Die invloed van verdamping op die segregasieproses

Authors: Shaun Cronjé1, W.D. Roos1, R.E. Kroon1, J.K.O Asante2
Affiliations: 1Department of Physics, University of the Free State, South Africa, 2Department of Physics, Tshwane University of Technology, South Africa
Correspondence to: Shaun Cronjé
Postal address: PO Box 339, Bloemfontein 9300, South Africa
How to cite this abstract: Roos, W.D., Kroon, R.E. & Asante, J.K.O., 2013, ‘Die invloed van verdamping op die segregasieproses’, Suid Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #407, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.407
Note: This abstract was presented at the ‘Studentesimposium in die Natuurwetenskappe 2011’, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of South Africa on 27–28 October 2011. 

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Measuring the effect of surface evaporation on the segregation process. Metallurgical products play an important role in everyday life. One process, by means of which metallurgical properties can be determined, is known as segregation. The influence of surface evaporation should be considered in order to improve segregation studies. Modifications made to an Auger system in order to measure surface evaporation that takes place during segregation are discussed.

Inhoud
Metallurgiese produkte speel ’n belangrike rol in die alledaagse lewe. Die soektog na legerings met beter meganiese eienskappe soos groter treksterkte asook slytasie- en korrosieweerstand duur steeds voort. Bo en behalwe hierdie eienskappe, soek wetenskaplikes ook na maniere om die produksiekoste en -tyd van veral katalisatore te verlaag en te verkort. Een van die potensiële prosesse om dit te bewerkstellig, staan as segregasie bekend.

Daar bestaan reeds verskeie segregasiemodelle wat die oppervlakkonsentrasie van die segregerende spesie as ’n funksie van tyd en temperatuur kan beskryf. Hierdie modelle neem egter nie die verdamping of sublimasie van die segregerende spesie in ag nie. Eksperimentele segregasiestudies vind gewoonlik in ’n ultrahoë vakuum plaas, wat die kans op verdamping aansienlik verhoog.

Alhoewel pogings aangewend is om segregasiemodelle wat verdamping in ag neem te ontwikkel, voorspel hierdie modelle die segregasiegedrag in òf die konsentrasiekinetika òf die konsentrasie-ewewigsgebiede. Daarbenewens is die invloed van verdamping in vroeëre eksperimentele studies gerieflikheidshalwe geïgnoreer. In hierdie ondersoek is die verdamping van Sb van ’n Cu-oppervlak tydens segregasie in ’n Cu (110) 0.2% Sb gemeet. Die resultate sal tesame met ’n gewysigde Darkenmodel gebruik word om die segregasieprofiel, insluitende die gevolge van verdamping, te voorspel. ’n Eersteordebenadering tot die model, asook die veranderinge wat aan die manipulator van ’n Augerelektronspektroskopie-spektrometer aangebring is ten einde die verdampingsinvloed te kwantifiseer, sal bespreek word.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.