<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">SATNT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0254-3486</issn>
<issn pub-type="epub">2222-4173</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">SATNT-34-1297</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/satnt.v34i1.1297</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Oorspronklike Navorsing</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Die brein soos beskou deur die Grieke en Romeine</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Retief</surname>
<given-names>Francois P.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname>Cilliers</surname>
<given-names>Louise</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Greek, Latin and Classical Studies, University of Free State, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Correspondence to:</bold> Louise Cilliers, <bold>Email:</bold> <email xlink:href="clouise@mweb.co.za">clouise@mweb.co.za</email> <bold>Postal address:</bold> 33 Paul Roux Street, Dan Pienaar, Bloemfontein 9301, South Africa</corresp>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Retief, F.P. &#x0026; Cilliers, L., 2015, &#x2018;Die brein soos beskou deur die Grieke en Romeine&#x2019;, <italic>Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie</italic> 34(1), Art. #1297, 4 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v34i1.1297">http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v34i1.1297</ext-link></p></fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>06</day><month>11</month><year>2015</year></pub-date>
<pub-date pub-type="ppub"><year>2015</year></pub-date>
<volume>34</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1297</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>17</day><month>02</month><year>2015</year></date>
<date date-type="accepted"><day>26</day><month>08</month><year>2015</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2015. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2015</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<title>Abstrak</title>
<p>In Ou Egipte is mummifikasie met uitgebreide reseksie of uitsnyding van organe geassosieer, maar geen kennis is geneem van die morfologie van die brein nie. Griekse skrywers van die sesde en vyfde eeue v.C. het die brein aanvanklik gesien as die setel van intelligensie, die orgaan van sensoriese waarneming en gedeeltelik die oorsprong van sperma. Pneuma het &#x2019;n belangrike rol in breinfunksie gespeel. Hippokrates was die eerste om die brein te beskryf as &#x2019;n dubbele orgaan, wat met harsingvlies (meninges) bedek, funksioneel van pneuma afhanklik en vertolker van begrip is. Tydgenote soos Plato, Aristoteles en Diokles het tot die beskrywing bygedra, maar laasgenoemde twee het beweer dat die hart die middelpunt van intelligensie is en nie die brein nie. Gedurende die laaste helfte van die vierde eeu v.C. is disseksie van die menslike liggaam tydelik aan die mediese skool van Alexandri&#x00EB; toegelaat en het dit tot merkwaardige vooruitgang in die begrip van die menslike anatomie en fisiologie gelei. Herofilus en Erasistratus het uitstekende beskrywings van die struktuur en funksie van die brein gegee wat eers in die tweede eeu n.C. deur Galenus ge&#x00EB;wenaar is.</p>
</abstract>
<trans-abstract xml:lang="en">
<title>Abstract</title>
<p><bold>The brain as viewed by the Greeks and Romans.</bold> In Ancient Egypt mummification was associated with extensive organ resection, but the brain was removed through a hole cut in the ethnocide bone. It was thus not observed as an organ. Greek writers of the 6th and 5th centuries BC originally said the brain was the seat of intelligence, the organ of sensory perception and partially the origin of sperm. The substance pneuma, originating from fresh air, played an essential role in brain function. Hippocrates initially described the brain as a double organ, covered by meninges and responsible for perception. Contemporaries like Plato, Aristotle and Diocles confirmed the findings though the latter two considered the heart to be the centre of intelligence. During the late 4th century BC, with the onset of the Hellenistic era of medicine, dissection of the human body was temporarily allowed at the medical school of Alexandria, and this led to a remarkable advance in the understanding of human anatomy and physiology under Herophilus and Erasistratus. Their excellent descriptions of the structure and function of the brain was only matched and surpassed by Galen in the 2nd century AD.</p>
