Article Information

Author:
Daniel Boshoff1

Affiliation:
1Department of Geography, Environmental Management and Energy Studies, University of Johannesburg, South Africa

Correspondence to:
Daniel Boshoff

Email:
boshods@unisa.ac.za

Postal address:
PO Box 524, Auckland Park 2006, South Africa

How to cite this abstract: Boshoff, D., 2015, ‘Assessering van die gehalte van omgewingsinvloed-bepalingsverslae met betrekking tot hernubare-energieprojekte in Suid-Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 34(1), Art. #1316, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v34i1.1316

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 06 and 07 November 2014, Science Campus, University of South Africa. Organising committee: Mr Rudi W. Pretorius and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa) and Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]).

Copyright Notice:
© 2015. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals.

This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Assessering van die gehalte van omgewingsinvloed-bepalingsverslae met betrekking tot hernubare-energieprojekte in Suid-Afrika
In This Referaatopsomming...
Open Access
Abstract
Abstract

An assessment of environmental impact assessment report quality pertaining to renewable energy projects in South Africa. The study evaluated the quality of basic assessment reports (BARs), dealing with renewable energy projects in South Africa. To address the problem, the Lee-Colley Review Package was utilised with adaptations where feasible. The overall quality of BARs was found to be 70% satisfactory, whilst 80% of the overall scores were borderline grades.

In die afgelope paar jaar is daar heelwat omgewingsinvloedbepalingsverslae (OIBV’e) oor hernubare-energieprojekte ingedien vir goedkeuring in Suid-Afrika. ’n OIBV van hoë gehalte lig alle belanghebbendes in oor die potensiële invloed van so ’n projek op die omgewing en stel besluitnemers daardeur in staat om beduidende invloede te identifiseer en voortydig versagtende maatreëls vir hierdie invloede in werking te stel. ’n Doeltreffende proses om invloede op die omgewing te bepaal verseker dat besluitnemers die voor- en nadele van die voorgestelde projek deeglik beoordeel. OIBV’e van lae gehalte kan daartoe lei dat die besluitnemingsprosesse negatief geraak word. Die gehalte van OIBV’e word egter wêreldwyd asook in Suid-Afrika gekritiseer. Dit is dus noodsaaklik om die gehalte van projekte rakende hernubare energie te evalueer.

In hierdie studie is die gehalte van basiese impakverslae (BIV’e) met betrekking tot hernubare-energieprojekte in Suid-Afrika geassesseer. Dit is gedoen om onder meer te bepaal of dié projekte die potensiaal het om volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te bereik deur skoon ontwikkelingsmeganismes (SOM's), soos vervat in die Kyoto Protokol. Die hernubare-energiebedryf floreer sedert Suid-Afrika verbind is tot die SOM's onder die Kyoto Protokol in ’n poging om die hoë koolstofdioksied-vrystellings (CO2) te bekamp. Hoewel die opwekking van energie met behulp van hernubare bronne dikwels as ‘skoon’ en ‘onskadelik’ beskou word, kan hierdie projekte wel negatiewe invloede op die omgewing hê. Sodanige invloede sluit, onder meer, die oorstroming van kusvlaktes (getykrag), uitbreiding na landbougrond (bio-energie) en bedreiging vir voëls (windturbines) in. Daarom moet gepaste versagtende maatreëls geïdentifiseer en toegepas word om die beduidende negatiewe invloede op die omgewing te beperk wat die benutting van hernubare-energiebronne inhou, en sodoende volhoubare ontwikkelingsdoelwitte na te streef.

Die Lee-Colley-beoordelingstelsel is, met ’n paar veranderings, gebruik om die navorsingsvraag aan te pak. Slegs 70% van die OIBV’e se algehele gehalte was bevredigend (A–C-simbole), terwyl 80% van die OIBV’e as grensgevalle geïdentifiseer is ten opsigte van hul algehele gehalte (C–D-simbole). Die algehele gehalte van die OIBV’e kan dus as marginaal beskou word. Aspekte wat verband hou met die projekbeskrywing (saam met die identifisering en bepaling van impakte) is meer doeltreffend gehanteer as dié wat verband hou met alternatiewe, versagtende maatreëls en kommunikasie van die OIBV’e se bevindinge. Sterk punte van die bepaling van invloede op die omgewing is geïdentifiseer as die beskrywings van die projekte (doelwitte en aard van die projekte) en hul liggings. ’n Paar tekortkominge rakende die OIBV’e met betrekking tot hernubare-energieprojekte het ook na vore getree. Die tekortkominge sluit onvoldoende nietegniese opsommings en gebrekkige samevattings van die hoofbevindinge in. Die afwatering en vertroebeling van aspekte wat verband hou met afvalbestuur en versagtende maatreëls, asook die rangskikking van die belangrikheid van invloede (klem), word as kommerwekkend beskou. Die taamlik marginale gehalte van OIBV’e met betrekking tot hernubare-energieprojekte kan moontlik toegeskryf word aan ’n gebrek aan voldoende (menslikehulpbron-) kapasiteit en deursigtigheid in die OIB-proses in Suid-Afrika. Hierdie aspekte is verder uitgelig deur vae beskrywings van metodes om die invloed te bepaal, onvoldoende toeligting van versagtende maatreëls, ’n hoë mate van partydigheid, asook deur die gebrekkige kommunikasie van OIB-bevindinge aan alle belanghebbendes en besluitnemers.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.