Die effekte van Bt-mielies op die vrugbaarheid en ontwikkeling van varswater slakke (Bulinus tropicus)
Authors: K. Minnaar1; H. Bouwman1
Affiliations: 1School of Environmental Sciences and Development, Zoology, North-West University, South Africa
Correspondence to: K. Minnaar
Postal address: Private Bag X6001, Potchefstroom Campus, North-West University, Potchefstroom 2520, South Africa
How to cite this abstract:
Minaar, K. & Bouwman, H., 2012, ‘Die effekte van Bt-mielies op die vrugbaarheid en ontwikkeling van varswater slakke (Bulinus tropicus)’,
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #348, 1 page.
http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.348
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir
Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.
Copyright Notice: © 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the
Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution,
and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Referaatopsommings
|
Open Access
|
Abstract
Effects of Bt maize on the reproduction and development of the freshwater snail Bulinus tropicus. This study was conducted to investigate the effects of
genetically modified crops on aquatic environments around agricultural land. Fresh water snails indicated effects during embryonic development, and on the growth rate
of survivors.
Inhoud
Wêreldwyd word geneties gemodifiseerde (GM) gewasse beskou as ‘n oplossing tot die globale voedseltekort. Suid-Afrika, wat sedert 1998 reeds GM gewasse
aanplant, het 2.1 miljoen ha daaraan gewy in 2009. Hierdie gewasse kan geneties gemanipuleer word om verskeie karaktereienskappe aan te neem. Dit kan as insekdoders
optree, weerstand teen chemiese onkruiddoders bied of verhoogde voedingswaardes besit. Bacillus thruringiences (Bt) is ‘n bakterium wat
kristallyn-proteïne vervaardig tydens die sporulasie proses. Hierdie proteïne veroorsaak die uiteindelike dood van insekte van die ordes Coleoptera, Diptera
en Lepidoptera, wat op hierdie GM gewasse voed. Die effekte van GM gewasse is getoets op nie-teiken grondmikrobes, maar die effek op akwatiese sisteme is nie duidelik
nie. Kristallyn-proteïne is oplosbaar in water en die teenwoordigheid daarvan is reeds in watersisteme naby landbougrond gevind. Na die oes beland baie van die
oorblywende plantmateriaal in nabye strome en damme. Die doel van hierdie studie is om die effekte van Bt-mielies op akwatiese sisteme te ondersoek aan die hand van
die ontwikkelingstempo en vrugbaarheid van varswater slakke. Die verrotte plantmateriaal dien as voedselbron vir verskeie akwatiese organismes. Die varswater slakke,
Bulinus tropicus, is omnivore wat ook voed op die plantmateriaal. Dus is hulle geskikte proefdiere vir hierdie studie. Mollusca word gereeld gebruik as
biomonitors in swaarmetaalstudies, maar geen spesie is nog gebruik om die effekte van kristallyn-proteïne te identifiseer nie. Hierdie studie was uitgevoer deur twee eksperimente waar een generasie B. tropicus blootgestel is aan beide Bt-mielieblare en nie-Bt mielieblare in
gekontroleerde laboratorium toestande. Die toetsgroepe was alleenlik die onderskeie mielieblare gevoer, die kontrole groep was egter viskos gevoer. Die laboratorium se
temperatuur was gereguleer by ʼn konstante 26 °C. Die resultate dui op ‘n afname in eierpakkiegroottes by die groepe wat blootgestel is aan die Bt-toksien.
Die koers waarteen eierpakkies daagliks gelê is toon ook ‘n vermindering in die blootgestelde groepe. Van die embrios wat blootgestel is aan die Bt-toksien is
40% se ontwikkeling geïnhibeer. Aangesien die embrios nie voed tydens ontwikkeling nie, kan hierdie verskynsel toegeskryf word aan die Bt-toksien in oplossing. Nadat
die embrios uitgebroei het toon die kontrolegroep ‘n betekenisvolle verskil in groeikoers. Daar is geen betekenisvolle verskil gevind tussen die groepe wat blare
(beide nie-Bt en Bt) gevoer is se groei nie. Die moontlikheid bestaan dat daar verskille is in voedingswaardes van die verskillende kultivars. Die nie-Bt mielieblare en
Bt-mielieblare wat tydens hierdie studie gebruik was, was nie isolyne van mekaar nie. Studies wat tans onderneem word gebruik isolyne van dieselfde kultivars om verdere
effekte te bepaal.
|