Seisoenale migrasie en voortplantingsgedrag van die Gewone Rivierpadda (Amietia angolensis) in die Botaniese tuin, Noordwes-Universiteit

Authors: J. Viviers1, D.J.D. Kruger1, L.H. du Preez1
Affiliations: 1Department of Environmental Sciences and Management, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Correspondence to: J. Viviers
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: J. Viviers, Kruger, D.J.D. & Du Preez, L.H., 2014, ‘Seisoenale migrasie en voortplantingsgedrag van die Gewone Rivierpadda (Amietia angolensis) in die Botaniese tuin, Noordwes-Universiteit’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1241, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1241
Note: This paper was initially delivered at the School of Environmental Sciences and Development of the North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa on 05 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Seasonal migration and reproductive behaviour of the Common River Frog (Amietia- angolensis) in the North-West University Botanical gardens. The study was conducted in the North-West University Botanical Gardens where all 18 ponds provide habitat for the river frogs. Approximately 117 river frogs were marked with pit-tags. Their migration within a pond and throughout the garden as well as their breeding activity was monitored over a period of 12 months. Results regarding migration and activity over seasons showed that frogs are not likely to migrate, only when forced by human intervention. In a certain pond the males have their own territories. The common river frog starts breeding in autumn, declines a little over mid winter and reaches a peak during spring.

Inhoud
Open Access

In die botaniese tuin van die Noordwes-Universiteit is 18 damme en poele wat wissel van klein ornamentele poele tot damme van middelmatige grootte. Hierdie damme bied huisvesting aan ’n groot bevolking Gewone Rivierpaddas (Amietia angolensis). Dit het die geleentheid gebied om ’n gedragstudie op dié paddaspesie te onderneem. Alhoewel die rivierpadda baie algemeen in Suidelike Afrika voorkom is verbasend min oor sy gedrag bekend. Die Botaniese tuin is gekarteer en damme en poele genommer. Rivierpaddas is per hand gevang. ’n Mikroskyfie (pit tag) met unieke kode is onder die vel ingeplant. Die padda se gewig, lengte, geslag en dam van oorsprong is aangeteken. Oor ’n tydperk van 12 maande is daar elke twee weke ’n opname gemaak. Die opname het oor twee aande gestrek. Gedurende aand een is al die damme in die tuin besoek. Alle rivierpaddas wat gevind kon word is geskandeer en indien ’n nuwe padda gevind is, is ’n mikroskyfie ingeplant. Gedurende aand twee is op een dam met ’n groot populasie rivierpaddas gefokus. Vanaf 19:00 tot 03:00 is daar elke 90 min ’n opname gemaak. Elke padda wat opgespoor kon word is geskandeer, sy posisie, oriëntering, gedrag, afstand na die naaste ander padda asook sy roepgedrag is aangeteken. Temperature is ook deurentyd bepaal met die hulp van weerknopies (‘I-buttons’). Die data is gebruik om die verspreiding van paddas in die dam oor seisoene heen te bepaal. Maande is onderling verdeel in seisoene. Die data het aangetoon dat rivierpaddas oor die algemeen min migreer, maar as hul gedwing word deurdat ’n dammetjie se water uitgetap word, sal hulle wel migreer en dan wel na waar die grootste koor aangetref word. Binne ’n spesifieke dam is daar wel voorkeur-lokaliteite en mannetjies sal kwaak om ’n territorium af te baken. Daar is bevind dat rivierpaddas in die herfs begin broei, gevolg deur ’n afname in die middel van die winter, waarna broeiaktiwiteit ’n hoogtepunt in die lente bereik.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.