Verspreiding van verteenwoordigers van die genus Ergasilus sp. op die kieue van Lamprichtys tanganicanus in Tanganjikameer

Authors: Esmari Kilian1; Annemarie Avenant-Oldewage1
Affiliations: 1Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa
Correspondence to: Esmari Killian
Postal address: PO Box 524, Aucklandpark 2006, South Africa
How to cite this abstract: Kilian, E. & Avenant-Oldewage, A., 2012, ‘Verspreiding van verteenwoordigers van die genus Ergasilus sp. op die kieue van Lamprichtys tanganicanus in Tanganjikameer’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 31(1), Art. #286, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v31i1.286
Note: This abstract was initially presented at the annual Biological Sciences Symposium, presented under the protection of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. The symposium was held at the University of Johannesburg on 01 October 2011.

Copyright Notice: © 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Referaatopsommings
Open Access

Abstract
Distribution of Ergasilus sp. on the gills of Lamprichthys tanganicanus collected from Lake Tanganyika. Ergasilus sarsi was recorded on Lamprichthys tanganicanus collected in Lake Tanganyika. Prevalence was 84.40% and the mean intensity 7.56. Parsites occurrred predominatly on the distal portion of the second gill arch.

Inhoud
Vier spesies van die genus Ergasilus is reeds voorheen van visse in Tanganjikameer beskryf. Tydens ‘n onlangse versameling was Ergasilus sarsi op 32 Lamprichtys tanganicanus gevind. Visse is met handnette versamel. Nadat die visse doodgemaak is deur die rugstring te knip is die kieue verwyder en in asetoformaldehied-alkohol of in 70% etanol oplossing geplaas vir verdere studies. Kieue is daarna met behulp van ‘n disseksie mikroskoop ondersoek om vas te stel waar die parasiete vasgeheg het en ook hul digtheid. In totaal was daar 204 parasiete versamel met ‘n maksimum besmettingsdigtheid van 29 parasiete op een gasheer. Die persentasie besmettings was 84.40% met ‘n gemiddelde besmettingsintensiteit van 7.56. Dit is die eerste keer wat ‘n verteenwoordiger van die genus Ergasilus op L. tanganicanus gevind is. Die parasiete het ‘n voorkeur ten opsigte van die tweede kieue boog getoon en het hoofsaaklik op die distale gedeelte van die kieue voorgekom. Die tweede kieuboog is die grootste en bied dus ‘n groter vashegtingsoppervlak. Dit ontvang voorts ook ‘n groter gedeelte van die waterstroom oor die kieue. Hierdeur word die verspreiding van die eiers na ander gashere bevoordeel wat interspesie kompetisie beperk en tot voordeel van beide gasheer en parasiet strek.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.