Die voorkoms van seksuele oordraagbare infeksies in pasiënte wat deelneem aan die geassisteerde reproduktiewe program

Authors: S. Maharaj1; C. Huyser1
Affiliations: 1Department Obstetrics and Gynaecology, Reproductive Biology Laboratory, University of Pretoria, Pretoria Academic Hospital, South Africa
Correspondence to: Shaan Maharaj
Postal address: Steve Biko Academic Hospital, Private Bag X169, Pretoria 0001, South Africa
How to cite this abstract: Maharaj, S. & Huyser, C., 2012, ‘Die voorkoms van seksuele oordraagbare infeksies in pasiënte wat deelneem aan die geassisteerde reproduktiewe program’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #307, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.307
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
The occurance of sexually transmitted infections in patients participating in the assisted reproductive program. Sexually transmitted infections (STIs) constitute to many health problems. STIs have far reaching public health consequences for sexual wellbeing and reproductive function. The aim of this study was to establish a management tool on the prevalence of STIs that occur amongst patients at SBAH. This study proved the necessity in implementing more cost effective testing methods.

Inleiding
Seksueel oordraagbare infeksies (SOIs) is ‘n oorsaak van verskeie gesondheidsprobleme. Seksueel oordraagbare siektes affekteer die seksuele welsyn en reproduktiewe funksie van individue en paartjies. Die diagnose en effektiewe kliniese bestuur van SOIs kan lei tot verbeterde seksuele en reproduktiewe gesondheidsuitkomste van paartjies op soek na infertiliteitsbehandeling.

Doelwitte
Die vestiging van ‘n metode wat die voorkoms van seksueel oordraagbare siektes onder pasiënte identifiseer. Hierdie databasis sal die eenheid help om ‘n oorsig van die pasiënt populasie wat infertiliteitsbehandeling benodig by Steve Biko Akademiese hospitaal te identifiseer. Hierdie studie beoog om ‘n meer gestandaardiseerde behandelings protokol te implementer vir die bestuur van SOIs.

Metode
>’n Retrospektiewe studie van kliniese lêers van 303 paartjies wat gedurende 2008–2009 die eenheid besoek het en getoets was vir MIV, Sifilis (beide mans en vrouens) en Chlamydia trachomatis (slegs mans). ‘n Databasis is geskep om ‘n statistieke te verskaf vir die voorkoms van hierdie patogene. Leefstyl faktore van beide mans en/of vrouens ten opsigte van BMI/gewig, provinsie, ouderdom, mediese fonds en rook is ingesluit in hierdie studie.

Resultate
Onder die 303 paartjies, het 39% aan ‘n mediese fonds behoort en 71% in Gauteng gewoon. Die gemiddelde ouderdom onder die vrouens was 33 jaar en vir die mans was dit 37 jaar. Ongeveer 16% van die mans en vrouens het positief getoets vir MIV, waarvan 9.33% beide positief was. Buis faktore van 36.25% het bygedra tot die waarskynlike oorsaak van vroulike onvrugbaarheid. Ureaplasma urealyticum en Mycoplasma hominis is gevind in onderskeidelik 15.9% en 7.07% van die manlike pasiënte. Leefstyl faktore soos rook (13.2%) en ‘n verhoogde BMI/gewig (71.7%) onder die vroulike pasiënte is ook getoets en bepaal.

Gevolgtrekking
Hierdie studie het insig verskaf oor die pasiënt populasie wat die eenheid besoek. Hierdie studie bewys die noodsaaklikheid van die verskaffing of implimentering van meer koste-effektiewe toets metodes, byvoorbeeld vinnige toetse (rapid tests). Navorsing word tans uitgevoer om hierdie toets metodes aan te pas.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.