Die Suid-Afrikaanse Nationale Versameling van Arachnida: Dokumentering van Suid-Afrika se Arachnida biodiversiteit

Authors: P. Marais1; A.S. Dippenaar-Sehoeman1
Affiliations: 1Biosystematics: Arachnida, ARC-Plant Protection Research Institute, South Africa
Correspondence to: P. Marais
Postal address: ARC-Plant Protection Research Institute, Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa
How to cite this abstract: Marais, P. & Dippenaar-Sehoeman, A.S., 2013, ‘Die Suid-Afrikaanse Nationale Versameling van Arachnida: Dokumentering van Suid-Afrika se Arachnida biodiversiteit’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #809, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.809
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
The South African National Collection of Arachnida: Documenting South Africa’s Arachnida biodiversity. This specimen collection of about 180 000 Arachnida specimens and its comprehensive database, contains a wealth of associated taxonomic, biological and geographical information and is an indispensable research tool in various fields across the agricultural and environmental sectors.

Inhoud
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Versameling van Arachnida (NCA) het ontstaan in die laat vyftigerjare en het op daardie stadium slegs eksemplare van een van die Arachnida ordes - die Acari (myte) bevat het. Na vyf jaar (1968–1972) se intensiewe versameling van al die ordes van die Arachnida tydens ‘n groot Dieldrin projek het die noodsaaklikheid ontstaan om hierdie materiaal as deel van die NCA in te skakel. Die eerste kurator van die NCA-Arachnida versameling vir die ordes anders as die Acari is in 1976 aangestel. Die NCA-Arachnida versameling het vinnig gegroei met eksemplare wat tydens die eerste ekologiese opnames in agro-ekosisteme in Suid-Afrika gedoen is. Die versameling bevat tans eksemplare van ses ordes van Arachnida vanuit Suider-Afrika en enkele Afrika lande maar die meeste eksemplare is uit Suid-Afrika afkomstig.

Om hierdie rykdom van inligting meer toeganklik te maak vir navorsing is daar reeds in 1991 ‘n elektroniese relasie databasis tot stand gebring om die primêre data wat saam met eksemplare versamel is te huisves. ‘n Literatuur databasis is hieraan gekoppel om die literatuur met sleutelwoorde beskikbaar te stel. In 2000 is die databasis uitgebrei om taksonomiese, morfologiese, foto en verspreidings data van alle Arachnida spesies van die Afrotropiese Wyk in te sluit. Dit staan bekend as die Afrika Arachnida Databasis (AFRAD) en inligting oor meer as 6000 spesies is as feiteblaaie op die LNR webwerf vir die navorsingsgemeenskap en publiek beskikbaar. In 2006, na befondsing van fase 2 van die Suid-Afrikaanse Nasionale Opname van Arachnida (SANSA) deur die Suid-Afrikaanse Biodiversiteit Instituut (SANBI), is daar ‘n module bygevoeg wat verspreidingsdata van die meer as 2000 Suid-Afrikaanse spesies bevat wat onttrek is uit alle gepubliseerde taksonomiese en ekologiese artikels. Dit sluit data in van eksemplare wat in 27 museum versamelings wêreldwyd gehuisves word. Met SANSA het die NCA-Versameling van Arachnida in Suid-Afrika toegeneem en waar die gemiddelde aanwinste sowat 900 bottels per jaar was, het dlt toegeneem tot 6000 bottels wat in 2009 meer as 18 000 eksemplare verteenwoordig het. Met SANSA is ‘n verdere module tot die databasis gevoeg en dit bevat foto’s wat deur die publiek geneem is en op die LNR webwerf as ‘n Virtuele Museum bekend gestel word. Eksemplare vir die versameling is nie tot die SANSA span beperk nie, maar sluit ook opnames in wat deur natuurbewaringsagente, studente en ander navorsers ondeneem word, asook die publiek. Deur befondsing van SABIF (South African Bioinformatic Facility) is fondse beskikbaar om al die primêre data op die databasis te inkorporeer. Die versameling huisves tans meer as 45 000 bottels wat ongeveer 180 000 eksemplare verteenwoodig. Tans word eksemplare ook gestuur vir strepieskode evaluering wat ‘n belangrike toevoeging tot die versameling is. Hierdie versameling met sy databasis ondersteuning bevat ‘n rykdom inligting wat tans gebruik word in taksonomiese hersienings. Die inligting is ook beskikbaar vir endverbruikers soos bewaringsorganisasies en provinsies.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.