2-Etiel-3-O-sulfamoïel-estra-1,3,5(10)16-tetraeen veroorsaak seldood deur die intrisieke pad van apoptose

Authors:E. Wolmarans1, A.M. Joubert1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: E. Wolmarans
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Wolmarans, E. & Joubert, A.M., 2014, ‘2-Etiel-3-O-sulfamoïel-estra-1,3,5(10)16-tetraeen veroorsaak seldood deur die intrisieke pad van apoptose’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1218, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1218
Note: This paper was initially delivered at the School of Environmental Sciences and Development of the North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa on 05 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

2-Ethyl-3-O-sulphamoyl-estra-1,3,5(10)16-tetraene causes cell death via the intrinsic pathway of apoptosis. 2-Ethyl-3-O-sulphamoyl-estra-1,3,5(10)16-tetraene (ESE-16), was tested in vitro on the esophageal carcinoma SNO cell line. Results showed induction of apoptosis via the intrinsic apoptotic pathway contributing toward the understanding of its action mechanism, providing cellular targets for in vivo investigation.

Esofaguskanker (EK) kom wêreldwyd as die agtste mees algemene kanker voor met die hoogste voorkomssyfer in China, Iran en Suid-Afrika. Weens die hoë sterftesyfer word dit ook as die 6de hoogste mortaliteitskanker geklassifiseer. In huidige studies, is die in vitro-effek van 2-etiel-3-O-sulfamoïel-estra-1,3,5(10)16-tetraeen (ESE-16), ’n unieke 17-beta-estradiolanaloog, op die esofaguskarsinoom SNO-sellyn getoets met ’n konsentrasie van 0.2 μM en blootstellingstyd van 24 h. Die moontlike induksie van seldood deur die intrinsieke apoptotiese pad is ondersoek met behulp van selmorfologie en spindelvorming, tesame met die mitochondriale membraanpotensiaal en kaspase drie en nege aktiwiteit. Morfologiese veranderings is bestudeer met Polarisasie-optiese differensiële inmenging kontras (PlasDIC), hematoksilien-eosienkleuring (H&E) en konfokale mikroskopie. Resultate het ’n afname in die seldigtheid, ’n metafase-blok en die voorkoms van apoptotiese liggaampies in die ESE-16 behandelde selle getoon. Vloeisitometriese resultate het gewys dat die mitochondriale membraan afgebreek word, terwyl spektrofotometriese resultate verhoogde aktiwiteit in kaspase drie en nege ensieme in die ESE-16 blootgestelde selle gewys het. Hierdie studie toon dat ESE-16 blootgestelde selle seldood deur die intrinsieke apoptotiese pad ondergaan. Dit dra by tot beter begrip van hierdie molekuul se reaksiemeganisme wat gevolglik sellulêre teikens vir ’n in vivo-ondersoek kan voorsien.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.