In vitro effekte van eikosapentaënöesuur en prostaglandien E3 op proliferasie, osteoklastvorming en beenresorpsie in RAW 264.7 muismakrofae

Authors: A.E. Kasonga1; J.C.A. Boeyens1; M. Coetzee1
Affiliations: 1Department Physiology, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: Magdalena Coetzee
Postal address: Private Bag X323, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Kasonga, A.E., Boeyens, J.C.A. & Coetzee, M., 2012, ‘In vitro effekte van eikosapentaënöesuur en prostaglandien E3 op proliferasie, osteoklastvorming en beenresorpsie in RAW 264.7 muismakrofae’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #290, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.290
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
In vitro effects of eicosapentanoic acid and prostaglandin E3 on proliferation, osteoclast formation and bone resorption in RAW 264.7 murine macrophages. This study investigated the effects of eicosapentanoic acid and prostaglandin E3 on osteoclast formation and bone resorption in RAW 264.7 murine pre-osteoclasts. Data obtained suggests an inhibitory effect of these compounds on osteoclastogenesis and bone resorption in the cell line tested.

Inhoud
Hermodellering van been is ‘n deurlopende proses en word bemiddel deur beenresorpsie deur osteoklaste en beenvorming deur osteoblaste. Osteoklaste is meerkernige selle wat ontstaan vanaf hematopoëtiese voorgangers. Hierdie voorgangerselle sal differensieer na osteoklaste wanneer dit blootgestel word aan reseptor–aktiveerder van nukleus faktor-kappa B ligand (RANKL) en makrofaagkolonie-stimulerende faktor (M-CSF), wat deur osteoblaste geproduseer word. Vorige studies het getoon dat dieetvetsure, soos langketting poli-onversadigde vetsure en prostanoїede afkomstig vanaf poli-onversadigde vetsure ‘n rol speel in beenregulering. Die doel van hierdie in vitro proefstudie was om die effekte van eikosapentaënöesuur, ‘n omega-3 poli-onversadigde vetsuur en prostaglandien E3 (PGE3), wat vanaf eikosapentaënöesuur gesintetiseer word, op pre-osteoklaste te ondersoek.

Monosiet/makrofaag-muisselle (RAW 264.7 pre-osteoklaste) is teen 5000 selle/putjie in steriele 96-putplaatjies gesaai en etanol (oplosmiddelkontrole), eikosapentaënöesuur teen 20 µg/mL, en PGE3 by konsentrasies van 10-10M tot 10-5M daarby gevoeg. Na drie dae, is proliferasie met behulp van kristalvioletkleuring gemeet. Selle is ook teen 15 000 selle/putjie in steriele 24-put plaatjies in die aanwesigheid van 15 ng/mL RANKL gesaai. Na vyf dae, is osteoklastvorming geëvalueer met behulp van tartraatweerstandige-suurfosfatase (TRAP)-kleuring. In hierdie studie is TRAP-positiewe selle wat vyf of meer kerne bevat as meerkernige osteoklaste beskou. Soortgelyke eksperimente is uitgevoer op plaatjies wat bedek is met ‘n anorganiese sintetiese beenoppervlak. Na sewe dae inkubasie is die selle afgewas en beenresorpsie met behulp van ‘n mikroskoop en kamera waargeneem. Die persentasie resorpsie-oppervlak is daarna met behulp van toepaslike rekenaarsagteware bepaal. In hierdie studie het PGE3 geen effek op proliferasie van die pre-osteoklaste getoon nie. Die vorming van meerkernige osteoklaste, is egter geïnhibeer deur blootstelling aan eikosapentaënöesuur en PGE3, met eikosapentaënöesuur wat ‘n meer betekenisvolle onderdrukkende effek as PGE3 getoon het. In vergelyking met die kontrole, het eikosapentaënoësuur en PGE3 resorpsie geïnhibeer wat moontlik toegeskryf kan word aan die laer voorkoms van volwasse meerkernige osteoklaste. Die resultate ondersteun die idee dat langketting poli-onversadigde vetsure, soos die omega-3 poli-onversadigde vetsuur eikosapentaënöesuur en sy prostanoïedmetaboliet PGE3, die vorming van volwasse osteoklaste kan onderdruk en dus ‘n beskermende effek op been mag hê. Verdere navorsing is nodig om duidelikheid oor die meganismes wat hier betrokke is, te verkry.

Die studie is deur die Mediese Navorsingsraad en die Navorsingsontwikkelingsprogram (Universiteit van Pretoria) befonds.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.