Die eerste Arachnida opname in die Noord-Wes Provinsie: Die Kgaswane Bergreservaat

Authors: A. van den Berg1; A.S. Dippenaar-Schoeman1; S. Mathebula1
Affiliations: 1Biosystematics: Arachnida, ARC-Plant Protection Research Institute, South Africa
Correspondence to: A. van den Berg
Postal address: ARC-Plant Protection Research Institute, Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa
How to cite this abstract: Van den Berg, A., Dippenaar-Schoeman, A.S. & Mathebula, S., 2013, ‘Die eerste Arachnida opname in die Noord-Wes Provinsie: Die Kgaswane Bergreservaat’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #850, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.850
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
The first arachnid survey from the North-West Province: The Kgaswane Mountain Reserve. Spiders have been collected monthly over a period of four years from the Kgaswane Mountain Reserve. The aim of this study was to compile the first species list of the spiders of the reserve and it contributes to our knowledge of the spider’s diversity of the North-West Province.

Inhoud
Die bewaring van ons ryk biodiversiteit in die land is krities as gevolg van die belangrike ekosisteem dienste wat gelewer word. Veral die belangrikheid van invertebraat diversiteit in ekosisteem funksionering, verdien al hoe meer erkenning as gevolg van hulle spesierykheid, biomassa en hul hoeveelhede. Om te kyk na die biodiversiteit van die Suid-Afrikaanse Arachnida is die Suid-Afrikaanse Nasional Opname van Arachnida (SANSA) in 1997 geïnisieer. Dit is ’n nasionale opname van Arachnida met die hoofdoel om die arachnid biodiversiteit in Suid-Afrika te bepaal vir die nodige bewaringsaksies. Verskeie projekte onder SANSA word onderneem en een hiervan is om die spesies wat reeds in bewaringsgebiede in Suid Afrika voorkom te bepaal. In hierdie studie word gekyk na die diversiteit van spinnekoppe in die Kgaswane Bergreservaat (voorheen Rustenburg Natuurreservaat) in die Noord-Wes Provinsie wat deel uitmaak van die Savanna Bioom. Spesieslyste is reeds beskikbaar vir verskeie provinsies, biome en bewaringsareas dwarsoor Suid-Afrika, maar daar is nog min bekend van Noord-Wes en hierdie is die eerste spesies lys van ’n reservaat in hierdie provinsie.

Die reservaat is suid-wes van die dorp Rustenburg geleë en is in 1974 geproklammeer. Dit beslaan die noordelike hange en kruin van die Magaliesberg. Die reservaat word oorheers deur rotsagtige riwwe met beboste klowe teen die ruwe hellings. Die Waterkloof Rivier het hier sy oorsprong en loop deur ’n rietvlei en ’n groot valleikom. ’n Uitgebreide plato vorm ’n belangrike wateropvanggebied vanwaar die hoof waterstroom in ’n rietmoeras vloei. Die Kgaswane Bergreservaat val binne die Savanna Bioom, ’n plantegroei tipe waarvan gras en bome die belangrikste komponente uitmaak. Hierdie bioom beslaan presies die helfte van Afrika se landoppervlakte en omtrent 35% van Suid-Afrika se landoppervlakte. Alhoewel die Kgaswane Bergreservaat as suurbosveld beskou word, varieer die plantegroei van grasland, struike, gemengde bome en selfs tot verspreide kolle fynbos. Die reservaat is geleë in die somer-reënval gebied met reën in die warm somermaande, koel droë winters en feilik die heel jaar sonskyn. Somertemperature wissel van 22 °C en 35 °C, die gemiddelde temperature van Mei tot Julie is 16 °C, maar dit kan ook wissel tussen 2 °C en 20 °C op een dag.

Spinnekoppe is een keer per maand oor ’n tydperk van vier jaar vanaf verskeie habitatte, soos gras en struike (met swaainette) en bome (met boomslaan tegniek), versamel. Aktiewe versameling van klipbewoners en webbouers is ook gedoen. Die versameling sluit min grondbewoners in omdat geen putvalle uitgesit is nie. Met sulke lang termyn versamelings neem dit enkele jare om al die eksemplare tot spesievlak geïdentifiseer te kry.

Die Kgaswane Bergreservaat het ’n ryk fauna en die meer as 1500 spinnekoppe wat versamel is, verteenwoordig 159 spesies van 106 genera en 38 families. Die krapspinnekoppe van die familie Thomisidae is die mees diverse familie teenwoordig met 35 spesies (22% van die totaal), gevolg deur die wawielwebspinnekoppe van die Araneidae met 26 spesies (16% van die totaal) en die grondspinnekoppe van die Gnaphosidae met 16 spesies (10%). Die meerderheid spesies (100) is dwaalspinnekoppe (63%) terwyl 59 spesies (37%) webbouers is. ’n Totaal van 128 spesies is nuwe rekords vir Kgaswane Bergreservaat en 8% van die Suid-Afrikaanse spinnekopspesies word reeds in hierdie reservaat beskerm.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.