’n Histologiese assesering van spesifieke teikenorgane van twee Cichlid visspesies van die Phongolorivier, Kwazulu-Natal

Authors: A. Mooney1; J.E. van Dyk1; N.J. Smit1
Affiliations: 1Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa
Correspondence to: A. Mooney
Postal address: PO Box 524, Auckland Park 2006, South Africa
How to cite this abstract: Mooney, A., Van Dyk, J.E. & Smit, N.J., 2013, ‘’n Histologiese assesering van spesifieke teikenorgane van twee Cichlid visspesies van die Phongolorivier, Kwazulu-Natal’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #813, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.813
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
A semi-quantitative histological assessment of selected organs from two Cichlid species from the Phongolo River, Kwazulu-Natal. The aim of this study was to evaluate and compare the histological characteristics of target organs of two cichlid species. There was no significant difference between the two species and no signs of severe tissue degeneration.

Inhoud
Vis histopatologie kan as ’n doeltreffende biomerker in toksisiteitsstudies gebruik word. Daar is egter beperkte basislyn histologiese data beskikbaar vir inheemse visspesies wat in Suid-Afrikaanse riviere voorkom. Die doel van hierdie studie was om die histologie van spesifieke teikenorgane van twee Cichlid visspeisies, naamlik Tilapia rendalli en Oreochromis mossambicus, van die Phongolorivier te bestudeer en te vergelyk. Die studie is uitgevoer deur die toepassing van ’n kwantitatiewe histologiese assesering op spesifieke teikenorgane, naamlik die lewer, nier, kieue en die voortplantingsorgane van elke vis. Die visse is tydens ’n veldopname in 2009, in ’n onwettige kieunet in die Phongolorivier gevind, en na die nodige toestemming van Natuurbewaring verkry is, is weefselmonsters vir histologie versamel. Die groot aantal sterwende visse wat in die net vasgevang is, het die geleentheid gebied om ’n voldoende monstergrootte van albei visspesies te versamel. Elke vis se liggaamsmassa, lengte, asook die lewermassa is vir die berekening van onderskeidelik ’n kondisiefaktor en die lewersomatiese indeks gemeet. ’n Standaard nekropsie is uitgevoer en skubbe vir die ouderdomsbepaling is van elke vis versamel. Die histologiese resultate is ook met dié van ’n akwarium verwysingsgroep van Oreochromis mossambicus vergelyk. Geen teken van aansteeklike vissiektes of merkwaardige toksisiteits-verwante weefsel degenerasie is tydens die ondersoek gevind nie. Daar is egter histopatologiese veranderinge in die lewers, niere en kieue van vis van die Phongolorivier geïdentifiseer, en is soortgelyk aan die histologiese veranderinge teenwoording in dieselfde organe van vis van die verwysingsgroep. Volgens ’n klassifiseringsstelsel wat geskep is om die teikenorgane van visse op grond van die histopatologiese veranderinge teenwoordig te klassifiseer, val die gemiddelde orgaan indekswaardes van die vis van die Phongolorivier in Klas 1. Klas 1 dui op normale weefselstruktuur met min of geen histologiese verandaringe. Daar was nie ’n betekenisvolle verskil tussen die indekswaardes van die twee visspesies van die Phongolorivier en die waardes van die akwarium verwysingsgroep nie.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.