Mineralogiese studie en vloeistofevolusie van die Noumas-pegmatiete, Noord-Kaap, Suid Afrika

Author: Nequita MacDonald1
Affiliation: 1Department of Geology, University of the Free State, South Africa
Correspondence to: Nequita MacDonald
Postal address: PO Box 339, Bloemfontein 9300, South Africa
How to cite this abstract: MacDonald, N., 2013, ‘Mineralogiese studie en vloeistofevolusie van die Noumas-pegmatiete, Noord-Kaap, Suid Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art #417, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v32i1.417
Note: This abstract was presented at the ‘Studentesimposium in die Natuurwetenskappe 2011’, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of South Africa on 27–28 October 2011. 

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Mineralogical study and fluid evolution of the Noumas pegmatites, Northern Cape, South Africa. The research focuses on three major questions, namely the temperatures reached during the formation of the pegmatites hosted within trapped fluid inclusions, the compositional or chemical variation within the pegmatites, and lastly whether there is possibly a genetic model for the pegmatite deposit.

Inhoud
Gedurende die tydperk 1930–1955 het Hugo (1969), Schutte (1972), Beukes (1973) en Sohnge (1939) se navorsing gelei tot die ontdekking van drie pegmatietgordels in the Noord-Kaap. Die Noumas-pegmatiete het ontstaan tydens die Namaqua-Natal-gordelvorming, toe die Kaapvaal-Zimbabwe-kraton met die Kongo-kraton gebots het, 1000 Ma gelede. Die intrusies wat voorkom in die omgewing toon ouer (1000 Ma) of jonger (840 Ma – 950 Ma) ouderdomme.

Die Noumas I- en II-pegmatiete lê suid van Vioolsdrift. Hierdie afsettings is tipies van litiumryke afsettings en toon ʼn verskeidenheid mineraalfases wat tydens die ondersoek geïdentifiseer is as spodumeen, lepidoliet, ambligoniet en litiofiliet. Die gesoneerde komplekse afsettings bestaan uit die minerale kwarts, mikroklien-pertiet, plagioklaas en ondergeskikte beril, spodumeen en toermalyne.

Die navorsing beoog om die temperature waarby die pegmatiete ontstaan het, te bepaal met die hulp van mikrotermometriese analises, die verskil in samestellings waarin die pegmatiete voorkom, asook ’n moontlike generiese model waarvolgens die pegmatiete ontwikkel het.

In vorige literatuur word hierdie litiumverrykte pegmatiete met hul goed gedefinieerde verplaasde en intermediêre sones waarin die litium voorkom, ondersoek. Kartering van hierdie nou gangintrusies ontbloot mineralogiese soneringsprofiele asook groot gebiede waar alterasie (kaolinitisasie, albitisasie) plaasgevind het.

Spodumeen bestaan hoofsaaklik uit Li en Al met kleiner hoeveelhede Mn, Na, Fe en die spoorelement Ga. Die kondisies en verryking in spesifieke elemente wat tydens die vorming van die pegmatiete teenwoordig was, kan volgens verskillende tegnieke bepaal word.

Volgens voorlopige mikrotermometriese resultate met materiaal het vorming by tussen 116 °C en 254 °C plaasgevind. Daar is ook bewyse daarvan dat meer as een vloeistofindringing tydens die vorming van die pegmatiet voorgekom het. Die vloeistowwe word ook deur NaCl-soute gedomineer en is verryk in CO2, CH4 en H2O. Meer as een fase kom in die vloeistowwe voor.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

 

Crossref Citations

1. Magmatic-hydrothermal evolution of rare metal pegmatites from the Mesoproterozoic Orange River pegmatite belt (Namaqualand, South Africa)
Christophe Ballouard, Marlina A. Elburg, Sebastian Tappe, Christian Reinke, Henriette Ueckermann, Shane Doggart
Ore Geology Reviews  vol: 116  first page: 103252  year: 2020  
doi: 10.1016/j.oregeorev.2019.103252