Interessante seevoël-parasiete

Authors: E.A. Ueckermann1, H. Heyne2, L.R. Tiedt3
Affiliations: 1ARC-Plant Protection Research Institute, Plant Health and Protection, South Africa, 2ARC-Onderstepoort Veterinary Institute, Parasitology, South Africa, 3Laboratory for Electron Microscopy, Nort-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Correspondence to: E. Ueckermann
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Ueckermann, E.A., Heyne, H. & Tiedt, L.R., 2014, ‘Interessante seevoël-parasiete’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1236, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1236
Note: This paper was initially delivered at the School of Environmental Sciences and Development of the North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa on 05 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Interesting seabird parasites. Mite parasites of the family Hypoderatidae were brought to our attention. These parasites were found in the pectoral subcutaneous tissue of White-breasted Cormorant, African Darter and Cape Gannet. SEM studies revealed the absence of a mouth opening, a small anal pore and long body and leg setae.

Inhoud
Open Access

Mytparasiete van die familie Hypoderatidae (Arachnida: Acari) was vir lank onbekend aan ons in Suid-Afrika. Hierdie parasiete is onlangs gevind in die borsspiere van die volgende seevoëls: Witborsduiker, Slanghalsvoël en Witmalgas. In ’n literatuursoektog na die familie en spesie-identiteit van die myte is egter gevind dat ’n nuwe spesie van dié familie wel in 1984 in die nes van Kransaasvoëls (Gyps coprotheres) in Suid-Afrika gevind en beskryf is. Spesies van die familie kom in die borsweefsel van baie voëlordes voor. Die lokale spesie(s) behoort vermoedelik tot die genus Phalacrodectes. ’n Deeglike taksonomiese studie sal volg om te bepaal of meer as een spesie betrokke is en of dit wel ’n nuwe spesie(s) is aangesien die myte ’n potensiële gevaar vir ons seevoëls mag inhou. Kormorante (Duikers) deel gewoonlik neste met ander seevoëlspesies, dus word gasheerspesifieke parasiete uitgeskakel. By spesies van die superfamilies Trombiculoidea en Trombidoidea is die larvale stadium van die myte, parasities op vertebrata en invertebrata respektiewelik, maar in die familie Hypoderatidae is die deutonimf parasities. Geen duidelike mondopening kon tydens ’n SEM-studie gevind word nie maar wel ’n gnatosomale plaat met twee paar setas. Die anale opening is ’n baie klein opening net agter die genitale opening, met twee paar genitale suiers. Op grond van die afwesigheid van ’n mondopening is die enigste afleiding dat ensiemafskeidings gebruik word deur die parasiete om in die borsweefsel in te boor en te sodoende te verteer. Vir ’n parasiet wat in weefsel inboor is die teenwoordigheid van baie lang liggaam- en pootsetas ook nogal vreemd.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.