’n Histologiesgebaseerde visgesondheidstudie op Clarias gariepinus in die Hartebeespoortdam met ’n fokus op voortplanting
Author: T.L. Botha1; G.M. Pieterse1; I.E.J. Barnhoorn2; J.E. van Dyk1; M.J. Marchand1
Affiliation: 1Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa; 2Department of Urology: Andrology, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: T.L. Botha
Postal address: PO Box 524, Aucklandpark 2006, Johannesburg, South Africa
How to cite this abstract:
Botha, T.L., Pieterse, G.M., Barnhoorn, I.E.J., Van Dyk, J.E. et al., 2013, ‘’n Histologiesgebaseerde visgesondheidstudie op Clarias gariepinus in die Hartebeespoortdam met ’n fokus op voortplanting’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #790, 1 page.
http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.790
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.
Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the
Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution,
and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Referaatopsommings
|
Open Access
|
Abstract
A histology-based fish health study on Clarias gariepinus in the Hartebeespoort Dam with the focus on reproduction. A qualitative and quantitative histological assessment was done on the liver, gills and gonads. Focus was placed on reproductive health aspects by staging the gonads according to their reproductive development and assessing the motility of activated sperm using Computer Assisted Sperm Analysis.
Inhoud
Die skerptandbaber, Clarias gariepinus (Burchell, 1822) is as indikator visspesie gebruik om die gesondheid van vis in die besoedelde Hartebeespoortdam (HD) te bepaal en te vergelyk met die gesondheid van vis in die minder-besoedelde Groot Marico Bosvelddam (GMD). Dit is algemeen bekend dat die HD besoedeld is en as erg eutrofies geklassifiseer word. Die GMD daarenteen, is minder besoedeld en daarom as ’n verwysingsdam in die studie gebruik. Die Maricorivier voorsien die GMD van water en word ekologies as natuurlik beskou. Volwasse C. gariepinus is met kieunette gedurende laagvloei (n = 17) en hoogvloei (n = 20) seisoene in die HD, en eenmalig in die GMD (n = 20) versamel. ’n Histologie-gebaseerde visgesondheid-evaluering is gedoen. Dit sluit ’n volledige nekropsie, asook beide ’n kwalitatiewe en ’n semi-kwantitatiewe histologiese assessering van spesifieke teikenorgane naamlik die kieue, lewers, niere en gonades in. In die studie is daar ook gefokus op aanwysers van reproduktiewe gesondheid soos die gonadosomatiese indeks, volwassenheidstadia van die vis, asook die assessering van die motiliteit van geaktiveerde sperme. Vir die laasgenoemde is ’n Rekenaar-Ondersteunende Sperm Analise (ROSA), alom bekend as ‘Computer Assisted Sperm Analysis’ gebruik. Watermonsters van albei damme se fisiese eienskappe soos pH, temperatuur, en opgeloste suurstof is gemeet, en watermonsters is geanaliseer vir vlakke van spesifieke metale. Makroskopiese veranderinge is in die lewer en die testis van vis van die HD waargeneem, naamlik, die sigbare teenwoordigheid van vet in die lewermonsters asook ’n toename van interstisiële bindweefsel in ’n aantal van die testismonsters. Mikroskopies is steatose in die lewer waargeneem asook vakuolasie, nukluêre veranderinge van die hepatosiete en die teenwoordigheid van ’n groot aantal melanomakrofaagsentrums (MMS) en intrasellulêre depositos. Slegs die twee laasgenoemde histologiese veranderinge is in vis van die GMD waargeneem. Wanneer die resultate van die HD se laagvloei- en hoogvloei opnames vergelyk word, is meer veranderinge in die teikenorgane van vis wat tydens die laagvloei opname versamel is, gevind. Die ROSA resultate toon dat die motiliteit, snelheid, en progressie van sperme van vis van die HD laer is, in vergeleke met vis van die GMD. Geen abnormaliteite is waargeneem vir die geaktiveerde sperme van vis van die GMD nie. Die snelheid en progressie van vissperme het beduidend verskil (p < 0.05) tussen die HD monsters en dié van vis van die GMD. Volgens die spesifieke parameters wat geassesseer is, wil dit voorkom asof die water van die HD ’n nadelige invloed op visgesondheid kan hê.
|