Die verwagte dalings in die getalle van vier verskillende voël spesies, die Huismossie, die Kleinglansspreeu, die Gewone Tortelduif en die Rooiborsduifie in Gauteng en Limpopo

Authors: L. Steyn1, J.N. Maina1
Affiliations: 1Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa
Correspondence to: L. Steyn
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Steyn, L. & Maina, J.N., 2014, ‘Die verwagte dalings in die getalle van vier verskillende voël spesies, die Huismossie, die Kleinglansspreeu, die Gewone Tortelduif en die Rooiborsduifie in Gauteng en Limpopo’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1264, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1264
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Comparing the numbers of four bird species, House Sparrow, Cape Glossy Starling, Laughing Doves and Cape Turtle Dove in Gauteng and Limpopo. Three of the species showed significant declines in one or both province. The Cape Glossy Starlings was the only specie to show an increase in both provinces.

Inhoud
Open Access

Daar is ongeveer 9920 voël spesies op die aarde, met 1253 van hulle op die rand van uitsterwing. Dalings in die voël getalle, veral van die Huis Mossies en spreeus, oor die afgelope drie dekades is goed gedokumenteer. In Brittanje, het die getalle van die Huis Mossies gedaal met soveel as 60%, Spreeus met 41%, en Tortelduiwe met 71%. In teenstelling hiermee, het die getalle in Suid Afrika, van die Gewone Tortelduiwe en Rooiborsduifies slegs met 10% gedaal in die laaste twee dekades. Die doel van die projek was om die digtheid indeks van die 4 spesies in die twee provinsies en twee tydperke met mekaar te vergelyk. Om sodoende ’n gevolgtrekking te kan maak oor die getal veranderinge. Data is bekom van die Avian Demographic Unit (ADU) van die Universiteit van Kaapstad en statistiese analises is uitgevoer op die SABAP1 (1987–1992) en SABAP2 (2007–2012) data, onder andere t-toetse en korrelasie grafieke. Drie van die vier spesies naamlik, Huis Mossies, Rooiborsduifies en Gewone Tortelduiwe het noemenswaardige afnames getoon in die laaste 25 jaar. Die Gewone Tortelduiwe se afname was wel net in die Limpopo provinsie met ’n toename in Gauteng. Die Kleinglansspreeus se digtheid indeks het in beide provinsies toegeneem. Die afnames was beduidend (p < 0.001) in beide provinsies vir die Huismossies. Die Gewone Tortelduiwe (p < 0.02) het ook ’n betekenisvolle afname getoon in Gauteng. Die toenames van die Kleinglansspreeus was beduidend (p < 0.01) in Gauteng, maar nie (p > 0.6) in Limpopo nie. Die verskille vir die Rooiborsduifies was in beide provinsies nie betekenisvol nie (p > 0.3; p > 0.4) so ook die afnames van die Gewone Tortelduiwe (p > 0.4) in Limpopo. Die redes vir hierdie afnames word toegeskryf aan verskeie teorieë o.a. klimaat veranderings, lugbesoedeling, intra- en interspesifieke kompetisie, voedsel afnames, sowel as ’n toename in roofdiere soos katte. In gevolgtrekking, díe voёl spesie se getalle volg dieselfde tendense m.b.t. die veranderinge in die digtheid as die van die res van die wêreld.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.