Die Suid-Afrikaanse Nasionale Opname van Arachnida (SANSA) – Fase 2 suksesvol voltooi

Authors: Ansie S. Dippenaar-Schoeman1; Charles R. Haddad2
Affiliations: 1Biosystematics Programme, Arachnology, Agricultural Research Council (ARC), Plant Protection Research Institute, South Africa; 2Department Zoology and Entomology, University of the Free State, South Africa
Correspondence to: Ansie Dippenaar-Schoeman
Postal address: PO Box 8783, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract: Dippenaar-Schoeman, A.S. & Haddad, C.R., 2012, ‘Die Suid-Afrikaanse Nasionale Opname van Arachnida (SANSA) – Fase 2 suksesvol voltooi’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #308, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.308
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
The South African National Survey of Arachnida (SANSA) –phase 2 successfully completed. The South African National Survey of Arachnida (SANSA) was initiated in 1997, with the main aim of documenting the arachnid fauna of South Africa at a national level. The South African National Biodiversity Institute (SANBI) came on board for the project’s second phase, called SANSA 2, from 2006 to 2010, in partnership with the Agricultural Research Council (ARC). During this four-year inventory and conservation assessment project biodiversity research on spiders, and the other arachnid fauna of South Africa was unified and strengthen and large datasets are now available.

Inhoud
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Opname van Arachnida (SANSA), met die hoof doel om die Arachnida fauna van Suid-Afrika op ‘n nasionale vlak te dokumenteer, is in 1997 begin. Die Suid-Afrikaanse Biodiversiteit Instituut het vanaf 2006 tot 2010 aanboord gekom met gedeeltelike befondsing van fase 2 van die projek. Hierdie vier jaar projek het baie bygedra om die Arachnida biodiversiteitsnavorsing in Suid-Afrika te bevorder. Een van die mylpale van fase 2 was om alle data oor Suid-Afrikaanse spinnekoppe in een relasionele databasis vas te vang. Swak versamelde areas is geïdentifiseer en SANSA veldwerk spanne het materiaal in 40 kwart graad vierkant areas gaan versamel. Groot aantalle datastelle is ook vanaf ander navorsingsprojekte verkry, insluitende verskeie studente projekte. Hierdie nasionale projek het data verskaf vir die samestelling van die eerste Spinnekopatlas. Die nuutste nou beskikbaar is: Suid-Afrika het 70 spinnekopfamilies met 463 genera en 2010 spesies. Dit verteenwoordig 4.8% van die wêreld se fauna. Van die 2010 spesies is 1220 (61%) endemies tot Suid-Afrika, asook twee spinnekop families. Die mees diverse familie is die Salticidae (240 spesies), gevolg deur die Gnaphosidae met 176 spesies en die Thomisidae met 133 spesies. Gedurende hierdie tweede fase is 166 nuwe spesies beskryf en 200 nuwe verspreidingsrekords aangeteken in meer as 82 wetenskaplike publikasies. Inligting toon dat die Savanna Bioom die rykste is aan spesies met 1207 spesies behorende tot 62 families. Fase 3 van SANSA het begin met die derde werkswinkel wat gehou is aan die begin van 2011. Gedurende die volgende fase sal daar met opnames voortgegaan word en die saamstel van ‘n Rooidatalys vir spinnekoppe word beplan.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.