</trans-abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Trepanering van die skedel as terapeutiese maatre&#x00EB;l is reeds sedert Neolitiese tye gedoen. Hoewel &#x2019;n mate van kennis van die skedelmembrane en veneuse sinusse nodig is om hierdie prosedure suksesvol uit te voer, het dit geen insig in die eienskappe van die brein gebied nie. In hierdie studie word die progressiewe ontwikkeling van kennis met betrekking tot die struktuur en funksie van die brein in die antieke tye kronologies weergegee.</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Die vroe&#x00EB; era</title>
<p>In Ou Egipte was mummifikasie met uitgebreide reseksie van inwendige organe geassosieer, maar die brein is verwyder deur die neus en &#x2019;n gat wat in die etmo&#x00EF;edbeen geboor is (Sigerist <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1955</xref>:353). Die brein is dus nie as &#x2019;n orgaan gehanteer nie. Nunn beweer dat die eerste menslike kontak met die brein in ongeveer 1550 v.C. in die Edwin Smith-papirus (gevalle 6 en 8) opgeteken is. Hier vind ons die beskrywing van hoe iemand sy hand deur &#x2019;n opening in die skedel gesteek en &#x2019;n orgaan met &#x2019;n &#x2018;geriffelde oppervlak&#x2019; betas het &#x2013; die oppervlak het waarskynlik die brein se konvolusies weergegee. Daar is ook kennis geneem van die meningeale bedekking en vog om die brein (Nunn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1999</xref>:50&#x2013;51). Die brein is nie met denke of liggaamsbeheer geassosieer nie. Volgens Sigerist was die enigste funksie van die brein wat opgeteken is die veronderstelde produksie van slym wat tydens verkoue deur die neus te voorskyn kom (1955:353).</p>
<p>Dis moontlik dat die stelling dat menslike sperma gedeeltelik in die brein ontstaan, oorspronklik uit Persi&#x00EB; kom. Von Staden noem dat hierdie enkafologene teorie van sperma die Griekse w&#x00EA;reld waarskynlik in die sesde eeu v.C. deur Alexander Polyhistor van die skool van Pitagoras bereik het (1989:288&#x2013;289). Die siening dat &#x2019;n substans &#x2018;pneuma&#x2019;, &#x2018;n belangrike rol in die funksionering van die brein speel, het ook in die sesde eeu ontstaan, aanvanklik deur die geskrifte van Anaximenes (546&#x2013;528 v.C.). Vir hom het pneuma hoofsaaklik uit buitelug ontstaan. Alkmaeon van Kroton vroe&#x00EB; 5de eeu v.C.) het beweer dat die brein die setel van die intellek en die orgaan van sensoriese waarneming is (Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:60). Die o&#x00EB;, ore, smaak en reuk is almal via openinge in die skedel met die brein verbind. Hy het die teorie van enkefalogene spermproduksie gesteun (Longrigg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1993</xref>:53, 56&#x2013;60). Anaxagoras (500&#x2013;426 v.C.) het ook geskryf oor sensoriese waarneming en beweer dat die brein spesifieke areas vir hierdie funksie het (Craik <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1998</xref>:102). Demokritos (460&#x2013;370 v.C.) het die konsep dat die brein die sentrum van intelligensie is, onderskryf (Longrigg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1993</xref>:56).</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Die Hippokratiese era</title>
<p>Hippokrates (469&#x2013;399 v.C.) word nog steeds as die Vader van die Geneeskunde beskou. Die Hippokratiese Korpus, waaruit ons sal aanhaal, beslaan 69 werke, hoewel nie almal deur Hippokrates self geskryf is nie. Die werke is geskryf oor &#x2019;n lang periode in die vyfde en vierde eeue v.C. en in verskillende gebiede (Retief &#x0026; Cilliers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">2000</xref>:10&#x2013;14). Sy anatomiese beskrywing van die brein was beperk. Volgens hom is die brein &#x2019;n dubbele orgaan met &#x2019;n dun membraan tussen die twee helftes. Die bloedtoevoer bestaan hoofsaaklik uit twee groot venes, afkomstig van die lewer en milt; veneuse vertakkings bereik ook die regteroor, die regteroog en die neusgate. Die brein is bedek deur twee membrane &#x2013; &#x2018;n veselagtige membraan (<italic>dura mater</italic>) en &#x2019;n vaskul&#x00EA;re membraan (<italic>pia mater</italic>). Breinfunksie is afhanklik van die bloedtoevoer en die pneuma (lug) wat dit vervoer. Die brein is die vertolker van begrip en gee aanleiding tot vreugde, angstigheid, droefheid, pyn en trane (Hippokrates, The <italic>sacred disease</italic> :cc. 6, 17, 19).</p>
