Voorklieniese evaluasie van die antidiabetiese potensiaal van ’n tee mengsel en sy individuelebe standdele

Authors: V. Paddy1, J.J. van Tonder1, V. Steenkamp1
Affiliations: 1Department of Pharmacology, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: V. Paddy
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Paddy, V., Van Tonder, J.J. & Steenkamp, V., 2014, ‘Voorklieniese evaluasie van die antidiabetiese potensiaal van ’n tee mengsel en sy individuele bestanddele’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1249, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1249
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

The antidiabetic potential of a polyherbal tea mixture and its constituents in vitr. In this study the antidiabetic potential of a commercial tea mixture and its constituents were tested by the ability to inhibit carbohydralyse enzymes. It was found of all the extracts tested that buchu possessed the most potent antidiabetic potential, which was comparable with that of acarbose – an antidiabetic prescription drug.

Inhoud
Open Access

Tipe 2-diabetes (T2D) is ’n wêreldwye epidemie, wat tans meer as 340 miljoen mense beïnvloed. Daar is tans geen kuur vir T2D en die soektog na nuwe, verbeterde behandeling duur voort. Kroniese hoë bloedsuiker is kenmerkend van T2D en die oorsaak van die meeste gevaarlike sekondêre komplikasies, veral kardiovaskulêr, wat verband hou met T2D. Terapeutiese benaderings poog om middels te ontdek wat verhoogte bloedsuiker beperk en minimale newe-effekte toon. Een benadering is om middels te vind wat die katalitiese aktiwiteit inkort van hidrolitiese ensieme wat betrokke is in koolhidraatmetabolisme. Verskeie tradisionele plante is aangemeld wat algemene antidiabetiese aktiwiteit sowel as min of geen newe-effekte toon. Onder andere is sekere kruie deeglik getoets vir die moontlike behandeling van T2D.

In hierdie studie is die antidiabetiese potensiaal van ’n kommersiële tee mengsel sowel as die individuele bestanddele getoets vir hul inhiberende effek teen α-amilase en α‐glukosidase aktiwiteit. Die sewe individuele bestanddele wat getoets was is (1) Achillea millefolium L. (Yarrow), (2) Barosma betulina Bartel. & Weidl. (Buchu), (3) Salvia officinale. L. (Sage), (4) Taraxacum officinale L. (Dandelion), (5) Thymus vulgare. L. (Thyme), (6) Trigon foenum-graecum L. (fenegriek) en (7) Urtica urens L. (Brandnetel). Die warm water (WW) en dichloormetaan (DCM) ekstrakte van die tee mengsel en sy bestanddele is getoets. Beide ensiem aktiwiteite is spektrofotometries bepaal in ’n mikroplaat formaat.

Beide van die toetse is ontleed met behulp van Michaelis-Menten kinetika (nie-lineêre regressie). Die tipe inhibisie is ondersoek d.m.v. Lineweaver-Burk grafieke en die persentasie inhibisie is bereken (t.o.v. die negatiewe kontrole). Acarbose is gebruik as ’n positiewe beheer in albei toetse. Alle WW esktrakte het ’n stimulerende effek op die α-amilase Aktiwiteit gehad teen alle toetskonsentrasies van die substraat. Meeste van die DCM ekstrakte het beide α‐amilase en α‐glukosidase aktiwiteit geïnhibeer. Die algehele inhiberende aktiwiteite van die individuele bestanddele was groter as dié van die tee mengsel, wat daarop dui dat die tee mengsel geen moontlike sinergistiese meerderwaardigheid toon nie. Die DCM ekstrakte van Boegoe en Sage het die mees inhiberende aktiwiteit teen beide α-glukosidase en α-amilase getoon. Hierdie effek was vergelykbaar met dié van acarbose.

Bevindinge van dié studie regverdig die verdere ondersoek van hierdie ekstrakte as potensiële teenmiddels vir die behandeling van T2D.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.