Kritici van etnobotaniese navorsing kan moontlik die vraag vra wat die relevansie daarvan is om die inheemse kennis rondom plantgebruike van verskillende kultuurgroepe op te teken. Hierdie artikel fokus op die waarde en voordele van etnobotaniese studies in die 21ste eeu. Die konteks is kwantitatiewe etnobotaniese opnames wat die afgelope klompie jare in Suid-Afrika gedoen is. Vir die bespreking van die Matriksmetode, wat deur Van Wyk en De Beer ontwikkel is, word daar verwys na sodanige opnames in die Hantam, in Calvinia se distrik, en die Kamiesberg in Namakwaland. Die praktiese implikasies van etnobotaniese studies word bespreek, en daar word spesifiek verwys na regsaspekte en intellektuele eiendomsreg. Daar word gekyk na die praktiese voordele en aanwending van etnobotaniese werk in (1) die kommersialisering van plantprodukte; (2) die bemagtiging van plaaslike gemeenskappe deur eko-toerisme; en (3) die rol van etnobotanie in skoolonderwys. Vervolgens word daar gekyk na die kulturele aanwending van etnobotanie, onder meer in (4) die skone kunste; (5) musiek; (6) kookkuns; (7) skryfkuns en poësie; (8) onomastiek (die oorsprong van plekname –met die naam ‘Hantam’ as spesifieke voorbeeld). Laastens word die kollig geplaas op ‘n gemarginaliseerde en dikwels afgeskeepte aspek van etnobotaniese navorsing, naamlik die magiese gebruike van toorplante.
Etnobotanie word deur Balick en Cox (
Ongelukkig word etnobotanie dikwels gekritiseer dat dit onwetenskaplik en nie rigoristies is nie. Verdere kritiek is dat inheemse kennis oor plantgebruike irrelevant is in die 21ste eeuse samelewing en bloot as anakronistiese kuriositeite beskou behoort te word. 'n Algemene beskouing is dat die tradisionele gebruike van plante van weinige waarde is in 'n moderne, digitale wêreld wat deur kommersiële produkte in supermarkte, apteke en klinieke oorheers word.
Die doel van hierdie artikel is om eerstens te wys dat diepsinnige en rigoristiese etnobotaniese inligting ingewin kan word deur gebruik te maak van verbeeldingryke en toepaslike metodologie. In die tweede plek word die enorme werklike en potensiële impak wat inheemse kennis van plante inhou, uitgewys. Daar word gepoog om die vraag te beantwoord wat dikwels gevra word, naamlik: Wat is die doel en waarde van etnobotaniese studies
Die mees algemeen gebruikte metode vir ethnobotaniese opnames staan bekend as die Snelle Taksasie-metode (‘
Etnobotaniese opnames in die Hantam, (a) Opnames met plaaslike mense; (b) Herbariumbewysstuk wat aan mense vertoon is (in hierdie geval,
Die belangrikste voordeel van die Matriksmetode is dat dit navorsers in staat stel om die vlakke van inheemse kennis en die relatiewe belang van bruikbare plantsoorte te kwantifiseer op 'n lokale sowel as globale, direk vergelykbare skaal. Die metode word alreeds in Mexiko toegepas, waar skoolkinders in groepe blootgestel word aan die metode (dr. Kalina Bermúdez Torres, persoonlike mededeling). Sodoende word statistiese data bekom van die vlakke van etnobotaniese kennis in Mexiko, wat soos Suid-Afrika 'n brandpunt is van botaniese en kulturele diversiteit. Vervolgens word daar stilgestaan by die fundamentele rol van inheemse kennis oor plantgebruike in die huidige en toekomstige sosio-ekonomiese konteks van Suid-Afrika. Eerstens word praktiese implikasies uitgewys, waarna 'n bespreking van die kulturele implikasies van etnobotaniese studies volg.