<p>Verskeie siektes is met die brein geassosieer. Die &#x2018;heilige siekte&#x2019; (epilepsie) was volgens Hippokrates nie heilig nie, maar is veroorsaak deur fisieke abnormaliteite in die brein wat behandel kon word indien dit ge&#x00EF;dentifiseer is. Konvulsies was algemeen onder kinders maar het grootliks in latere lewe verdwyn. Dit kon ook deur verskeie ernstige siektes veroorsaak word. Vog op die brein en &#x2019;n oormaat van slym veroorsaak kranksinnigheid, ontsteltenis, abnormale visie en gehoor (Hippokcrates, The <italic>sacred disease</italic> cc.17, 18, 21). Die simptome en oorsake van harsingkoors is uitvoerig beskryf. Nies word veroorsaak deur oorverhitting van die brein, en nekrose van die brein lei tot die dood (Hippokcrates, <italic>Epidemics</italic> 1.12, 15&#x2013;22; 2.3, 6, 11).</p>
<p>Die tekstuur van die rugmurg is dieselfde as di&#x00E9; van die brein. Die enkefalogene oorsprong van sperma is aanvaar. Spontane wuif-, gryp- en skeurbewegings van die hande dui op &#x2019;n ernstige prognose in harsingskoors. Hewige seisoenale weersomstandighede lei tot breindisfunksie weens die uitermate slegte lug wat ontstaan (Hippokrates: <italic>Prog</italic>n<italic>osis</italic> c.4; <italic>The sacred disease</italic> c.20).</p>
<p>Plato (429&#x2013;349 v.C.) het die brein ook beskou as die sentrum van intelligensie en het geglo dat dit gedeeltelik vir die produksie van semen verantwoordelik was (Longrigg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1993</xref>:128, 134). Aristoteles (433&#x2013;335 v.C.) het diere (maar nie mense nie) gedissekteer en geglo dat die hart, en nie die brein nie, die sentrale orgaan van die mens is. Hy het gereken dat ingebore pneuma wat in die bloed vervoer word vir alle gevoel verantwoordelik is. Aangesien die brein baie minder vaskul&#x00EA;r voorkom as die hart, kon dit volgens hom nie die sentrum van persepsie wees nie. Die brein is &#x2019;n dubbele orgaan wat met twee meninges bedek is, en Plato was die eerste persoon wat die serebellum van die serebrum onderskei het. Hy het ook heel eerste sentrale holtes in die brein van diere beskryf. Volgens Plato is dit die funksie van die brein om die liggaam af te koel (Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:28&#x2013;31).</p>
<p>Diokles van Carystus (380&#x2013;320 v.C.) het slegs vir Hippokrates teruggestaan wat mediese roem betref. Hy het die dier se hart beskou as die sentrum van intelligensie en vir die eerste keer die term <italic>&#x2018;</italic>psigiese pneuma&#x2019; gebruik om die draer van intelligensie in die bloed te beskryf. Hy het die brein beskryf as &#x2019;n dubbele orgaan waarvan die regterkant sensasie en die linkerkant intelligensie beheer (Longrigg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1993</xref>:171; Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:33). Diogenes van Apollonia (412&#x2013;324 v.C.) het die brein as die sentrum van intelligensie en sensasie, asook die draer van die siel beskou (Longrigg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1993</xref>:60; Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:33). Die lug wat deur die bloed gedra word, is die bron van intelligensie (Longrigg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1993</xref>:56, 78&#x2013;79). Theofrastus (372&#x2013;280 v.C.) het ges&#x00EA; intelligensie is in die lug rondom die brein gesetel. Visie, gehoor, reuk- en smaaksin is via openinge in die skedel na die brein geneem (Hankinson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2008</xref>:75).</p>
<p>Lede van die Sto&#x00EF;synse Beweging (wat in die 4de eeu v.C. gestig is) het geglo dat die siel in die hart gesetel is (Major <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1954</xref>:141&#x2013;143; Von Staden <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1989</xref>:23).</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Die Hellenistiese era</title>
