Tetranychus urticae en Tetranychus cinnabarinus: Sinonieme of nie? (Acari: Tetranychidae)

Authors: E.A. Ueckermann1; M. Navajas2; P. Auger2; A. Migeon2; L.R. Tiedt3; D. Yanar4
Affiliations: 1Biosystematics: Arachnida, ARC-Plant Protection Research Institute, South Africa; 2National Institute of Agronomic Research, UMR CBGP (INRA/IRD/CIRAD/Montpellier SupAgro), France; 3Laboratory for Electron Microscopy, North-West University, South Africa; 4Department of Plant Protection, Gaziosmanpasa University, Turkey
Correspondence to: E.A. Ueckermann
Postal address: ARC-Plant Protection Research Institute, Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa
How to cite this abstract: Ueckermann, E.A., Navajas, M., Auger, P., Migeon, A. et al., 2013, ‘Tetranychus urticae en Tetranychus cinnabarinus: Sinonieme of nie? (Acari: Tetranychidae)’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #825, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.825
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Tetranychus urticae and Tetranychus cinnabarinus: Synonymous or not? The validity of Tetranychus urticae Koch (green form) and Tetranychus cinnabarinus Boisduval (carmine form) as two separate species has been questioned by many authors. A comprehensive study was initiated recently to address this issue using SEM, crossbreeding and molecular techniques.

Inhoud
Die twee rooispinmyt spesies van die familie Tetranychidae, Tetranychus urticae Koch en Tetranychidae cinnabarinus (Boisduval) is twee belangrike pesspesies van landbougewasse wat wêreldwyd voorkom. Die geldigheid van T. urticae (groen vorm) en T. cinnabarinus (karmyn vorm) as twee aparte spesies word egter vir jare deur navorsers bevraagteken. In 1955 is beide name beskou as sinonieme van T. telarius (Linn.). In 1956 is hulle status weer herstel en is hulle as twee aparte spesies erken op grond van die vorm van lobbe op die dorsaal strias. Tetranychus telarius was egter steeds die naam wat gebruik is vir die groen vorm. Die vorm van die lobbe en kleur, waarvolgens die twee spesies onderskei word, was aanvaar deur sommige navorsers maar verwerp deur ander. In 1979 is T cinnabarinus en T. urticae beskou as een spesie, hoofsaaklik as gevolg van hulle verenigbaarheid na telingseksperimente. Skandeer-elektronmikroskoop (SEM) -studies is in 1981 uitgevoer en net opvallende verskille in die digthed van die lobbe op die dorsal strias per 10 μm getoon, naamlik, gemiddeld 6.44 vir T. urticae en 7.47 vir T. cinnabarinus. Dit en die vorm van die lobbe was as voldoende beskou om die twee spesies te skei, hoewel die aedeagus van die mannetjie en ander kenmerke van beide geslagte ooreenstem. Die lob-digtheid kan egter varieer tussen lede van dieselfde spesies as gevolg van omgewingsfaktore. Verder het kruisings tussen die twee spesies, wat in 1963, 1977 en 1979 uitgevoer is, variasies in die vorm van die lobbe getoon.

’n Omvattende studie is onlangs geloods deur ’n span wetenskaplikes om die probleem verder te ondersoek. Die studie het op die vorm van die lobbe en hulle digtheid per 10 μm met behulp van die SEM gefokus. Kruistelings is gedoen en die hibriede verkry van die kruisings tussen populasies van die groen- en karmyn vorms is ook ondersoek vir variasies in die lobbe. Tans word daar ook molekulêre studies uitgevoer en hopelik sal daar binnekort ’n finale antwoord beskikbaar wees.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.