Die in vitro effek van verbinding-X op groei, morfologie, die induksie van outofagie en apoptose, sowel as selsiklus in ‘n servikale adenokarsinoomsellyn

Authors: S. Marais1; T.V. Mqoco1; B.A. Stander1; R. Prudent2; L. Lafanechère2; A.M. Joubert1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, Pretoria, South Africa; 2Institut Albert Bonniot, CRI INSERM/UJF U823, Team Polarity, Development and Cancer, Rond-point de la Chantourne, 38706 La Tronche Cedex, France
Correspondence to: Sumari Marais
Postal address: Private Bag X20, Hatfield, Pretoria 0028, South Africa
How to cite this abstract: Marais, S., Mqoco, T.V., Stander, B.A., Prudent, R., Lafanechère, L. & Joubert, A.M., 2012, ‘Die in vitro effek van verbinding-X op groei, morfologie, die induksie van outofagie en apoptose, sowel as selsiklus in ’n servikale adenokarsinoomsellyn’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #334, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.334
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
The in vitro effects of compound-X on growth, morphology, the induction of autophagy and apoptosis, as well as cell cycle progression in a cervical adenocarcinoma cell line. It can be concluded that compound-X induced both autophagy and apoptosis as a means of cell death in HeLa cells.

Inhoud
Volgens die wêreldgesondheidsorganisasie is servikale karsinoom die tweede mees algemene kanker wat in Suid-Afrikaanse vroue voorkom, dus is die toets van nuwe middels om hierdie soort kanker te behandel, van groot belang. In die huidige studie is die in vitro invloed van ‘n antimitotiese middel wat ontwerp is deur ‘n navorsingsgroep in Frankryk, getoets op servikale karsinoom (HeLa) selle. Selgroei is getoets deur middel van kristal violet kleuring na 24 uur blootstelling aan die verbinding. Selmorfologie is beoordeel deur middel van polarisasie-optiese oordraagbare lig differensiële inmengingkontras (PlasDIC), sowel as ligmikroskopie met hematoksilien en eosienkleuring. Fluoressensiemikroskopie, met behulp van ‘n drievoudige kleuringstegniek wat akridienoranje (AO), Hoechst 33342 (HO) en propidiumjodied (PI) insluit, is gebruik om die effekte op die kern, asook die toename van die suurvakuole in die selle wat met die verbinding behandel is, te ondersoek. Vloeisitometrie analise het die meting van selsiklus progressie ingesluit. Die verbinding het selgetalle na 40% verminder wanneer dit met die 100% kontrole vergelyk is. Morfologiese verskille in die verbinding-behandelde selle het gedui op verlaagde seldigthede, sowel as selle wat rond vertoon het en geblok was in metafase. Die teenwoordigheid van apoptotiese liggame is opgemerk. Fluoressensie mikroskopie het ‘n toename in suurvakuole (‘n aanduiding van outofagiese prosesse) getoon. Selsiklusanalise het ‘n toename in die sub G1, sowel as die G2/M-fraksie van die verbinding-behandelde selle teenoor die oplosmiddel-behandelde selle gewys. Dit bevestig die resultate wat met die morfologiese studies verkry is. Hieruit word dus afgelei dat verbinding-X outofagie en apoptose as ‘n manier van seldood in die HeLa sellegeïnduseer het. Toekomstige studies sal fokus op sifting van die effek van hierdie verbinding op geen ekspressievlakke.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.