<p>Die mediese skool van Alexandri&#x00EB; wat in die laaste helfte van die vierde eeu v.C. deur die Ptoleme&#x00EF;ese konings van Egipte gestig is, het die Hellenistiese era in die geneeskunde ingelui. Vir die eerste keer in die geskiedenis is disseksie (selfs viviseksie) van die menslike liggaam vir &#x2019;n kort tydjie toegelaat en dit het tot merkwaardige vooruitgang in die studie van die menslike anatomie en fisiologie gelei &#x2013; veral die werke van Herofilus en Erasistratus. Daar is selfs beweer dat hierdie werk deur die staat geborg is (Major <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1954</xref>:141&#x2013;143; Von Staden <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1989</xref>:155&#x2013;161; 251&#x2013;265).</p>
<p>In die lig van Herofilus (320&#x2013;260 v.C.) se uitstaande anatomiese beskrywings, gebaseer op disseksies van mense en diere (soos die bees), word daar na hom verwys as die &#x2018;vader van neuro-anatomie&#x2019; (Longrigg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1993</xref>:211&#x2013;212; Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:38). Hy was die eerste persoon wat al die ventrikels van die brein beskryf het en ook die belangrikheid van elk beklemtoon het. Hy het die vierde ventrikel as die liggaam se fisieke en psigososiale beheersentrum (<italic>hegemonikon</italic>) beskou en sy koppeling met die rugmurg erken. Sy vaskul&#x00EA;re beskrywing het die samevloeiing van die vier meningeale, veneuse sinusse (<italic>torcular Herophili</italic>) en die <italic>rete mirabile</italic> (<italic>retiform plexus</italic>), &#x2019;n arteri&#x00EB;le kompleks aan die basis van die brein, ingesluit. Laasgenoemde bevinding was egter foutief, aangesien die <italic>rete mirabilis</italic> in beeste voorkom, maar nie in die mens nie. Sy duidelike beskrywing van senuwees waar hy tussen motoriese en sensoriese senuwees onderskei het, is &#x2019;n unieke bydrae: alle senuwees spruit uit die brein of die rugmurg. Hy het minstens sewe paar kraniale senuwees beskryf wat in die brein ontstaan. Dit is egter moontlik dat sommige hiervan meer as een senuwee verteenwoordig. &#x2018;Psigiese pneuma&#x2019; in senuwees aktiveer die motoriese of sensoriese aktiwiteite, en ontstaan in die ventrikels uit natuurlike pneuma in arteries. Sommige ligamente, senings en spiere is beskryf asof hulle vermo&#x00EB;ns soortgelyk aan senuwees het. Eudemus, &#x2019;n tydgenoot van Herofilus, en Rufus van Efese (1ste eeu n.C.) het Herofilus se sienings aangaande senuwees gestaaf. Herofilus het nie die enkefalogene oorsprong van sperma bevestig nie. Dit wat ons weet aangaande die werk van Herofilus en Erasistratos is beperk tot data wat later deur Galenus opgeteken is (Von Staden <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1989</xref>:155&#x2013;161, 251&#x2013;265).</p>
<p>Erasistratus (315&#x2013;240 v.C.), &#x2019;n tydgenoot van Herofilus in Alexandri&#x00EB;, het ook gebruik gemaak van disseksie van mense en diere. Longrigg beweer dat Erasistratos se beskrywing van die brein selfs beter is as di&#x00E9; van Herofilus. Hy het die meer uitgebreide konvolusies van die menslike brein vergeleke met di&#x00E9; van diere, aan die ho&#x00EB;r intelligensie van die mens toegeskryf. Hy het gemeen dat alle senuwees in die intrakraniale gebied ontstaan. Aanvanklik het hy beweer dat senuwees in die meninges ontstaan, maar het later ges&#x00EA; dat omdat senuwees solied en met murg gevul is, dit uit die brein spruit. Erasistratus het baie aandag aan die fisiologie van die brein gegee. Hy het onderskei tussen die &#x2018;essensi&#x00EB;le pneuma&#x2019; wat uit die hart en arteries ontstaan, en die &#x2018;psigiese pneuma&#x2019; wat uit die meninges voortspruit. Die &#x2018;psigiese pneuma&#x2019; dring dan die senuwees binne. Soos Herofilus het hy kanale beskryf wat sensasie van die ore, neus, o&#x00EB; en tong na die brein voer (Longrigg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1993</xref>:211&#x2013;212; Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:38).</p>