Twee stukke wetgewing is veral van belang in die konteks van inheemse kennis. Die eerste is die
Een van die probleme met die toepassing van die biodiversiteitswet is die identifisering van die houers van kennis. Konsepwetgewing is waarskynlik gebaseer op die idee dat plaaslike gemeenskappe van mekaar geïsoleer is soos byvoorbeeld tipies wel die geval is in die Amasonewoude, en dat elke bepaalde gemeenskap dus unieke besit van hul eie intellektuele eiendom het. In Suider-Afrika kan hierdie beginsel moeilik toegepas word omdat grootskaalse historiese uitruiling van kennis tussen gemeenskappe en kultuurgroepe plaasgevind het, wat waarskynlik oor duisende jare strek. Die feit dat die meeste volksname van Kaapse plante vandag Afrikaans is, is 'n duidelike demonstrasie van die grootskaalse uitruiling van kennis tussen die Khoi- en Saninwoners van die Kaap en die vroeë Europese setlaars. So is daar soortgelyke uitruiling tussen Xhosas en die Khoi in die Oos-Kaap, en selfs voorbeelde van interaksie tussen Sotho's en die San in Lesotho. Basothomense praat vandag nog van
Dit is noemenswaardig dat dit die enigste plant is wat eksplisiet deur Van der Stel (1685) uitgewys is as een met besondere kommersiële potensiaal, om gekweek en verwerk te word as 'n nuwe produk. Wat egter maklik misgekyk kan word, is die feit dat Van der Stel aangeteken het dat
'n Tweede interessante voorbeeld van eksplisiete, historiese dokumentering van kosbare inheemse kennis, is dié van die bekende apteker en botanis, dr. Rudolph Marloth, skrywer van die eerste
This is the real ghaap of the natives who use it as a substitute for food and water when both are scarce. The sweet sap reminds one of liquorice, and, when on one occasion thirst compelled me to follow the example of my hottentot guide, it saved further suffering and removed the pangs of hunger so efficiently that I could not eat anything for a day after having reached the camp.
Die heel eerste ooreenkoms tussen 'n kommersiële entiteit of agent (die WNNR) en 'n plaaslike gemeenskap, was die ontwikkeling van
Die beste strategie is waarskynlik om maatreëls in te stel wat die totale Khoi- en Sanbevolkings sal bevoordeel in gevalle waar gebruiksplante gekommersialiseer word. Dit lyk redelik en logies om aan te neem dat dit die Staat se verantwoordelikheid is om die inkomste wat uit belasting op suksesvolle, inheemse, kommersiële produkte bekom word, op 'n regverdige manier te versprei, en dus toe te sien dat arm gemeenskappe wie se kennis bygedra het tot die sukses van die produk op regverdige manier vergoed word. Sodanige maatreëls is waarskynlik reeds in plek, byvoorbeeld die bou van skole en klinieke in arm gemeenskappe, waar veel meer hulpbronne deur die Staat voorsien word as wat plaaslike gemeenskappe op sigself kan genereer.
'n Derde interessante voorbeeld is dié van rooirabas (
Dit is nie net produkontwikkeling wat voordeel uit inheemse kennis trek nie. Daar is ook verskeie kulturele aktiwiteite en dienste wat op inheemse kennis gebaseer kan word, byvoorbeeld publikasies en boeke, gemeenskapsbemagtiging deur onderwys (skole), asook ekotoerisme, en verskeie ander minder ooglopende toepassings wat in die volgende afdeling in die kollig geplaas word.
