Ex vivo effekte van estradiol analoë op bloed: ’n Loodsstudie

Authors: T.V. Mqoco1, L. Repsold1, E. Wolmarans1, S. Nkandeu1, A.E. Theron1, B.A. Stander1, T. Piorkowski1, A.M. Joubert1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: T. Mqoco
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Mqoco, T.V., Repsold, L., Wolmarans, E., Nkandeu, S., Theron, A.E., Stander, B.A. et al., 2014, ‘Ex vivo effekte van estradiol analoë op bloed: ’n Loodsstudie‘, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1251, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1251
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Effects of estradiol analogues on blood: A pilot study. This study demonstrated that both ESE-15-ol en ESE-16 have no effect on blood cells. Future ex vivo and in vivo studies into the mechanism of these potentially anticancer drugs are warranted.

Inhoud
Open Access

Tumor angiogenese is ’n proses waardeur nuwe bloedvate gemaak word. Laasgenoemde word gevorm in en rondom gewasse en hulle speel ’n rol in die groei van gewase, asook metastase. Verbindings wat mikrotubulien dinamika teiken, mag ook ’n anti-angiogenese reaksie effek hê. Hierdie navorsing het moontlike antikankermiddels (estradiol analoë) in silico-ontwerp en deur ’n farmaseutiese maatskappy laat sintetiseer. Hierdie analoë ontwrig microtubulien dinamika wat lei tot mitotiese blok en daaropvolgende induksie van seldood. Die doel van hierdie studie was om die anti-angiogenese gevolge van twee nuwe estradiol analoë (ESE-15-ol en ESE-16) op bloed van ’n gesonde individu te evalueer. Skandering elektronmikroskopie (SEM) is gebruik om veranderinge in die morfologie van die bloedselle na blootstelling aan ESE-15-ol en ESE-16 te ondersoek. Vloeisitometrie analise is uitgevoer gebruik te maak van ’n angiogenese merker, naamlik vaskulêre endoteel groeifaktor (VEGF) en die invloed van van ESE-15-ol en ESE-16 is op angiogenese bestudeer. SEM en vloeisitometrie resultate het geen noemenswaardige verandering in VEGF vlakke van die bloedselle wat aan ESE-15-ol en ESE-16 blootgestel is getoon nie. Hierdie studie regverdig verdere ondersoek na die meganisme van werking van ESE-15-ol en ESE-16 op bloedselle en die moontlike terapeutiese rol as antikankermiddels.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.