Die invloed van saadbehandelings op die aktiwiteite van α-amilase, lipoksigenase en peroksidase tydens die ontkieming van grassade

Authors: M. Botha1; J.M. Berner1; M. Westcott1; K. Kellner1
Affiliations: 1School of Environmental Sciences and Management, North-West University, South Africa
Correspondence to: M. Botha
Postal address: Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa
How to cite this abstract: Botha, M., Berner, J.M., Westcott, M. & Kellner, K., 2013, ‘Die invloed van saadbehandelings op die aktiwiteite van α-amilase, lipoksigenase en peroksidase tydens die ontkieming van grassade’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #833, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.833
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
The influence of seed coatings on the activities of α-amylase, lipoxygenase and peroxidase on the germination of gras seeds. Coatings appears to have no negative effect on α-amylase, lipoxygenase and peroxidase of Panicum maximum, but appears to have a negative effect on α-amylase and LOX of Anthephora pubescens.

Inhoud
Die vestiging van plantegroei op mynhope is absoluut noodsaaklik vir die suksesvolle rehabilitasie daarvan. Grassade wat vir rehabilitasie van mynhope gebruik word, word gereeld met chemiese stowwe behandel om die ontkieming van die sade te verbeter en om die vestiging van saailinge te verseker. Die saadbehandelings bevat onder andere fungisiede, voedingstowwe en hormone. Die invloed van saadbehandelings op die biochemiese meganisme van ontkieming is nog baie onseker. Onsekerheid bestaan in die praktyk oor wat die invloed van saadbehandelings op die ensieme betrokke by ontkieming is. Die aktiwiteite van peroksidase (POD), lipoksigenase (LOX) en α-amilase is spektrofotometries bepaal in ontkiemende sade. LOX kataliseer die oksigenering van poli-onversadigde vetsure. Daar bestaan nog onsekerheid oor die rol van peroksidase (POD) tydens saad-ontkieming maar dit wil voorkom of dit ’n rol speel tydens die detoksifisering van H2O2. Hoë vlakke van H2O2 lei tot die inhibering van ontkieming en moet vinnig gedetoksifiseer word. α-Amilase is ’n kalsium metallo-ensiem wat verantwoordelik is vir die hidrolitiese afbraak van interne 1.4-glokosielbindings na ’n mengsel van oligosakkariede en uiteindelik na glukose, maltose, maltotriose en ’n verskeidenheid van vertakte dekstriene. Behandelde en onbehandelde sade van Panicum maximum en Anthephora pubescens is tydens die proef gebruik. Die sade is in petribakkies op klam ontkiemingspapier in ’n kultuurkamer by 20 °C ontkiem. Saad materiaal is na 2, 4, 6, 8 en 10 dae na inkubasie versamel en onmiddellik in vloeibare stikstof gevries waarna dit by -20 °C gestoor is vir verdere analises. Die ensiem-aktiwiteite van POD, LOX en α-amilase was spektrofotometries bepaal. Daar is gevind dat die aktiwiteit van beide LOX en POD in P. maximum sade hoër was as in die behandelde sade in vergelyking met die onbehandelde sade. Die aktiwiteit van α-amilase was oor die algemeen ook hoër in behandelde sade van P. maximum. POD aktiwiteit was hoër in behandelde sade van A. pubescens as in onbehandelde sade, alhoewel LOX aktiwiteit hoër was in die onbehandelde sade. LOX aktiwiteit was afwesig in behandelde sade van A. pubescens. α-Amilase aktiwiteit van A. pubescens in behandelde sade was ook baie laer as in onbehandelde sade. Sade met hoër ensiem-aktiwiteit is gewoonlik meer kiemkragtig omdat bergingsprodukte vinniger en meer doeltreffend aan die embrio beskikbaar gemaak kan word. Die hoër ensiem-aktiwiteit van behandelde sade van P. maximum dui daarop dat die omhulsel moontlik ’n positiewe effek het op die ontkiemingsproses van hierdie spesie en nie die ensiem aktiwiteite geïnhibeer het nie. Dit wil voorkom of A. pubescens verskillend as P. maximum reageer op die saadbehandelings as gevolg van die afwesigheid van LOX en α-amilase aktiwiteite. Die klaarblyklike afwesigheid van LOX aktiwiteit van die behandelde sade van A. pubescens kan ’n moontlike verklaring bied vir die lae kiemkragtigheid van die sade. POD aktiwiteit word klaarblyklik nie deur die saadbehandelings geaffekteer nie.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.