Seinstransduksie padweё betrokke by die induksie van seldood in bors sellyne deur ‘n nuwe koolsuur anhidrase 9 inhibitor antimitotiese molekuul

Authors: B.A. Stander1; F. Joubert2; A.M. Joubert1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa; 2Bioinformatics and Computational Biology Unit, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: A. Joubert
Postal address: Private Bag X20, Hatfield, Pretoria 0028, South Africa
How to cite this abstract: Stander, B.A., Joubert, F. & Joubert, A.M., 2012, ‘Seinstransduksie padweё betrokke by die induksie van seldood in bors sellyne deur ‘n nuwe koolsuur anhidrase 9 inhibitor antimitotiese molekuul’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #342, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.342
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Signaling pathways involved in the induction of cell death in breast cell lines by a novel carbonic anhydrase 9 inhibitor or antimitotic compound. The importance of these results will aid the development of treatments of cancer targeted at specific pathways associated with specific cancers.

Inhoud
Die sintese van ‘n nuut in silico-ontwerpte antimitotiese verbinding, C19, wat spesifiek ontwerp is om selektief te bind aan die kanker geassosieerde koolsuuranhidrase IX (CAIX) proteïen is uitgevoer deur Ithemba Farmaseutiese maatskappy. Ligand bindingstoetse het aan die lig gebring dat C19 omkeerbaar bind aan CAIX (453 nM) teen ‘n laer konsentrasie as CAII (655 nM). Die resultaat toon aan dat die vebinding ‘n potensiële antimetastatiese middel is. Groei studies dui aan dat die verbinding 5 keer meer aktief is wanneer dit vergelyk word met ‘n soortgelyke fase 2 antimitotiese middel, 2-metoksiëstradiol. Die effek van die C19 op selgroei, apoptose, reaktiewe suurstof spesies vorming, morfologie, geen ekspressie en proteïen uitdrukking in metastatiese bors adenokarsinoom MDA-MB-231 selle, tumorigene bors adenokarsinoom MCF-7 selle en nie-tumorigene MCF-12A bors selle is uitgevoer. Microarray studies wat geen ekpressie monitor dui aan op ‘n gemeenskaplike stel gene wat in al drie sellyne geaffekteer is. Dit sluit in gene wat met seldeling, apoptose, mikrotubuli dinamika en reaksie op reaktiewe suurstof spesies geassosieer word. Daar is ook verskillende gene wat geraak word in elke sel lyn. Die resultate dui aan op ‘n afwyking van die gemmenskaplike meganisme. Teenliggaampie microarrays is gebruik om proteïen uitdrukking van 500 proteïene in MCF-7 en MDA-MB231 selle vas te stel. Resultate toon aan dat kaspase 7 op-gereguleer was in die MDA-MB231 selle en nie in die MCF-7 selle nie. In laasgenoemde is die ‘p96 diasabled homo 1’ opgereguleer, maar nie in die MDA-MB231 selle. C19 het ook ook ‘n toename in apoptose veroorsaak in al die sellyne soos waargeneem deur Annexin V en propidium jodied vloei sitometriese analieses. Hierdie toename in apoptose is gedeeltelik geïnhibeer deur die selektiewe p38 MAP kinase inhibitor, SB 239.063, in die MDA-MB231 selle en nie in MCF-7 en MCF-12A selle. Die selektiewe JNK kinase inhibitor, SP600125 het apoptose gedeeltelik geïnhibeer in al drie sellyne, maar dit was meer uitgesproke in die MCF-12A en MCF-7 selle. Die belangrikheid van hierdie resultate sal help met die ontwikkeling van die behandeling van kanker wat gerig is op spesifieke seinstanduksie in spesifieke kankers.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.