’n Histologiese ondersoek van die belangrikste visserale organe van Sternophysinx filaris en Sternophysinx calceola (Crustacea: Amphipoda)

Authors: B. Bester1; P.E. de Lange-Jacobs1
Affiliations: 1Department of Zoology, University of Johannesburg, Johannesburg, South Africa
Correspondence to: B. Bester
Postal address: PO Box 524, Auckland Park 2006, Johannesburg, South Africa
How to cite this abstract: Bester, B. & De Lange-Jacobs, P.E., 2013, ‘’n Histologiese ondersoek van die belangrikste visserale organe van Sternophysinx filaris en Sternophysinx calceola (Crustacea: Amphipoda)’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #783, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.783
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Histologieal assessment of the main visceral organs of Sternophysinx filaris and Sternophysinx calceola (Crustacea: Amphipoda). This is a novel study into the structure of the visceral organs of two endemic subterranean freshwater amphipod species, namely Sternophysinx filaris and Sternophysinx calceola. The gastrointestinal tract and reproductive systems were compared with other closely-related species.

Inhoud
Stigobitiese of grotbewonende varswater amfipode (die sogenaamde ’blinde garnale’) is ’n skaaldier-groep wat spesifiek aangepas is by hulle habitatdeur middel van troglomorfie, dit wil sê die verlies van pigmentasie en onnodige sinsorgane soos die oë, asook ’n onderontwikkeling van spesifieke gelede aanhangsels. Vorige studies van Sternophysinx sluit taksonomie, uitwendige morfologie en voedings-ekologie in. Hierdie is dus ’n eerste gedetaileerde morfologiese studie van hul visserale organe. Grotte vorm deel van ’n komplekse ondergrondse netwerk, bekend as ’n karst-stelsel. Suid-Afrika se karst-stelsel is uitgebreid en verskaf omvangryke ekologiese nisse vir gespesialiseerde troglomorfiese organismes, soos Sternophysinx filaris en Sternophysinx calceola, endemiese spesies in Suider Afrika. Transversale en sagittale seriesneë van eksemplare van beide spesies is voorberei deur middel van standaard histologiese prosedures. Die algemene morfologie en histologie van die visserale organe, met spesiale klem op die voortplantingsorgane, die spysverteringskanaal en die geassosieerde caeca, is met behulp van ’n ligmikroskoop bestudeer. Die gonades en verwante strukture van beide geslagte word bespreek en vergelyk met dié van ander mariene en varswater amfipodspesies. Die bestudering van die spysverteringstelsel toon dat daar groter, maar minder caecae teenwoordig is in vergelyking met ander spesies van die suborde Gammaridea. Die studie bevestig dus dat die visserale organe van die twee Sternophysinx spesies wel verskille toon met ander naverwante spesies.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.