Suid-Afrika is wêreldbekend as 'n sentrum van botaniese en kulturele diversiteit. Gevolglik het akademici, en meer spesifiek etnobotaniste, die verantwoordelikheid om hierdie erfenis tot voordeel van toekomstige geslagte behoorlik te dokumenteer. Toerisme het vandag een van die leidende industrieë in die wêreld geword, en die aantrekkingskrag van bepaalde bestemmings hou direk verband met die biologiese en kulturele uniekheid wat daar ervaar kan word. Dit is duidelik dat die bevordering en toepassing van inheemse kennis, veral wat plante betref, 'n fundamentele bydrae kan maak tot die sosio-ekonomiese opheffing van Suid-Afrika en die Afrika-kontinent as 'n geheel, en dat dit in werklikheid die wese en gees van die konsep van die veelbesproke Afrika-Renaissance verteenwoordig. Die meeste van die produkte en dienste wat die moderne wêreld bied, was tot relatief onlangs slegs abstrakte moontlikhede (dink maar aan kernkrag, die rekenaar en die selfoon). Dit is dus moeilik om die volle impak van plante en die gebruike wat hulle in die toekoms moontlik kan hê, in hierdie stadium te visualiseer. Wat egter duidelik is, is dat ekotoerisme 'n toenemende bydrae tot werkskepping kan lewer. Die moderne toeris het gesofistikeerd geraak, en dus is dit lankal nie meer slegs olifante en leeus wat vandag die aantrekkingskrag vir buitelanse besoekers is nie. Japanse toeriste besoek Tafelberg byvoorbeeld in Januarie om die wonder van die
Tydens navorsing met 'n kundige deelnemer soos Jan Baadjies in die Agter-Hantam in Calvinia (
Etnobotaniese ondersoeke het reeds inslag gevind in die skoolkurrikulum. Die Kurrikulum- en Assessering-sbeleidverklaring in die natuurwetenskappe stel dit duidelik dat inheemse kennis in die klaskamer bevorder moet word. Onderwysers en onderwysowerhede benodig egter die kundigheid om dit te implementer, en hier kan etnobotaniese navorsing waardevol wees. De Beer en Van Wyk (
Die planterykdom van Suid-Afrika is een van die uniekhede van ons land wat groot potensiële voordele inhou en wat as 'n unieke verkoopargument vir die land beskou kan word. Genadendal in die Wes-Kaap is 'n inspirerende, maar onderskatte sentrum van die Khoi se kulturele erfenis, tot so 'n mate dat president Nelson Mandela in 1995 die amptelike residensie van die president in Kaapstad van Westbrook na Genadendal herdoop het, as 'n huldeblyk aan die ryke en unieke nalatenskap van die Khoi. Dit is egter tragies om te sien dat die inheemse kennis van plante in hierdie sentrum agterweë gebly het, en dat daar tans skynbaar geen kenners is van die gebruike van tradisionele plante in die omgewing van Genadendal nie.
Plante maak 'n bydrae tot talle fasette van kultuur. Hulle dien as inspirasie vir die kuns (beide skilderkuns en botaniese illustreerkuns), lirieke, ontwerpe, naamgewing (plekname), kookkuns, asook skryfkuns en poësie, om slegs 'n paar te noem.
Plante en blomme dien dikwels as inspirasie vir kunstenaars. Dit is veral in die botaniese kuns dat Suid-Afrika internasionale erkenning kry vir die gehalte van die werk van botaniese illustreerders.
