Een padda, twee monogenieër platwurms
Authors: M. Theunissen1, M. Badets1, L. du Preez1
Affiliations: 1School of Biological Sciences, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Correspondence to: M. Theunissen
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Theunissen, M., Badets, M. & Du Preez, L., 2014, ‘Een padda, twee monogenieër platwurms’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1269, 1 page.
http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1269
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.
Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the
Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution,
and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
One frog, two mongenea flatworms. The African Clawed Frog Xenopus laevis (Anura: Pipidae) is host for two very different monogeneans. Gyrdicotylus gallieni (Monogenea: Gyrodactylidae) is found in the oral cavity and Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) in the urinary bladder of X. laevis. This study focused on external morphology of both species.
Die platanna, Xenopus laevis (Anura: Pipidae) is gasheer vir twee verskillende platwurms van die klas Monogenea. Gyrdicotylus gallieni (Monogenea: Gyrodactylidae) word gevind in die mondholte en Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) in die urieneblaas van die gasheer. Hierdie studie fokus op die eksterne morfologie met behulp van skandeerelektronmikroskopie, histologie en ligmikroskopie van beide spesies. G. gallieni is vivipaar met ’n dogterembrio in die uterus. Hierdie dogterembrio bevat weer ’n volgende generasie-embrio. Volwasse parasiete het ’n silindriese liggaam van ongeveer 800 μm in lengte, met ’n posterior haptor. Die haptor bevat ’n paar groot hake op die ventrale lob, en 16 kleiner marginale hake op die dorsale lob. Die mond is verdeel in twee lobbe. Sensoriese strukture word oor die liggaam waargeneem. Verskillende stadiums van die lewensiklus van P. xenopodis is bestudeer. Die gasheer is hoofsaaklik akwaties en eiers word voortdurend vrygestel wanneer die padda urineer. Na ongeveer 22 dae verlaat ’n silindervormige gesilieërde onkomirasidium die eierkapsule en soek ’n potensiële gasheer. Na infektering migreer die onkomirasidium na die nier om verder te ontwikkel. Parasiete migreer dan na die blaas waar volwassenheid bereik word. Eiers is ongeveer 300 μm lank, met ’n gladde oppervlak en het ’n operkulum waardeur die onkomirasidium ontsnap. Die onkomirasidium het 64 afsonderlike gesilieërde selle oor die liggaam versprei. Die vorm van die gesiliëerde selle verskil in die verskillende streke. Wanneer silia nie meer funksioneel optree nie, word die selle van die liggaam afgewerp. Die oppervak tussen die gesiliëerde selle bevat ’n reeks sensoriese papille. Volwasse parasiete se liggaam is verleng en peervormig. Die opisthaptor bevat drie pare suiers en twee pare hake wat ferm vashegting aan die oppervlak van die blaas verseker.
|