Etologie studie op die Gewone Rivier padda (Amietia angolensis) met hulp van moderne tegnologiese mikrotransponders

Authors: Joanita Viviers1; T. Orlekowsky1; H. van Coller1; L.H. du Preez1
Affiliations: 1 School of Environmental Sciences and Development, African Amphibian Conservation Research Group, North West University, South Africa
Correspondence to: Joanita Viviers
Postal address: Private Bag X6001, Potchefstroom Campus, North-West University, Potchefstroom 2520, South Africa
How to cite this abstract: Viviers, J., Orlekowsky, T., Van Coller, H. & Du Preez, L.H., 2012, ‘Etologie studie op die Gewone Rivier padda (Amietia angolensis) met hulp van moderne tegnologiese mikrotransponders’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #302, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.302
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Monitoring the behavior of the Common River Frog (Amietia angolensis) with modern day technology Pit-tags. The study was conducted in the North-West University Botanical Gardens where all 18 ponds provide habitat for the river frogs. A total of 117 river frogs were marked with pit-tags. Their movements in the garden, between and within ponds were monitored over a period of 12 months. Results showed that river frogs are active throughout the year and that males are more territorial than females.

Inhoud
In die botaniese tuin van die Noordwes Universiteit is 18 damme en poele wat wissel van klein oranamentele poele tot groot damme. Hierdie damme bied huisvesting aan ‘n groot populasie Gewone Rivierpaddas (Amietia angolensis). Dit het die geleentheid gebied om ‘n gedragstudie op die paddas te doen. Alhoewel die rivierpadda baie algemeen in Suidelike Afrika voorkom is besonder min oor sy gedrag bekend.

Die Botaniese tuin is gekarteer en damme en poele genommer. Rivierpaddas is per hand gevang. ‘n Mikroskyfie [pit tag] met ‘n unieke kode is onder die vel ingeplant. Die padda se gewig, lengte, geslag en dam waar hy gevind is, is aangeteken. In die daaropvolgende aande is die paddas met die hulp van kopligte opgespoor. Paddas is geskandeer om hul te identifiseer. Die presiese posisie, oriëntering en gedrag van individuele paddas is aangeteken. In 2011 is die studie voortgesit, maar daar is meer aspekte bygewerk insluitende deurnag studies by die grootste dam met die oog om migrasie, roepe, interaksie tussen mannetjies en tussen mannetjies en wyfies te dokumenteer.

In 2010 is gevind dat migrasie wel binne damme asook tussen damme plaasvind. Daar is gevind dat mannetjies minder as die wyfies rondbeweeg. Die studie het ook uitgewys dat die rivierpadda ‘n komplekse roep het en dat die verskillende komponente van die roep ‘n rol speel in die handhawing van terrotoriums asook om wyfies te lok.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.