Die familie Trichodoridae, stompwortelaalwurm en virus-vektor

Authors: M. Marais1
Affiliations: 1ARC Research Institute for Plant Protection, Queenswood, South Africa
Correspondence to: M. Marais
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Marais, M., 2014, ‘Die familie Trichodoridae, stompwortelaalwurm en virus-vektor’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1281, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1281
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2013.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

The family Trichodoridae, stubby root nematodes and virus vectors. The group first received widespread attention in the early 1950s by the discovery of their role as plant-parasitic nematodes. Trichodorid species are cosmopolitan, migratory ectoparasites. The interest in these polyphagous nematodes has increased rapidly from sinc their association with viruses was reported in the early 1960s.

Inhoud
Open Access

Nathan Cobb het die eerste trichodorid, Trichodorus obtusus Cobb, 1913 vanaf gras in Virginia, VSA beskryf. Gedurende die 1950s word bewys dat hierdie groep nematodes wel plantparasiete is en geleidelik het die belangstelling in hierdie groep toegeneem. Die trichodorids is ektoparasiete wat wêreldwyd voorkom en het ’n algemene verspreiding in Suid-Afrika. Die plantvoedende nematodes voed in die area van wortelverlenging en hierdie voedingsaktiwiteite vertraag die wortelgroei sodat wortelverlenging mettertyd heeltemal gestaak word. Die plant probeer deur die vorming van laterale wortels om te vergoed vir die verlies aan die wortelgroei, maar hierdie nuwe wortels word gewoonlik ook deur die nematodes aangeval en dit het gewoonlik die vorming van ’n wortelstelsel met kort vingeragtige wortels tot gevolg. Hierdie simptoom het aanleiding gegee het tot die algemene naam van ‘stompwortelaalwurms’ vir hierdie groep nematodes. Gedurende die 1960s word die belangrikheid van die nematodes as plantparasiete versterk toe hul rol as virusvektore bewys word. Die familie Trichodoridae bestaan tans uit ses genera, naamlik, Trichodorus Cobb, 1913, Paratrichodorus Siddiqi, 1974, Nanidorus Siddiqi, 1974, Monotrichodorus Andrássy, 1976, Allotrichodorus Rodriguez-M, Sher & Siddiqi, 1978 en Eucadorus Siddiqi, 2002. Trichodorus, Paratrichodorus en Nanidorus word as die drie groot genera, in terme van aantal spesies, gereken en dié drie genera het ’n kosmopolitiese verspreiding. Monotrichodorus, Allotrichodorus en Eucadorus se verspreiding is egter beperk tot Suid- en Sentraal Amerika en die Karibiese Eilande. Dit word algemeen aanvaar dat die wêreldwye verspreiding van Trichodorus, Paratrichodorus en Nanidorus die gevolg van die handel in plante was. Tot op hede is byvoorbeeld slegs Trichodorus nog nie in Australië gevind nie terwyl beide Paratrichodorus en Nanidorus wel van hierdie kontinent aangemeld is. Nanidorus minor (Colbran, 1965) Siddiqi, 1974 en Paratrichodorus porosus (Allen, 1957) Siddiqi, 1974 se verspreiding is kosmopolities, maar N. minor is weens die afwesigheid van hierdie spesies in onbewerkte gebiede, heel moontlik nie inheems tot Suid-Amerika nie. So is N. minor ook slegs enkele kere vanaf Europa gerapporteer. Nege Trichodorus, sewe Paratrichodorus en drie Nanidorus spesies word in Suid-Afrika aangemeld. Die Suid-Afrikaanse Trichodorus spesies word vanaf inheemse bosse, fynbos en grasveld aangemeld. Slegs Trichodorus petrusalberti De Waele, 1988, van die Suid-Afrikaanse Trichodorus spesies het gashere wat gewasplante insluit. In teenstelling met die neiging in die Noordelike Halfrond is daar is ook slegs een rekord van waar twee Trichodorus spesies in dieselfde lokaliteit aangetref is en dit is die geval waar Trichodorus iuventus (Decraemer & Marais, 2000) en Trichodorus vandenbergae (Decraemer and Kilian, 1992) saam in fynbos aangeteken is. Spesies van Paratrichodorus en Nanidorus word egter op ’n baie gereelde basis in dieselfde lokaliteit waargeneem. Nanidorus minor is die stompwortelaalwurmspesie met die wydste verspreiding in Suid-Afrika. Dit kom in al nege provinsies voor met gasheerplante wat wissel van graangewasse, groentes, wingerd en vrugtebome tot inheemse bosse en ook fynbos. Nanidorus minor is saam met Paratrichodors allius (Jensen, 1963) Siddiqi, 1974, Paratrichorus teres (Hooper, 1962) Siddiqi, 1974 en Paratrichodorus porosus, een van die vier trichodorids in Suid-Afrika wat as virus vektore kan optree. Hierdie nematodes is die vektore vir die Tobacco Rattle Virus (TRV) en Pea Early Browning Virus (PEBV), met TRV wat wel in Suid-Afrika aangemeld is. Nog ’n lid van die Trichodoridae met ’n interessante verspreiding in Suid-Afrika is Trichodorus parorientalis wat vanaf ’n gras in Mpumalanga beskryf is, maar ook in die Bakwena Grot in Gauteng gevind is. Die taksonomiese geskiedenis en die voorkoms en verspreiding van hierdie groep nematodes in Suid-Afrika word bespreek.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.