Die effek van indirekte blootstelling aan Cry 1Ab proteïne op die biologie van die groen goudogie (Chrysoperla Pudica)

Authors: J.F. Warren1, J. van den Berg1, H. du Plessis1
Affiliations: 1School of Biological Sciences, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Correspondence to: J. Warren
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract: Warren, J.F., Van den Berg, J. & Du Plessis, H., 2014, ‘Die effek van indirekte blootstelling aan Cry 1Ab proteïne op die biologie van die groen goudogie (Chrysoperla Pudica)’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1270, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1270
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

The effect of indirect exposure to Cry 1Ab proteins on the biology of the green Lacewing (Chrysoperla Pudica). Genetically modified (GM) maize that expresses Cry1Ab protein was developed for control of the maize stem borer (Busseola fusca). In this study we evaluated the possible effect of this protein on the non-target organism Chrysoperla pudica, by feeding it with resistant larvae of the target pest. Only a small number of adverse effects were observed on the biology of C. pudica.

Inhoud
Open Access

Geneties-gemodifiseerde (GM) mielies wat Cry1Ab proteïne produseer is hoofsaaklik ontwikkel om Lepidoptera-plae soos die mieliestamboorder (Busseola fusca) te beheer. Die moontlike invloed van hierdie Cry1Ab-protein op nie-teiken organismes op die derde trofiese vlak, bly ’n rede tot kommer. ’n Voorbeeld van ’n belangrike predator (natuurlike vyand) op die derde trofiese vlak is die groen goudogie (Chrysoperla pudica) (Neuroptera: Chrysopidae). Indien hierdie proteien ’n nadelige invoed op die derde trofiese vlak het, mag dit nadelig wees vir natuurlike plaagbeheer in agro-ekosisteme. Teenstrydige resultate is voorheen gerapporteer in studies van die prestasie van ’n ander goudogie-spesie (C. carnea), wat op luise en ander voedselbronne met hierdie insekdodende proteien gevoer is. Sommige studies het aangetoon dat Bt geen invloed het nie, en ander het daarop gedui dat Bt wel ’n invloed het op C. carnea se prestasie, maar as gevolg van die swak gehalte van die prooi (die prooi bevat Cry 1Ab proteïen) wat hul ingeneem het. Chrysoperla pudica is een van die mees algemene chrysopid-spesies in mielie-ekostelsels in Suid-Afrika. Neuroptera is uitstekende indikatore van habitat of omgewingsverandering en bevat ook sleutelspesies wat areas en faunas kan aandui wat prioriteit-beskerming nodig het. Evolusie van Bt weerstandbiedende insekplae fasiliteer ’n heeltemal nuwe weg waarvolgens die Cry 1Ab proteïene oorgedra kan word. Die doel van hierdie studie was om die invloed van Bt proteïene wat in Bt-mielies uitgedruk word, op die biologie van C. pudica te bepaal. Chrysoperla pudica-larwes was indirek blootgestel aan die Bt toksien deur middel van gesonde prooi (B. fusca) wat op Bt-mielieplante gevoed het gedurende die eksperiment. Bt het slegs ’n beperkte invloed op enkele parameters wat geëvalueer was getoon. Die C. pudica larwes wat aan die Bt-toksien blootgestel was, het nie ’n betekenisvolle effek op die larwe- of papieperiode gehad nie. Die Bt-toksien het ’n betekenisvolle verskil op die eierlê-vermoë asook vrugbaarheid van die volwassenes gehad maar nie op algehele mortaliteit nie. In vergelyking met die kontrolegroep het ’n groter persentasie van die volwassenes wat die Bt-toksien ingeneem het, nie hul vlerke gesprei nadat hul uit die papies gekom het nie. Die resultate van die studie dui aan dat die Cry 1Ab proteïen slegs enkele lewensparameters van C. pudica beinvloed het, ten spyte daarvan dat die larwes wel Bt-toksien ingeneem het. Aangesien hierdie studie die ergste toksienblootstellingscenario verteenwoordig, waar daar nie ’n diverse spektrum van prooi beskikbaar was nie, word weglaatbaar-klein effekte onder veldtoestande verwag waar prooi meer divers sal wees.

Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.