Article Information

Author:
Leani de Vries1

Affiliation:
1Department of Geography, Environmental Management and Energy Studies, University of Johannesburg, South Africa

Correspondence to:
Leani de Vries

Email:
leanidv@icon.co.za

Postal address:
PO Box 248, Florida 1710, South Africa

How to cite this abstract: De Vries, L., 2015, ‘Die herontwikkeling van parke en oop ruimtes in die middestad van Johannesburg’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 34(1), Art. #1318, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v34i1.1318

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 06 and 07 November 2014, Science Campus, University of South Africa. Organising committee: Mr Rudi W. Pretorius and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa) and Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]).

Copyright Notice:
© 2015. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals.

This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Die herontwikkeling van parke en oop ruimtes in die middestad van Johannesburg
In This Referaatopsomming...
Open Access
Abstract
Abstract

The redevelopment of parks and open spaces in the inner city of Johannesburg. This study investigates the contribution of parks and open spaces in the urban regeneration of Johannesburg by focussing on a network of ten inner city parks. It is ultimately found that these amenities are adequately incorporated into strategies, but that several challenges hinder the provision to the inner city community.

Die middestad van Johannesburg, asook parke en oop ruimtes in die area, is vir vyf dekades reeds onderwerp aan die proses van stedelike agteruitgang weens die sogenaamde ‘white flight’ na die meer aantreklike noordelike voorstede soos Randburg, Midrand en Sandton. Die middestad ervaar tans ’n groot aantal uitdagings wat aangepak moet word. Dit sluit ’n vinnig toenemende bevolking in wat groter druk op die reeds onvoldoende voorsiening plaas van parke en oop ruimtes. Johannesburg is tans in die proses van stedelike vernuwing. Die studie stel voor dat die waardevolle bydrae wat parke en oop ruimtes tot stedelike vernuwing bied, wel deeglik in vernuwingstrategieë oorweeg moet word. Die navorsingsgebied sluit ’n netwerk van tien parke in, wat in die voorstede van Joubertpark, Berea en Hillbrow geleë is en wat aan Braamfontein, Braampark en Doornfontein grens. Die volgende tien parke is ondersoek: Joubertpark, Attwell Gardenspark, Ernest Oppenheimerpark, Alec Gorschelpark, Tudhopepark, J.Z. de Villierspark, Mitchellpark en die parke in Nuggetstraat, Endstraat-noord en Endstraat-suid.

Die studie is met die oog op vier doelwitte ontwerp. Die eerste is om die huidige voorsiening van parke en oop ruimtes in die middestad te identifiseer. Gemiddelde groottes en hoeveelhede van dié geriewe is deur die gebruik van Garmin MapSource-sagteware (6.16.2) bereken. Die voorsiening word verder omskryf deur die toestand van die gekose parke met behulp van foto's en waarnemings uit te beeld. Tweedens is beoog om die behoefte van die gemeenskap te bepaal deur relevante literatuur te raadpleeg. Derdens is die belangrikste vernuwingstrategieë en -dokumente wat vir Johannesburg ontwikkel is, geïdentifiseer en ontleed om vas te stel of die herontwikkeling van parke en oop ruimtes voldoende deel daarvan uitmaak en daarin oorweeg word. Laastens is beoog om vas te stel of die huidige planne op die behoeftes van die gemeenskap gerig is. ’n Onderhoud is met die bestuurder van Johannesburg City Parks se streek F gevoer om addisionele inligting te bekom en onduidelikhede op te klaar.

Die studie bevestig dat daar ’n tekort aan parke en oop ruimtes in die middestad van Johannesburg is. Nie net is die voorsiening in terme van grootte en hoeveelheid beperk nie, maar daar word ook bevind dat die fisiese toestand van die meeste parke nie bevredigend is nie. Die parke is onderhewig aan ’n verskeidenheid probleme wat verdere druk op die gebrekkige voorsiening daarvan plaas, onder andere swak onderhoud en vandalisme. Dit word dus waargeneem dat die parke aan intense oorgebruik en agteruitgang onderhewig is en grootliks deur die omringende gemeenskap beïnvloed word.

Die studie bevestig ook dat die herontwikkeling van parke en oop ruimtes ’n groot deel uitmaak van Johannesburg se vernuwingsproses. Herontwikkeling behels duur projekte wat deur belangrike organisasies in die stadsraad aangevoer word. Maatskaplike probleme en ’n gebrek aan geskikte hulpbronne en vennootskappe beperk wel die sukses van hierdie inisiatiewe. Dus, ondanks voldoende beplanning, moet die unieke uitdagings van die middestad eers aangepak word voordat die behoeftes van die gemeenskap werklik bevredig sal kan word.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.