<p>Na Herofilus en Erasistratos was daar geen beduidende bydraes tot die kennis van die anatomie en funksie van die brein in die Hellenistiese era nie. Met die verbod op disseksie van die menslike liggaam wat na die Herofiliese era in Alexandri&#x00EB; ingestel is, is oorspronklike anatomiese navorsing ernstig gekortwiek en het dit tot die agteruitgang van kennis gelei (Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:42).</p>
</sec>
<sec id="s0005">
<title>Die Romeinse era</title>
<p>Gedurende die eerste en tweede eeue n.C. het &#x2019;n aantal anatomiste bydraes gelewer tot die studie van die brein. Marinus van Alexandri&#x00EB;, Quintus, Numisianus, Pelops en Lykus van Masedoni&#x00EB; word deur Galenus genoem as belangrike bydraers tot die studie van die brein as die <italic>hegemonikon</italic> (oorkoepelende orgaan). Die uitsondering was Alexander van Afrodisias, een van die laaste voorstanders van die teorie dat die hart die belangrikste orgaan is. Daar is al aangevoer dat die finale gedeelte van sy <italic>De anima</italic> doelbewus met Galenus in gedagte opgestel is (Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:42, 46, 47).</p>
<p>Dit was egter Marinus van Alexandri&#x00EB; (fl. 120 n.C.) wat met entoesiasme die herlewing van anatomiese navorsing bewerkstellig het. Hy het &#x2019;n belangrike bydrae gemaak tot kennis van die anatomie van die brein (bv. &#x2019;n studie van die kraniale senuwees, en foramina wat die skedel en die rugwerwels perforeer) en het die konsep van die brein as <italic>hegemonikon</italic> sterk ondersteun. Hy het &#x2019;n teks van twintig volumes oor anatomie geskryf waarin spesifieke navorsing oor die meninges gedoen is, en vrae soos of die brein &#x2019;n eie polsbeweging het en of dit vanself asemhaal, is daarin nagevors. Hy het geen disseksies van mense gedoen nie, maar het die bydraes van Herofilus en Erasistratus ten volle onderskryf (Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:43&#x2013;46). Soranus (98&#x2013;138 n.C.), die beroemde medikus van die 2e eeu n.C., het <italic>siriase</italic>, &#x2019;n hewige koors onder vroue beskryf en dit toegeskryf aan inflammasie van strukture rondom die brein (Temkin <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1991</xref>:124).</p>
<p>Die statuur van Galenus (129&#x2013;200 n.C.) as uitstaande medikus van die antieke tye word slegs deur Hippokrates oortref. Hy is in Pergamum gebore, het in Alexandri&#x00EB; in die geneeskunde gekwalifiseer, &#x2019;n tyd lank as medikus by &#x2019;n skool vir gladiatore in Pergamum deurgebring, maar het die grootste deel van sy lewe in Rome gewoon waar hy o.a. keiser Marcus Aurelius se geneesheer was. Hy het &#x2019;n enorme geskrewe bydrae tot die wetenskap gelewer, insluitend minstens 126 boeke oor geneeskunde en 125 oor die filosofie, godsdiens, wiskunde, letterkunde en regsake. Sy persoonlike bydraes tot die anatomie en fisiologie van die brein is gebaseer op disseksie van diere (veral ape en beeste); hy het erkenning gegee aan die werke van vorige skrywers, in die besonder Herofilus en Erasistratus. Dis egter moontlik dat hy in hierdie aanhalings van hulle werk dele vir homself toege&#x00EF;en het. Sy geskrewe bydraes het di&#x00E9; van enige van sy voorgangers egter ver oorskry (Cilliers &#x0026; Retief <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2003</xref>:81&#x2013;88).</p>
<p>Die anatomie van die brein is in besonderhede beskryf en stem grootliks ooreen met die beskrywing van die skool van Alexandri&#x00EB;. Bloedtoevoer na die brein het o.a. veneuse bloed in die <italic>choroied plexus</italic> in die ventrikels, en meningeale, venuese sinusse ingesluit. Arteri&#x00EB;le bloed bevat &#x2018;essensi&#x00EB;le pneuma&#x2019; en voorsien die <italic>retiform plexus</italic> aan die onderkant van die brein. Soos egter reeds genoem, kom die <italic>retiform plexus</italic> (beskryf deur Herofilus) by sommige diere voor, maar nie by die mens nie. Die vier ventrikels van die brein is as uiters belangrik beskou en in groot besonderhede beskryf. Dit is interessant om te let op hierdie belangstelling in die ventrikels, terwyl die funksie van die substansie van die brein as sulks nie in die antieke tye of die Middeleeue beduidend nagevors is nie. Die konsep dat maksimale breinfunksie in die breinsubstansie eerder as die ventrikels voorkom, is vir die eerste keer deur Thomas Willis in die 17e eeu voorgestel. Galenus het geglo dat die <italic>hegemonikon</italic> in