Au-nanopartikels met Ag-omhulsel vir CO₂-elektro-reduksie

Author: Retha Peach1
Affiliation: 1Catalysis and Synthesis research group: Chemical Resource Beneficiation, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Correspondence to: Retha Peach
Postal address: Private Bag X6001, Noordbrug 2520, South Africa
How to cite this abstract: Peach, R., 2014, ‘Au-nanopartikels met Ag-omhulsel vir CO₂-elektro-reduksie’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1020, 1 page http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1020
Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27 and 28 October 2012, North- West University, South Africa. Organising committee: Mr Rudi W. Pretorius (Department of Geography, University of South Africa), Dr Ettienne Snyders (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]) and Dr Cornie G.C.E. van Sittert (School of Physical and Chemical Sciences, North- West University).

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Au@Ag core-shell nanoparticles for CO2 electroreduction. The purpose of this research project is to find an active binary metallic catalyst for the electrochemical reduction of CO2. Different gold-silver nanoparticles will be synthesised and characterised physically and electrochemically with the use of a rotating ring disk electrode (RRDE) to assess the catalytic activity towards CO2 reduction.

Inhoud
Koolstofdioksied (CO2) is een van die gasse wat die grootste bydrae lewer tot die kweekhuiseffek as gevolg van menslike aktiwiteite. Daar is reeds verskeie projekte geloods om die akkumulasie van CO2 in die atmosfeer te beperk. Daar word meer spesifiek gepoog om CO2 elektrochemies te transformeer na bruikbare chemikalieë of brandstowwe. Die kombinering van CO2 en H2O se transformasie na syngas, wat industrieel geskik is vir die produksie van verskeie chemikalieë, is ’n toepassing met groot potensiaal. Die soektog na ’n aktiewe metaalkatalis vir dié tipiese reaksie ontlok groot belangstelling.

Die doel van die projek is die identifisering van ’n aktiewe binêre metaalkatalis geskik vir die elektrochemiese reduksie van CO2. Dit vereis die sintese en karakterisering van verskeie goud-silwer (Au@Ag) nanopartikels (NPs). Die verskeie NPs sal verskil in grootte, vorm en samestelling. Fisiese karakterisering sal analises, soos ’n X-straal diffraksiespektra (XRD) insluit om die suiwerheid van die kristallynstruktuur te bevestig, ’n transmissie-elektronmikroskopie (TEM) om die vorm NP gesintetiseer te bevestig en skanderingselektronmikroskopie (SEM) om die elementsamestelling (EDS) te bevestig, asook om die vorm van die NPs te bepaal.

Die elektrochemiese karakterisering word uitgevoer met ’n potensiostaat in ’n drie-elektrodesel wat ’n basiese elektroliet bevat waarin CO2 opgelos word. ’n Sikliese voltametriese (CV) studie word uitgevoer op die goue poli-kristallyn-elektrode vir die bepaling van sekere eksperimentele parameters soos die pH, elektrolietkonsentrasie, skanderingstempo en potensiaalgrense vir die optimale elektrochemiese reduksie van CO2.

Die roterende ringskyf-elektrode (RRDE) word as tegniek ingesluit vir ’n studie van die elektrode-reaksies. Die gevormde spesies tydens die reduksie van CO2 in die elektrolietoplossing, op die oppervlak van die elektrode, word gemonitor deur die roterende ring by vaste potensiale. Die kombinasie van CV- en chrono-amperometrie-studies (CA), terselfdertyd van beide ring en skyf, maak die evaluering van die katalitiese effektiwiteit teenoor die CO2-reduksie vir verskillende NP-kombinasies moontlik.

Dit is belangrik om ’n vergelyking te kan tref tussen die verskillende omhulde Au NPs en om te bepaal watter kombinasie van goud-silwer onder bepaalde omstandighede die mees effektiewe reduksie van CO2 sal bewerkstellig.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.