Seleksie en karakterisering van rhizobiumrasse vir wortelknopvorming en voortplanting van weidingspeulgewasse

Authors: F.L. Bopape1; A.I. Hassen1
Affiliation: 1ARC-Plant Protection Research Institute, Pretoria, South Africa
Correspondence to: F.L. Bopape
Postal address: ARC-Plant Protection Research Institute, Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa
How to cite this abstract: Bopape, F.L. & Hassen, A.I., 2013, ‘Seleksie en karakterisering van rhizobiumrasse vir wortelknopvorming en voortplanting van weidingspeulgewasse’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #789, 1 page. http://dx.doi.org/ 10.4102/satnt.v32i1.789
Note: This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Screening and characterization of rhizobial strains for nodulation and propagation of forage legumes. Various rhizobium strains were tested and evaluated for nodulation efficiency and nitrogen fixation on selected forage legumes under glasshouse conditions. A diverse group of rhizobia was identified in nodulating forage legumes. These rhizobia are essential for selection and development of potential inoculants to improve the growth and quality of forage legumes in sustainable agriculture.

Inhoud
Weidingspeulgewasse is belangrike proteïenbronne en word deur kommersiële- en bestaansboere verbou om armoede te verlig. Weidingspeulgewasse onderhou grondgesondheid deur die proses van biologiese stikstofbinding deur middel van ’n komplekse simbiotiese verhouding wat tussen stikstofbindende bakterieë (rhizobia) en peulplante gevorm word. Sommige van die mees algemene weidingspeulgewasse wat in Suid-Afrika verbou word vir menslike- en dierlike verbruik, sluit Vigna unguiculata, Glycine max en Aspalathus linearis in. Elke peulgewas het ’n spesifiieke rhizobium waarmee dit ’n simbiotiese verhouding vorm. Verskeie rhizobiumrasse, verkry van die Suid-Afrikaanse Rhizobium Kultuurversameling (SARCC), is in hierdie studie getoets en geëvalueer om wortelknopvorming en stikstofbinding op geselekteerde weidingspeulgewasse onder glashuistoestande te bepaal. ’n Groot hoeveelheid van die rhizobiumrasse wat getoets is, het verbeterde wortelknopvorming en groei in Vigna, Dolichos, Stylosanthus, Trifolium, Indigofera en Aspalathus spesies tot gevolg gehad. Die peulgewasse wat geïnokuleer is met die effektiewe rhizobia was lowergroen, en effektiewe stikstofbinding is aangedui deur die teenwoordigheid van pienk wortelknoppies. Identifisering van die effektiewe rhizobia deur middel van polimerase ketting reaksie (PCR) en volgorde-bepaling van die 16S rRNA het aangetoon dat die meeste van die isolate tot die genus Bradyrhizobium, Mesorhizobium, Rhizobium, Burkholderia, Herbaspirillum en Methylobacterium behoort het. Die voorkoms van so ’n diverse groep rhizobia met die vermoë om wortelknoppies op weidingspeulgewasse te vorm, speel ’n uiters belangrike rol in die seleksie en ontwikkeling van potensiële entstof om die groei en kwaliteit van weidingspeulgewasse in volhoubare landbou te bevorder.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.