Invloed van omgewingstemperatuur op eierproduksie van Neopolystoma (Monogenea: Polystomatidae)

Authors: L.N. Meyer1,2, L.H. Du Preez1, O. Verneau1,2
Affiliations: 1School of Biological Science, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa, 2Cefrem, University of Perpignan, France
Correspondence to: L. Meyer
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Meyer, L.N., Du Preez, L.H. & Verneau, O., 2014, ‘Invloed van omgewingstemperatuur op eierproduksie van Neopolystoma (Monogenea: Polystomatidae)’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1267, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1267
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Neopolystoma (Monogenea: Polystomatidae) egg production influenced by environmental temperature. Freshwater turtles need daily basking to regulate their internal temperature. These reptiles host three polystome genera: Polystomoides, Polystomoidella and Neopolystoma. Polystomes occur in the urinary bladder, pharyngeal cavity or eye cavity. They produce eggs that are released into water. Mauremys leprosa is infected by Neopolystoma sp. The aim of this study was to determine to what extent environmental factors may affect polystome reproduction. We thus explore the relationship between egg production and external temperatures.

Inhoud
Open Access

Varswaterskilpaaie is ektotermiese reptiele wat daagliks in die son moet bak om hulle interne liggaamstemperatuur te reguleer. Hulle is dus meer aktief wanneer die omgewingstemperatuur verhoog gedurende die somermaande en sodoende spandeer hulle ook meer tyd in die water. Die varswaterskilpaaie is meestal aktief vanaf die einde van winter tot herfs, waarna hulle hiberneer. In varswaterskilpaaie word polistoomparasiete in die urienblaas, kloaak, mond, farinks en aan die binnekant van die ooglid gevind. Varswaterskilpaaie is ’n gasheer vir drie polistoomgenera: Polystomoides, Polystomoidella en Neopolystoma. In die suide van Frankryk kom die Mediterreense moerasskilpad (Mauremys leprosa) voor wat geïnfekteer is deur Neopolystoma. Die parasiete produseer eiers wat in die water vrygestel word. Daaglikse opname van eiers wat uitgeskei word in die water deur ’n skilpad, kan dus ’n aanduiding wees van daaglikse eier produksie. Die doel van die studie was om te bepaal tot watter mate omgewingsfaktore’n rol speel in die voortplantings gedrag van polistoomparasiete. Ons het dus die verwantskap tussen eierproduksie en omgewingstemperatuur bepaal. Eierproduksie van Neopolystoma sp. binne die urienblaas van M. leprosa was gemoniteer oor ’n tydperk van 26 dae. Ses skilpaaie van die spesie M. leprosa was versamel in die suide van Frankryk naby Perpignan, waarna hulle teruggeneem was na die laboratorium en elke skilpad in ’n afsonderlike houer geplaas was. Elke houer was gevul met water tot ’n diepte van 20 mm. Die houers was buite geplaas tydens die eksperiment om hulle bloot te stel aan omgewingstemperatuur. Die water van elke houer was elke dag deur siwwe gespoel om parasiet-eiers op te vang, waarna die eiers getel was. ’n Baie opsigtelike patroon van eiervrystelling was waargeneem wat korreleer met die wisseling van omgewingstemperatuur. Eiervrystelling het plaasgevind tydens warm en koue temperature, maar meer eiers was vrygestel tydens warm temperatuur. Ons het ’n vertraging in eiervrystelling van ongeveer twee dae waargeneem in reaksie op verandering in omgewingstemperatuur (R2 = 0.2525). Varswaterskilpad polistome se voortplantingsgedrag word dus bepaal deur die omgewingsomstandighede asook die gedrag van die gasheerspesie. Die verskynsel dui daarop dat wanneer omgewingstemperatuur verhoog, die gasheer fisiologies meer aktief is, wat op sy beurt die voortplantingsgedrag van die parasiet kan beïnvloed. So, die parasiet se gedrag kan bepaal word deur die gasheer se hormoonvrystelling, of kan selfs verwant wees aan die gasheer se fisiologiese gedrag.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.