Spinnekop diversiteit in die Kalahari: Aanpassings vir oorlewing

Authors: A.M. van den Berg1; A.S. Dippenaar-Sehoeman2
Affiliations: 1Biosystematics: Insect Ecology, ARC-Plant Protection Research Institute, South Africa; 2Biosystematics: Arachnida, ARC-Plant Protection Research Institute, South Africa
Correspondence to: A.M. van den Berg
Postal address: ARC-Plant Protection Research Institute, Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa
How to cite this abstract: Van den Berg, A.M. & Dippenaar-Sehoeman, A.S., 2013, ‘Spinnekop diversiteit in die Kalahari: Aanpassings vir oorlewing’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #827, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.827
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Spider diversity of the Kalahari: Adaptation to survive. The Kalahari is a unique landscape extending over 2.5 million km2 of the interior of central Southern Africa. To date 344 species in 41 families of spiders have been collected in the Kalahari. Spiders have developed unique means of surviving in areas such as these.

Inhoud
Die Kalahari is ’n unieke landskap wat oor 2.5 miljoen km2 van die binneland van sentrale suidelike Afrika strek. Hierdie ongerepte droë savanna is grootliks ontoeganklik en oppervlakte water ontbreek vir die grootste deel van die jaar. Nogtans het talle lewende organismes by hierdie omgewing aangepas. Spinnekoppe is ’n hoogs suksesvolle groep diere wat wyd verspreid voorkom en belangrike predatore is in byna alle terrestriële ekosisteme. Hulle beklee die sewende plek wat globale diversiteit van terrestriële diere betref en 6% van die wêreld se fauna is bekend uit Suid-Afrika. Tot dusver is hulle egter grootliks geïgnoreer in bewaringsaksies in Suid-Afrika en is hulle in die verlede slegs per toeval beskerm in bestaande parke en natuurreservate. Met behulp van die Suid-Afrikaanse Nasionale Opname van Arachnida (SANSA) wat se hoof doelstelling is om ’n volledige lys van die aragno-fauna wat in Suid-Afrika voorkom op te stel, is bepaal dat daar ’n ryk spinnekopfauna in die Kalahari voorkom en dat daar tot op datum reeds 344 spesies in 41 families versamel is. Dit verteenwoordig 17% van die Suid-Afrikaanse spinnekoppe en 76% is grondbewoners en slegs 24% plant bewoners.

Hoë temperature, lang ure van sonlig, lang periodes sonder reën en water is sommige van die toestande wat teenwoordig is in hierdie unieke omgewing, wat spinnekoppe moet baasraak. Om in warm, droë gebiede soos die Kalahari te oorleef, het spinnekoppe spesiale aanpassingstegnieke ontwikkel om die hitte, warm sand, en lang tydperke sonder kos en water te oorleef. Meeste van die Kalahari spinnekoppe is snag aktief en bly in gate om die hitte te ontsnap. Verskeie ander meganismes, soos verlaging van hul metabolisme, kamoeflering en verskillende verdedigings meganismes word ook gebruik.

Van die interessantste Kalahari spinnekoppe wat van hierdie aanpassingsmetodes gebruik vir oorlewing sluit onder andere, die grondbewoners in: die sandduiker van die famlie Ammoxenidae wat met spesiale strukture aan hulle kaakkloue instaat is om onder die grond in te duik terwyl die ses-oog sand spinnekoppe van die familie Sicariidae weer hulle pote gebruik om sand bo-oor hulle liggame gooi om so onder die sand te verdwyn. Die wyfie en onvolwassenes van die bok-spoor spinnekoppe van die familie Eresidae maak tonnels in die sand wat met ’n sylaag uitgevoer word en die opening word met ’n sy flap bedek wat soos ’n bokspoor lyk. Die mannetjie verskil heeltemal van die wyfie en boots miere en wespes na terwyl hulle aktief rond beweeg op soek na paringsmaat. Lede van die familie Zodariidae staan bekend as sand swemmers en hulle duik ook onder die grond in om van die hitte te ontsnap. Lede van die families Oecobiidae en Hersiliidae bly onder klippe in die afwesigheid van bome. Van die groter spinnekoppe soos die bobbejaan- (Theraphosidae), valdeur- (Ctenizidae: Cyrtaucheniidae) en jagspinnekoppe (Sparassidae) is snags aktief en bly bedags diep in hulle sytonnels. Van die plantbewoners kom die tierspinnekoppe (Oxyopidae) en krapspinnekoppe (Thomisidae) algemeen voor. Die webbewoners (Araneidae) is snags aktief en gebruik hulle webbe om dou vas te vang.

Hierdie inligting is vervat in ’n boek oor die Kalaharie wat vroeër die jaar bekend gestel is. Volledige inligting oor hulle gedrag en morfologie word verskaf en is ryklik geïllustreer met foto’s en lyntekeninge. Dit is die eerste publikasie oor spinnekoppe van ’n spesifieke ekosisteem in Suid-Afrika.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.