Original Research

Herbesin oor die opleiding van natuurwetenskaponderwysers in Suid-Afrika: Lesse uit Finland

Josef de Beer, Piet Ankiewicz
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie | Vol 36, No 1 | a1474 | DOI: https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1474 | © 2017 Josef de Beer, Piet Ankiewicz | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 23 June 2017 | Published: 07 December 2017

About the author(s)

Josef de Beer, Science and Technology Education, Faculty of Education, University of Johannesburg, South Africa
Piet Ankiewicz, Science and Technology Education, Faculty of Education, University of Johannesburg, South Africa


Share this article

Bookmark and Share

Abstract

Finland word dikwels gesien as die ‘goudstandaard‘ in natuurwetenskaponderwys, danksy die land se uitmuntende prestasie in internasionale toetse soos die program vir internasionale studentassessering (PISA) en tendense in internasionale wiskunde- en natuurwetenskapstudie (TIMSS). Daarteenoor laat Suid-Afrika se prestasie in TIMSS veel te wense oor. Volgens die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) se wêreldwye mededingendheidsverslag (2010–2011), is Suid-Afrika 137ste op die ranglys van 139 lande wat betref die gehalte van wiskunde- en natuurwetenskaponderwys. Die skrywers van hierdie artikel beskou die gehalte van natuurwetenskaponderwysers as die sleutel om hierdie probleem die hoof te bied. Ons dink na oor Finland as die ‘superoutoriteit’ in natuurwetenskaponderwys en oor lesse wat Suid-Afrika kan leer omtrent die verskaffing van beter voordiensopleiding vir studente wat hulle as natuurwetenskaponderwysers wil bekwaam. In hierdie artikel verbind ons ontluikende temas wat uit kwalitatiewe navorsingsdata na vore gekom het met aanbevelings oor hoe voordiensopleiding vir voornemende onderwysers verbeter kan word, gebaseer op die beste gebruike in Finland. Ons gebruik onderhoude met Finse onderwysers en onderwysdosente, skoolwaarneming in beide lande, artefakte soos die refleksies van Suid-Afrikaanse onderwysstudente oor hulle ondervindings in skole, en onderwysers se reaksies op die Sienings van die Aard van Natuurwetenskappe (Views of the Nature of Science)-vraelys. Die derdegenerasie–kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie (KHAT) word gebruik as ’n navorsingslens om ‘spanning/onderstrominge’ in natuurwetenskaponderwys in Suid-Afrika te beklemtoon, en ons dui aan hoe hierdie aspekte by die opleiding van onderwysers verreken kan word.

Keywords

Onderwyseropleiding; natuurwetenskaponderwys; kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie; Finse onderwys; Aard van Natuurwetenskappe

Metrics

Total abstract views: 415
Total article views: 439

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.