die ventrikels funksioneer, dat die ventrikels lug van buite deur talle foramina absorbeer, byvoorbeeld, om die kraniale senuwees, en dat &#x2018;afvalprodukte&#x2019; uitgeskei word deur openinge wat egter nie gedemonstreer kon word nie. Die kraniale senuwees word deur die ventrikels geaktiveer. Die hipofis&#x00EA;re klier is beskryf. Die rugmurg bestaan uit materiaal soortgelyk aan di&#x00E9; van die brein en is in die omgewing van die vierde ventrikel aan die brein gekoppel. Erkenning is verleen aan die meninges. Alle senuwees bestaan uit murg afkomstig van die brein, en vervoer &#x2018;psigiese pneuma&#x2019; wat vir sensasie en beweging verantwoordelik is.</p>
<p>&#x2018;Psigiese pneuma&#x2019; is die belangrikste psigologiese agent van die liggaam, verantwoordelik vir intelligensie en sterk teenwoordig in die ventrikels. Die rasionele siel en &#x2018;psigiese pneuma&#x2019; is beskryf as nou verwante, maar nogtans verskillende entiteite. Die siel is nie in die ventrikels teenwoordig nie, maar in die brein self gesetel. &#x2018;Psigiese pneuma&#x2019; is in die arteri&#x00EB;le stelsel uit &#x2018;essensi&#x00EB;le pneuma&#x2019; gevorm. Dit vind oorwegend in die <italic>retiform plexus</italic> plaas, maar in &#x2019;n mindere mate ook in die ventrikul&#x00EA;re <italic>choroied plexus</italic>. Galenus het &#x2019;n verskeidenheid siektes (fisiese en psigologiese siektes) beskryf wat deur versteuring van pneumatiese funksie in die ventrikels veroorsaak is (Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:51&#x2013;219, 247).</p>
</sec>
<sec id="s0006">
<title>Slot</title>
<p>Na Galenus het baie min skrywers in die antieke tye enigsins beduidend bygedra tot kennis van die breinstruktuur of -funksie. Oribasius (320&#x2013;400 n.C.) het kennis omtrent die ventrikels bevestig, en die belangrikheid van die deurgang tussen die derde en vierde ventrikels beklemtoon (Von Staden <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1989</xref>:198). Posidonius van Bisantium (laat vierde eeu) het ventrikul&#x00EA;re lokalisasie voorgestel: verbeelding is in die frontale brein, rede in die derde ventrikel en geheue in die agterbrein geplaas. Nemesius van Emesa (fl. 400 n.C.) het die vermo&#x00EB; van verbeelding in die anterior ventrikels, intelligensie in die derde ventrikel en geheue in die vierde ventrikel geplaas (Rocca <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2003</xref>:246).</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20008">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeurs verklaar dat hulle geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verhouding(s) het wat hulle op &#x2019;n positiewe of negatiewe wyse by die skryf van die artikel kon be&#x00EF;nvloed het nie.</p>
</sec>
<sec id="s20009">
<title>Outeursbydraes</title>
<p>L.C. (Universiteit van die Vrystaat) het die Griekse en Latynse bronne verskaf en vertaal, en F.P.R. (Universiteit van die Vrystaat) het die mediese aspekte verklaar en in perspektief gestel.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="reference">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Cilliers</surname>, <given-names>L.</given-names></string-name> &#x0026; <string-name><surname>Retief</surname>, <given-names>F.P.</given-names></string-name></person-group>, <year>2003</year>, &#x2018;<article-title>Galenus: Prins of pronker?</article-title>&#x2019; <source><italic>Akroterion</italic></source> <volume>48</volume>, <fpage>81</fpage>&#x2013;<lpage>99</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.7445/48-0-101">http://dx.doi.org/10.7445/48-0-101</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Craik</surname>, <given-names>E.M.</given-names></string-name></person-group>, <year>1998</year>, <source><italic>Hippocrates. Places in man</italic></source>, <publisher-name>Clarendon Press</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hankinson</surname>, <given-names>R.N.</given-names></string-name></person-group>, <year>2008</year>, <source><italic>Galen</italic></source>, <publisher-name>Cambridge University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Cambridge, MA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Hippocrates</collab> <etal>et al.</etal></person-group>, <year>1923</year>, <source><italic>The sacred disease et al.