Original Research

Die toets van ekstrakte uit Sutherlandia frutescens (Fabaceae) op Mycobacterium smegmatis in die behandeling van tuberkulose

Itumeleng H. Mabusa, Rachmond Howard, Peter Masoko
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie | Vol 36, No 1 | a1494 | DOI: https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1494 | © 2017 Itumeleng H. Mabusa, Rachmond Howard, Peter Masoko | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 21 November 2017 | Published: 14 December 2017

About the author(s)

Itumeleng H. Mabusa, Department of Biochemistry, Microbiology and Biotechnology, University of Limpopo, South Africa
Rachmond Howard, Planning & Institutional Support, University of Mpumalanga, South Africa
Peter Masoko, Department of Biochemistry, Microbiology and Biotechnology, University of Limpopo, South Africa


Share this article

Bookmark and Share

Abstract

Sutherlandia frutescens (L) R. Br. bevat verskeie essensiële bioaktiewe verbindings met farmakologiese aktiwiteit waarvoor daar kliniese bewyse bestaan. Sutherlandia word vir mense met tuberkulose voorgeskryf, maar niemand weet nog watter verbindings in hierdie plant Mycobacterium tuberculosis en die werking daarvan teenwerk nie. Hierdie studie het ten doel om te bepaal of S. frutescens antimikobakteriese verbindings bevat. Bogrondse dele van S. frutescens is gedroog, gemaal en met etanol:metanol [1:1] (vol./vol.) en water onttrek. Die chemiese profiel is bepaal deur hoëverrigting vloeistofchromatografie-massaspektrometrie en dunlaag-chromatografie te gebruik. Die dunlaagchromatografie is in butanol:asynsuur:water (BAW) [21:6:3], chloroform:metanol:water:mieresuur (CMWM1) [60:15:2:1] en CMWM2 [21:9:1:0.3] ontwikkel. Die kwalitatiewe anti-oksidant-aktiwiteit is bepaal deur 2.2 difeniel-2-pikrielhidrasiel (DFPH) te gebruik. Die antimikobakteriese aktiwiteit van die plantekstrakte is bepaal deur mikro-verdunning en bio-outografiese metodes teen Mycobacterium smeagmatis te gebruik. Ons het lae antimikobakteriese aktiwiteit teen M. smegmatis in die bio-outogramme waargeneem. Die profiele van die hoëverrigting vloeistofchromatograpfie-massaspektrometrie het meer verbindings in die etanolekstrakte as in die waterekstrakte aangedui. Die gemiddelde waardes vir minimum inhibeerderkonsentrasie vir al die ekstrakte was 0.61 mg/mL. Die DCM:MeOH (1:1) ekstrak het die laagste minimum inhibeerderkonsentrasie-waarde, naamlik 0.28 mg/mL gehad. Die resultate het getoon dat die plant verder vir moontlike antimikobakteriese agente ondersoek kan word. Lae aktiwiteit is waargeneem, waarskynlik as gevolg van stadig vermeerderende bacilli en nie-vermeerderende organismes. Die studie bied voorlopige wetenskaplike ondersteuning vir die tradisionele medisinale gebruik van hierdie plant.

 

Navorsing korrelasie: Hierdie artikel is die vertaalde weergawe en is beskikbaar gestel om ‘n breër lesersgroep te bereik. Die oorspronklike Engelse artikel is beskikbaar hier: https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1486


Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 54
Total article views: 793

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.