Die samestelling van ’n rugbyspeler-indeks vir die suksesvolle evaluasie van rugbyspelers

Authors: S. le Roux1, E. Henning1, M. Kleynhans1, H.C. Terblanche1, D. Crafford1, C. Grobbelaar1, P.S. Wood2, C.C. Grant3, D.C. Janse van Rensburg3, P.E. Kruger2, P.J. du Toit2
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa, 2Department of Biokinetics, University of Pretoria, South Africa, 3Section Sports Medicine, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: S. le Roux
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Le Roux, S., Henning, E., Kleynhans, M., Terblanche, H.C., Crafford, D., Grobbelaar, C. et al., 2014, ‘Die samestelling van ’n rugbyspeler-indeks vir die suksesvolle evaluasie van rugbyspelers’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1235, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1235
Note: This paper was initially delivered at the School of Environmental Sciences and Development of the North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa on 05 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

The construction of a rugby player index for the successful evaluation of rugby players. Two hundred and thirty eight (238) male rugby players of different ages were evaluated to ascertain the importance of anthropometry, physical and motor skills, sport specific testing and sports vision techniques with an ultimate goal of constructing a rugby player index. Players performed within international norms for some components but performed well-below average for most.

Inhoud
Open Access

Rugby is besig om ’n al hoe meer kompeterende en veeleisende professie te word. Dit is daarom nodig dat elke spanlid op die hoogste vlak presteer om sukses vir sy span te verseker. Die prestasie van ’n atleet word nie slegs gemeet aan sy fisiese vermoëns nie, maar ook aan die gekombineerde genetiese, aanpasbare en ultrastrukturele morfologiese aspekte. As die aanpasbare aspekte van prestasie gedurende spel en van die veld-af-tyd geoptimaliseer kan word, kan die kanse vir verhoogde prestasie verbeter word. Dit is uiteindelik die motoriese vaardigheidsvlak wat die gaping tussen tegniese vermoëns en fiksheid van ’n atleet kan oorbrug. Die ontwerp van hierdie studie bestaan uit ’n toesighoudende- en oorkruisingstudie, wat ten doel het om die belang van antropometriese, fisiese en motoriese vaardighede, sport-spesifieke toetsing en sport visuele tegnieke te vervat in ’n rugbyspelerindeks. Twee honderd agt en dertig (238) manlike rugbyspelers met ouderdomme wat wissel tussen 14 en 27 jaar was blootgestel aan antropometriese-, fiksheids-, visuele- en sport-spesifieke toetse. Beskrywende statistieke is gebruik om die steekproewe en prestasies te beskryf. Die resultate het getoon dat hierdie populasie van atlete ver onder die gemiddeld (vergeleke aan internasionale standaarde) was ten opsigte van die volgende veranderlikes: liggaam- samestelling, kardio-stres indeks, spoed, lenigheid, fiksheid, rugby-spesifieke vaardighede en visuele vaardighede. Die spelers se uitslae was binne die norms vir sommige afdelings van die sterkte- en buigbaarheidskategorieë. Die sistoliese en diastoliese bloeddruk was binne die normale populasie-veld synde die gemiddelde sistolies: 134.83 ± SD; en die gemiddelde diastoliese: 77.73 ± SD syfers. Die resultate toon dat wanneer die aanpasbare prestasie-verwante veranderlikes nie geoptimaliseer word nie, dit die prestasie van die atleet merkbaar sal affekteer. Hierdie bevinding sal hopelik die samestelling van ’n rugbyspeler-indeks moontlik maak vir die suksesvolle evaluasie van rugbyspelers van verskillende ouderdomme in verskillende rugbyposisies.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.