Article Information

Author:
Xandri Schoultz1

Affiliation:
1Department of Chemistry, Nelson Mandela Metropolitan University, South Africa

Correspondence to:
Xandri Schoultz

Email:
xan3schoultz@live.com

Postal address:
PO Box 7700, Port Elizabeth 6031, South Africa

How to cite this abstract: Schoultz, X., 2015, ‘Renium-isosianiedkomplekse’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 34(1), Art. #1327, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v34i1.1327

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 06 and 07 November 2014, Science Campus, University of South Africa. Organising committee: Mr Rudi W. Pretorius and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa) and Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]).

Copyright Notice:
© 2015. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals.

This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Renium-isosianiedkomplekse
In This Referaatopsomming...
Open Access
Abstract
Abstrak
Abstract

Rhenium-isocyanide complexes. This study investigates the synthesis and coordination behaviour of rhenium(III)-isocyanide complexes with potentially bidentate ligands. It also focuses on the reactivity of different isocyanide ligands toward rhenium(I) and (V). The crystal structures of all the complexes have been determined by X-ray diffraction methods and were fully characterised structurally and spectroscopically.

Abstrak

Hierdie studie ondersoek die bereiding van renium(III)-isosianiedkomplekse met ligande wat potensieel bidentaat is, asook die reaktiwiteit van isosianied-ligande met renium(I) en (V). Die kristalstrukture van alle komplekse is bepaal deur middel van X-straaldiffraksie.

Isosianiede het unieke fisiese en chemiese eienskappe wat dit ’n baie veelsydige ligand maak. Isosianiede is bekend vir hulle vermoë om met tegnesium te koördineer. ’n Goeie voorbeeld is die radiofarmaseutiese middel Tc(MIBI)6+ [MIBI = 2-metoksie-2-metielpropiel-isosianied] wat suksesvol bemark word as diagnostiese middel vir die hart in die radiofarmaseutiese industrie as Cardiolite. Isosianiede bevat dus die nodige eienskappe om genoeg stabiliteit aan ’n metaal te besorg, en dit dien as motivering vir die ondersoek na isosianied-metaalkompleksering.

Radiofarmaseutiese middels word al vir jare effektief gebruik vir diagnostiese doeleindes in kerngeneeskunde. Die terapeutiese gebruik van radiofarmaseutiese middels word die laaste paar jaar al meer en meer suksesvol toegepas, waarvan reniumkomplekse een van die suksesvolste is. Renium se sukses as radiofarmaseutiese middel kan toegeskryf word aan sy twee radioaktiewe isotope, naamlik 188Re en 186Re, wat beide β- uitstralers is. Die bereiding van termodinamiese, stabiele reniumkomplekse kan dus lei tot die ontdekking van nuwe radiofarmaseutiese middels.

Die koördinasie van trans-[ReIIICl3(t-BuNC)(PPh3)] met anilien en anilien-afgeleides is ondersoek. Die renium(V)-komplekse [ReCl3(t-BuNC)(L)(PPh3)] is geïsoleer met ligande H2L (1,2-diaminobenseen, 2-aminobensanoësuur, anilien). In al die bogenoemde komplekse het die dianioniese ligand L as ’n imied gekoördineer. Met 2-aminofenol is daar onverwags twee verskillende produkte gelewer, naamlik [ReVCl2(t-BuNC)(L)(PPh3)2](ReO4) en [ReIIICl2(t-BuNC)(ibq)(PPh3)2] (ibq- = geoksideerde ligand). [ReVCl2(t-BuNC)(L)(PPh3)2](ReO4) is die produk van ’n outo-oksidasiereaksie van Re(III) na Re(VII) en Re(V). Al die bogenoemde komplekse se kristalstrukture dui op monodentate gesubstitueerde komplekse.

Die produkte van die reaksie tussen die Re(I)-kompleks [Re(CO)5Cl] met isosianiedes (t-butiel- en sikloheksiel-isosianied) is ook ondersoek. Renium(I)-tri-karbonielkomplekse met die algemene formule [Re(CO)3(CNR)2Cl] is geïsoleer en hulle is struktureel en spektroskopies gekarakteriseer. Die trikarbonielentiteit is gekoördineer in die tipiese facial-oriëntasie, met die isosianiede cis relatief tot mekaar. Die reaksie van [Re(CO)3(t-BuNC)2Cl] met H2O het gelei tot die isolasie van [Re(CO)3(t-BuNC)2(OH2)], waarin die water maklik vervang kan word deur ’n meer komplekse ligand.

Die reaksie van die renium(V)-komplekse cis-[ReO2I(PPh3)2] en mer-[ReOCl3(SMe2)(OPPh3)] met isosianiede is ook ondersoek. Die sewe-gekoördineerde renium(III)-kompleks [ReI3(t-BuNC)3(PPh3)] is verrassend verkry nadat cis-[ReO2I(PPh3)2] met t-butiel-isosianied gereageer is. Die dimeer (μ-O)[ReOCl2(CNC6H11)2]2 is as produk gelewer nadat mer-[ReOCl3(SMe2)(OPPh3)] met sikloheksiel-isosianied reageer is.

Die bereiding en karakterisering van al die bogenoemde verbindings is tydens hierdie referaat bespreek.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.