Vestiging van ’n soogdierselkultuur wat (anti-) androgeenaktiwiteit in die omgewing waarneem en semi-kwantifiseer

Authors: C.R. Swiegelaar1, Rialet Pieters1
Affiliations: 1School for Environmental Sciences and Development, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Correspondence to: C. Swiegelaar
Postal address: Private Bag X6001, Potchefstroom Campus, North-West University, Potchefstroom 2520, South Africa
How to cite this abstract: Swiegelaar, C.R. & Pieters, R., 2012, ‘Vestiging van ’n soogdierselkultuur wat (anti-) androgeenaktiwiteit in die omgewing waarneem en semi-kwantifiseer’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #324, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.324
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Establishing a mammalian cell culture which detects and semi-quantifies (anti-)androgen activity in the environment. There is evidence that the South African aquatic system is being polluted by endocrine disrupting chemicals. The aim of this study was to evaluate the effectiveness of a reporter gene assay to determine (anti-) androgenic effects in the aquatic environment. Androgen activity was found in some of the samples tested.

Inhoud
Die effekte van hormoonontwrigters (HO) op die mens en omgewing raak al hoe meer kommerwekkend. Die effekte kan varieer van klein veranderinge in fisiologiese en seksuele gedrag tot permanente verandering van seksuele differensiasie. Daar is reeds bewyse dat die akwatiese stelsels in Suid-Afrika met HO besoedel is. HO beland in omgewingswaters deur natuurlike prosesse, rioolafloop en nie-puntbron geassosieerde besoedeling. Sintetiese chemikalieë soos bisfenol-A (estrogeenaktief) en benzo-(a)-pireen (anti-androgeen) was van die eerste HO wat geïdentifiseer is. Hierdie verbindings het die potensiaal om in te meng met die liggaam se estrogeen- en androgeen-meganismes.

As gevolg hiervan is daar ’n behoefte vir die vestiging van siftingstoetse om vinnig, en groot hoeveelhede monsters, vir HO te toets. Siftingstoetse wat vir estrogeenaktiwiteit toets, is redelik bekend in SA omdat estrogeenaktiewe stowwe so algemeen voorkom. In hierdie studie word oor die vestiging van ’n siftingstoets vir androgeen-agtige verbindings gerapporteer.

Die doel van hierdie studie was om die effektiwiteit van ’n biosiftingstoets wat (anti-)androgeen effekte in die omgewing waarneem, te evalueer. Hierdie siftingstoets bestaan uit geneties gemodifiseerde borskankerselle wat lig vrystel in die teenwoordigheid van androgeen-agtige stowwe. Die hoeveelheid lig wat vrygestel word is direk eweredig aan die hoeveelheid androgeen-agtige stowwe wat in die monster teenwoordig was.

Die waterkwaliteit van twee watersuiweringsaanlegte met verkillende suiweringstegnologieë asook ’n rioolsuiweringsaanleg is ondersoek. Die water is geëkstraheer met behulp van die vastestoffase-esktraksiemetode en die ekstrakte is vir die selle gegee. Die resultate van die biosiftingstoets is ook met ’n geautomatiseerde ensiemgekoppelde-immuunresponstoets (GEI) wat slegs testosteroon waarneem, vergelyk.

Water van die watersuiweringsaansleg by die Vaal Barrage het nie positief getoets vir androgeenaktiwiteit met die siftingstoets nie. Water van die Potchefstroom watersuiweringsaanleg en die rioolsuiweringsaanleg het wel positief getoets en wel net by die inloop van beide aanlegte. Die GEI resultate het androgeenaktiwiteit in al die monsters waargeneem. Die testosteroonkonsentrasies het tussen 3.17 ng/L en 0.40 ng/L gewissel. Daar was geen statistiese betekenisvolle verskille tussen die drie aanlegte nie.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.