Musiek is 'n belangrike aspek van kultuur, en plante soos waterblommetjies (
Voorbeelde van eg-Suid-Afrikaanse voedselplante: (a) Goewerneursboontjies (
Een van die mees treffende voorbeelde van die gebruik van plante in die skryfkuns is sekerlik dié van Boerneef (die skuilnaam van die digter I. W. van der Merwe, 1897–1967). Hier is 'n bekende voorbeeld, 'n gedig uit
Daar word verwys na die renosterbos (
Etnobotaniese veldopnames kan ook 'n bydrae maak om die oorsprong van plekname verder te ontrafel. Khorixas in Namibië is, byvoorbeeld, die Damaranaam vir
Volgens Nienaber (
From Tuais we saw the long line of the Un'uma, or Bulb Mountain, two or three thousand feet high, east of us. [
Unúma en Hantam is volgens hierdie outeur 'n poging om die Hottentotwoord!han?ami (!hani,
Smith (
Die name
Raper, Möller en Du Plessis (
'n Uitsonderlike en raaiselagtige aspek van inheemse plantgebruik en inheemse kultuur is die benutting of toepassing van plante wat nie maklik wetenskaplik verklaar kan word nie. Bygelowe en metafisiese rituele vorm deel van die kulture en literatuurerfenisse van die meeste lande ter wêreld, maar Suid-Afrika is waarskynlik uniek omdat die magiese gebruik van plante in die verlede aktief onderdruk is (Die Bekamping van Heksery, Wet van 1957, wat voortspruit uit vroeër wetgewing van 1895 [Ashforth
Die manier waarop uitdrukking gegee is aan konsepte soos kieme (‘bose geeste’) en koors (‘die toestand van die voël’) is sprekende voorbeelde van die misverstand wat kan ontstaan tussen die reduksionistiese Westerse beskouing, en die meer holistiese en metafisiese beskouing van ongeletterde mense wat tot onlangs nog totaal aangewese was op natuurprodukte vir hul oorlewing, en wat nie die tegniese insig gehad het om dramatiese natuurverskynsels op 'n rasionele manier te verklaar nie (meer hieroor later in hierdie afdeling). Daar is ook 'n sterk element van psigologiese behandelings wat deel uitmaak van 'n holistiese genesingskultuur: talle plante word dus gebruik, nie as chemiese entiteite met 'n biochemiese werking nie, maar as demonstrasies en rituele wat dien om bepaalde emosionele en/of spirituele doelwitte te bereik. 'n Interessante voorbeeld is die opstandingsplant (
Vroeër is die voorbeeld van kieme en bose geeste genoem, wat nou verder belig word. Verwysings na ‘bose geeste’ (byvoorbeeld in die huis) sal waarskynlik onmiddellik met agterdog bejeen word deur 'n Westerse persoon wat geen ervaring van inheemse kultuur het nie. Bose geeste in 'n huis is geassosieer met aansteeklike siektes, en dit verwys na een of ander onverklaarbare mag wat mense siek of selfs dood kan maak. Sonder toegang tot die mikroskoop kon daar tog nie van mense verwag word om 'n wetenskaplike verklaring vir die oorsake van siektes te gee nie. Talle plante word tradisioneel teen bose geeste gebruik. 'n Treffende voorbeeld is ‘
Vervolgens meer inligting oor koors, en die metafoor van die voël, waarna vroeër verwys is: 'n Merkwaardige voorbeeld van Afrika-mitologie is aangeteken tydens 'n besoek aan die sentrale Kalahari. Hierdie verhaal word vertel in Van Wyk en Gericke (
In die ondersoek in die Hantam was dit opvallend hoe Jan Baadjies, 'n persoon wat die plante van die streek en die medisinale waarde daarvan baie goed ken, dikwels na die paljasgebruike van plante verwys het. In 'n onderhoud het hy byvoorbeeld verwys na interessante metafisiese manifestasies, byvoorbeeld hoe Kaatjie Hoesaar, die Sanvrou by wie hy sy opleiding ontvang het, in 'n leeu kon verander het. Low (
Nog 'n baie interessante bevinding tydens etnobotaniese opnames, beide in die Agter-Hantam (De Beer & Van Wyk
The large Watersnake carries a beautiful shiny gemstone on her head. At a great distance, the gleam of this gemstone can be seen, and it shimmers with exceptional light rays that far exceed the light of the Moon; because it can clearly be seen at noon on the brightest sunshiny day. [
Etnobotanie as 'n vakgebied is met rasse skrede aan die groei, en die ontwikkeling van die rigoristiese en stipte Matriksmetode vir sodanige ondersoeke, hou die voordeel in dat die patrone van plantgebruike in verskillende gebiede en selfs wêrelddele direk met mekaar vergelyk kan word. Tydens die studie in die Hantam, kon die oorsprong van die gebied se naam herlei word na die plant
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verhouding(s) het wat hom op 'n positiewe of negatiewe wyse by die skryf van die artikel kon beïnvloed het nie.