</italic></source>, <comment>Loeb Classical Library, vol. II</comment>, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>W.H.S.</given-names> <surname>Jones</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Harvard University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Cambridge, MA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Hippocrates</collab></person-group>, <year>1923</year>, <source><italic>Prognosis et al.</italic></source>, <comment>Loeb Classical Library, vol. II</comment>, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>W.H.S.</given-names> <surname>Jones</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Harvard University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Cambridge, MA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Hippocrates</collab></person-group>, <year>1923</year>, <source><italic>Epidemics I and III et al.</italic></source>, <comment>Loeb Classical Library, vol. I</comment>., <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>W.H.S.</given-names> <surname>Jones</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Harvard University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Cambridge, MA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Hippocrates</collab></person-group>, <year>1950</year>, &#x2018;<chapter-title>The seed and the nature of the child</chapter-title><italic>&#x2019;</italic>, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>G.E.R.</given-names> <surname>Lloyd</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Hippocratic writings</italic></source>, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>I.M.</given-names> <surname>Lonie</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Penguin Books, Clays Ltd</publisher-name>., <publisher-loc>St. Ives</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Longrigg</surname>, <given-names>J.</given-names></string-name></person-group>, <year>1993</year>, <source><italic>Greek rational medicine</italic></source>, <publisher-name>Routledge</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Major</surname>, <given-names>R.H.</given-names></string-name></person-group>, <year>1954</year>, <source><italic>A history of medicine</italic></source>, <publisher-name>Charles Thomas Publications</publisher-name>, <publisher-loc>Springfield, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nunn</surname>, <given-names>I.</given-names></string-name></person-group>, <year>1999</year>, <source><italic>Ancient Egyptian medicine</italic></source>, <publisher-name>University of Oklahoma Press</publisher-name>, <publisher-loc>Norman, OK</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Retief</surname>, <given-names>F.P.</given-names></string-name> &#x0026; <string-name><surname>Cilliers</surname>, <given-names>L.</given-names></string-name></person-group>, <year>2000</year>, &#x2018;<article-title>Hippokrates: Feit of fiksie</article-title>&#x2019;, <source><italic>Geneeskunde</italic></source> <volume>10</volume>, <fpage>10</fpage>&#x2013;<lpage>14</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Rocca</surname>, <given-names>J.</given-names></string-name></person-group>, <year>2003</year>, <source><italic>Galen on the brain</italic></source>, <publisher-name>Brill</publisher-name>, <publisher-loc>Leiden, Boston</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Sigerist</surname>, <given-names>H.E.</given-names></string-name></person-group>, <year>1955</year>, <source><italic>A history of medicine</italic></source>, <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Temkin</surname>, <given-names>O.</given-names></string-name></person-group>, <year>1991</year>, <source><italic>Soranus</italic>&#x2019; <italic>gynecology</italic></source>, <publisher-name>Johns Hopkins University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Baltimore, MD</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Von Staden</surname>, <given-names>H.</given-names></string-name></person-group>, <year>1989</year>, <source><italic>Herophilus. The art of medicine in early Alexandria</italic></source>, <publisher-name>Cambridge University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Cambridge, MA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
</back>
</article>