Gesondheidassessering van visgemeenskappe blootgestel aan varkplaasuitvloeisel in die Vaalrivier, Suid-Afrika

Authors: Wihan Pheiffer1; Rialet Pieters1
Affiliations: 1School of Environmental Sciences and Development, North-West University, South Africa
Correspondence to: Wihan Pheiffer
Postal address: Private Bag X6001, Potchefstroom Campus, North-West University, Potchefstroom 2520, South Africa
How to cite this abstract: Pheiffer, W. & Pieters, R., 2012, ‘Gesondheidassessering van visgemeenskappe blootgestel aan varkplaasuitvloeisel in die Vaalrivier, Suid-Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #344, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.344
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Health Assessment of fish communities exposed to pig slurry in the Vaal River, South Africa. This study evaluated the effects of untreated pig slurry on the general health of the fish communities in the lower Vaal area by using the Fish Health Assessment Index (FHAI) together with morphological biomarkers such as Gonad Mass Index (GMI), Hepato-Somatic Index (HSI), the Condition factor (Cf) and microbial activity.

Inhoud
Die studie evalueer die moontlike effekte wat vrygestelde onbehandelde afloopsel van ‘n varkboerdery op die walle van die Vaalrivier op die algehele gesondheid van visgemeenskappe stroom-af van die besoedelingspunt kan hê. Alhoewel voerkrale ‘n effektiewe praktyk is om vee vet te voer voor hul geslag word, is hul soms die bron van akwatiese besoedeling. Groot volumes mis en urine word in die omgewing vanuit voerkrale vrygelaat deur middel van afloop of direkte storting. Mis is ‘n waardevolle hulpbron wat ‘n groot aantal bemestingstowwe kan vervang, maar dit hou ‘n groot gevaar in vir die omgewing as dit nie reg bestuur word nie. Mis verhoog die organiese en anorganiese nutriënte. Die verhoging verander die waterkwaliteit deur onder andere die troebelheid te verhoog en suurstofkonsentrasies te verlaag en kan lei tot eutrofikasie. Veeartseny-medikasie wat in voerkrale gebruik word, word soms halfpad gemetaboliseer in urine en mis vrygestel. Die medikasie, sowel as hul metaboliete kan nie-teiken organismes nadelig beïnvloed, ondermeer om as endokrieneversteurders op te tree. Die visgesondheidsassesseringsindeks (VGAI) is saam met ander biomerkers gebruik om die algemene gesondheid van die Oranje-Vaal moddervis (Labeo capensis) en die skerptandbaber (Clarias gariepinus) te bepaal. Die ander biomerkers het die gonade-massa-indeks (GMI), hepato-somatiese-indeks (HSI) en die kondisiefaktor (Kf) ingesluit. Monsterneming het tydens die hoog- en laagvloei-periodes van 2010 plaasgevind. Mikrobiese aktiwiteitstoetse sowel as die fekale koliforme en fekale streptococci-verhouding (FK/FS) is gebruik om die oorsprong van die fekale besoedeling vas te stel. Beide die inwendige en uitwendige afdelings van die VGAI het gewys dat die bevolking stroom-op van die besoedelingspunt, gesonder as dié stroom-af was. Die GMI in die visse stroom-af was groter as dié in die visse stroom-op, wat vergroting van die gonades en op moontlike endokrieneversteuring dui. Die kondisiefaktor was egter kleiner stroom-op van die besoedelingspunt, wat aandui dat daar beter lewenstoestande stroom-af van die varkplaas is as gevolg van meer voedingstowwe in die water. Daar was ‘n beduidende verskil in die mikrobiese aktiwiteit in die water stroom-af van die varkplaas, met ‘n verhoging in die totale koliforme, fekale koliforme en fekale streptococci. Die FK/FS het gewys dat die mikrobes in die water van veeboederye oorsprong het. Dit is ‘n aanduiding dat die varkplaas bygedra het tot die verhoogde mikrobiese aktiwiteit in die Vaalrivier, wat die algemene gesondheid van die visgemeenskappe in die area kon beïnvloed.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.