2-Metoksiëstradiol-bis-Sulfamaat ontwrig mikrotubulien netwerk, stuit selsiklus en induseer apoptose in ’n esofagus karsinoom sellyn

Authors: T.V. Mqoco1; Sumari Marais1; Annie M. Joubert1
Affiliations: 1Department of Physiology, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: T.V. Mqoco
Postal address: Private Bag X20, Hatfield 0028, South Africa
How to cite this abstract: Mqoco, T.V., Marais, S. & Joubert, A.M., 2012, ‘2-Metoksiëstradiol-bis-sulfamaat ontwrig mikrotubulien netwerk, stuit selsiklus en induseer apoptose in ’n esofagus karsinoom sellyn’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #321, 1 pages. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.321
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
2-Methoxyestradiol-bis-sulphamate disrupts microtubule network, arrests cell cycle and induces apoptosis in an esophageal carcinoma cell line. Future in vitro studies into the mechanism of this potentially anticancer drug are warranted.

Inhoud
Esofagus plaveisel karsinoom is een van die mees algemene kankers wat Swart Suid-Afrikaanse mans beïnvloed. Meer doeltreffende teenkanker middels word tans ondersoek, met die doel om nuwe verbindings te ontdek wat met behandeling sal help. 2-Metoksiëstradiol-bis-sulfamaat (2-MEOE2bisMATE) is ‘n bis-sulfamoïeleerde derivaat van estradiol naamlik 2-metoksiëstradiol (2ME2) wat natuurlik in die liggaam voorkom. 2-MEOE2bisMATE oefen antiproliferatiewe effekte beide in vitro en in vivo uit. In hierdie studie is die gevolge van 2-MEOE2bisMATE op tubulien strukture, selsiklus en apoptose induksie in ‘n esofagus karsinoom (SNO) sellyn ondersoek met behulp van konfokale mikroskopie, vloeisitometrie, transmissie elektronmikroskopie en spektrofotometrie. Immuunkleuring resultate het getoon dat mikrotubiel strukture ontwrig word in 2-MeOE2bisMATE-behandelde selle. Daarbenewens toon selsiklus analise van 2-MEOE2bisMATE-behandelde selle ‘n toename in die aantal selle teenwoordig in die G2/M-fase, sowel as in die sub-G1 fraksie (teenwoordigheid van apoptose). Die Annexin V-FITC toets het die induksie van apoptose bevestig. 2-MeOE2bisMATE het ‘n toename in die aantal selle in vroeë apoptose (16.5%) en laat apoptose (17.2%), getoon. Kenmerke van apoptose soos kernfragmentering en apoptotiese liggame is met behulp van transmissie elektronmikroskopie waargeneem. ‘n Toename in die aantal selle met verminderde mitochondriale membraan potensiaal en ‘n verhoogde kaspase 6 aktiwiteit is ook waargeneem in 2-MEOE2bisMATE-behandelde selle. ‘n Statisties onbeduidende toename in die vlak van die laktaat dehidrogenase produksie is waargeneem in die selle wat blootgestel was aan 2-MEOE2bisMATE. Die in vitro studie het aan die lig gebring dat 2-MeOE2bisMATE die mikrotubulien netwerk van die SNO-selle ontwrig, die selle in G2/M-fase geblokkeer het en apoptose geïnduseer het. Apoptose induksie is verder bevestig deur die toename in sub-G1, kaspase 6 aktivering en ‘n vermindering in die mitochondriale membraan potensiaal.

Hierdie studie dra by tot die begrip van die aksie meganisme van 2-MeOE2bisMATE behandelde esofagus karsinoom selle, aangesien die effekte nog nie nagevors is nie. Toekomstige in vitro studies om die meganisme van hierdie potensiële teen-kanker middel te bestudeer, is dus geregverdig.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.