geassisteerde reproduktiewe tegnologie: Drie gevalle studies

Authors: K. Ferreira1; C. Huyser1; L. Grant1
Affiliations: 1Department of Obstetrics and Gynaecology, University of Pretoria, Steve Biko Academic Hospital, Pretoria, South Africa
Correspondence to: K. Ferreira
Postal address: Steve Biko Academic Hospital, Private Bag X169, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract: K. Ferreira, K., Huyser, C. & Grant, L., 2013, ‘’n Reis van begrip – Navigasie van die lane van geassisteerde reproduktiewe tegnologie: Drie gevalle studies’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #794, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.794
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
A patient journey of understanding Navigating the avenues of assisted reproductive technologies: Three case studies. A study designed to determine what type of patients may attend a government-subsidized infertility clinic, the patients’ understanding of medical terms, jargon, sexually transmitted diseases and the level of stressors patients experience during an infertility workup.

Inleiding
Infertiliteit is ’n kroniese gesondheidsprobleem wat wêreldwyd voorkom in verskeie sosiale klasse en -rasse. In Sub-Sahara Afrika, kom infertiliteit voor in ’n derde van alle egpare en word nog verder bedreig deur seksuele oordraagbare siektes. Vorige studies het getoon dat veral die eerste siklus van behandeling die stresvolste vir pasiënte is, met hoë vlakke van verwarring en angs. Dit kan toegedig word aan ’n gebrek van begrip vir die prosedures of moontlik onvoldoende voorbereiding van die pasiënte. Kommunikasie tussen die pasiënte en gesondheidswerkers kan ook lei tot ’n probleem, veral as die gesondheidswerkers nie die moedertaal van die pasiënt kan praat nie.

Doel
Om informasie in te samel van egpare wat die kliniek van die Reproduktiewe en Endokrine Eenheid by Steve Biko Akademiese Hospitaal bywoon, om die volgende te evalueer:

• die pasiënt-populasie
• begrip van mediese terme
• kennis van seksuele oordraagbare siektes en
• om die oorsake van spanning gedurende die reproduktiewe ondersoek te bepaal.

Materiaal en metodes
Deur die gebruik van ’n gestruktureerde vraelys is 48 paartjies vanaf Maart 2010 tot Augustus 2010 ondervra. Sienende dat dit ’n aangaande studie is, sal drie spesifieke gevalle bespreek word. Ouderdomme van die mans en vroue wissel tussen 29–39 jaar en 29–33 jaar onderskeidelik. Alle paartjies het verskeie vlakke van opvoeding en moedertale sluit Setswana, Afrikaans en ’n buitelandse taal in (laasgenoemde pasiënte afkomstig vanaf Indië).

Bespreking
Die geselekteerde paartjies is ’n aanduiding van individuele opvoedingsvlakke, begrip van mediese terminologie, bereidwilligheid om self prosedures en begrippe te ondersoek en na te gaan, kennis van seksueel oordraagbare siektes en stresvlakke wat ervaar word, voordat terapeutiese prosedures ondergaan word. Daar word verwag dat die huidige studie die kommunikasie-gaping tussen pasiënte en gesondheidswerkers sal verminder deur ’n verbeterde insig oor prosedures deur pasiënte en so ook die kwaliteit van die infertiliteitsbehandeling positief beïnvloed.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.