Genetiese, morflogiese en gedragsstudies van Cyrtophora spp. (Araneae: Araneidae) in Suid Afrika

Authors:P.Z.N. Franzini1; H. van der Bank2; A. Dippenaar-Schoeman3
Affiliations: 1Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa; 2African Centre for DNA Barcoding, Department Zoology, University of Johannesburg, South Africa; 3Biosystematics Program, Arachnida Unit, ARC Research Institute for Plan Protections South Africa
Correspondence to: A.S. Dippenaar-Schoeman
Postal address: Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa
How to cite this abstract: Franzini, P.Z.N., Van der Bank, H. & Dippenaar-Schoeman, A.S., 2012, ‘Genetiese, morflogiese en gedragsstudies van Cyrtophora spp. (Araneae: Araneidae) in Suid-Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #339, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.339
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Genetic, morphologic and behavioral study of Cyrtophora spp. (Araneae: Araneidae) in South Africa. Spiders of the genus Cyrtophora form part of the family Araneidae and are commonly called tent-web spiders due to the unique shape of their web. A total of 41 Cyrtophora spp. are known throughout the world and five of them have been recorded from Africa, but none formally from South Africa. The only species of Cyrtophora so far suspected to occur in South Africais the cosmopolitan species C. citricola. In South Africa they are frequently found on aloes and cycads and live solitary or in small groups to large aggregations.

Inhoud
Spinnekoppe van die genus Cyrtophora vorm deel van die familie Araneidae en staan algemeen bekend as tent-web spinnekoppe te danke aan die unieke vorm van hul web. ‘n Totaal van 41 Cyrtophora spp. is in die hele wêreld bekend en vyf van hulle is uit Afrika aangeteken, maar geen formeel in Suid-Afrika nie. Die enigste spesie Cyrtophora wat tot dusvêr vermoed is om voor te kom in Suid-Afrika is die kosmopolitaanse spesie C. citricola. In Suid-Afrika word hulle dikwels gevind in aalwyne en broodbome, enkel of in klein tot groot groepe. Hierdie sosiale gedrag bied baie voordele, maar dit stel ook die gemeenskap bloot aan bedreigings soos voëls.

‘n Gedrags-eienskap wat redelik ongewoon is in spinnekoppe, maar wat deur Cyrtophora ten toon gestel word, is dat die web slegs herstel word wanneer klein gaatjies gemaak word as gevolg van prooi vang aktiwiteite. Nuwe webbe word bo die ou webbe gebou as groter skade aangerig is.

Fisiologies is die mannetjies altyd kleiner as die wyfies en beide het die vermoë om van kleur van die abdomen te verander in respons op die omgewing. Geen formele studies is gedoen op hierdie genus in Suid-Afrika, of op die genetiese analise van hierdie genus nie. In Suid-Afrika het veld waarnemings aangedui dat daar dalk meer as net C. citricola spesie teenwoordig is en dat ander spesies teenwoordig kan wees in die land. Dit kan deur middel van die invoer van goedere plaasvind. Die spesies teenwoordig word bevestig deur gebruik te maak van die strepieskode van die mitochondriale geen Sitochroom Oxydase 1. Die internasionale strepieskodering van die lewe databasis is gebruik vir die saamstelling van die filogenetiese boom.

Verskeie ander gene was ook ontleed in die laboratorium met behulp van die Qiagen DNS mini-ekstraksietoerusting. Gedragstudies is onderneem deur middel van waarneming van ‘n studie lokaliteit, die versameling van data en foto’s sodat die algemene gedrag bepaal kan word. Dit kan vir bewaring en identifikasie gebruik word.

Genetiese resultate dui aan dat verskillende spesies in Suid-Afrika voorkom. Morfologie van die geslagsdele bevestig spesie-differensiasie, terwyl duidelike variasie-patrone waargeneem is ten opsigte van die maagvorms, kleur en die tuberkel en vertakkings-eienskappe.’n Duidelike verspreidingspatroon, wat ooreenstem met die verskillende genetiese groepe is gevind. Gedragstudies het verskillende eienskappe aangedui, wat nie saamstem met dié in vorige studies nie.

Gedrags-eienskappe het ‘n ooreenkoms tussen die grootte van die individu, sowel as die temperatuur aangedui, maar nie met die tyd van die dag nie. Versamelingsdata toon duidelike patrone van verskillende geslagte van Cyrtophora wat voorkom gedurende die jaar sowel as verhoudings daarmee met die genetiese resultate.

Ten slotte is dit belangrik dat meer studies gedoen word op hierdie genus sodat meer geleer kan word ten opsigte van die variasie binne hierdie genus asook van die gedragseienskappe wat nog nie gedokumenteer is nie.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.